FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

The emperor and the assassin

Suzette Kotzé

Mandaryns met Engelse onderskrifte
Spelers: Gong Li, Li Xuejian, Zhang Fengyi
Regisseur: Chen Kaige

Vir fliekliefhebbers met ’n belangstelling in die geskiedenis is historiese films ’n kitsmanier om ’n blik op ’n spesifieke geskiedkundige tydperk te kry. Dink maar aan groot epiese flieks soos Elizabeth (die Engelse geskiedenis), Queen Margot en Joan of Arc (Frankryk), 1492 (Spanje en die Amerikas), Ben Hur en Gladiator (die Romeinse Ryk), Braveheart en Rob Roy (Skotland), The Patriot (Noord-Amerika) en Gandhi (Indië), om maar net ’n paar te noem.

Die uitdaging vir die regisseur van ’n historiese film is om getrou te bly aan die feite en terselfdertyd ’n goeie storielyn te handhaaf, en om beide die politieke gebeure op die uiterlike vlak en die menslike motiverings op die innerlike vlak te wys. In 1998-99 het die Chinese regisseur Chen Kaige ’n film oor die beroemde keiser Ying Zheng van China aangepak, en hy slaag uitstekend daarin om bogenoemde faktore in een film te verenig.

Ying Zheng — wat so ’n klompie jare gelede groot nuus was toe sy begraafplek met duisende terracotta-beelde van krygers naby Xian opgegrawe is — was in die derde eeu v.C. die heerser van die koninkryk van Qin. Ná eeue van burgeroorlog is die honderde Chinese provinsies en prinsdomme saamgesnoer tot net sewe koninkryke, en dit was Ying Zheng se ambisie, inderdaad sy obsessie, om die ander ses koninkryke aan syne te onderwerp. Hy het dit uiteindelik reggekry en in 221 v.C. homself verklaar tot die eerste keiser van China, die begin van die Qin Dinastie (die naam China is afgelei van die titel wat hy homself toegeëien het). Sy heerskappy het egter net 15 jaar geduur, maar dit val buite die bestek van hierdie film.

Die film handel oor die tydperk voor 221 v.C. Ying Zheng is pas terug van ’n groot veldslag en kry sy planne gereed om die koninkryk van Yan te verower. Die prins van Yan, wat hy gevange hou, is sy troefkaart. Lady Zhao, sy minnares en vriendin uit sy kinderjare toe hy en sy ouers in ballingskap in Zhao was, oorreed hom egter om haar saam met die prins na Yan te stuur waar sy Yan sal oorreed om ’n sluipmoordenaar te stuur om Ying Zheng te vermoor. Wanneer Ying Zheng, bedag op die verraad, dan die sluipmoord ontmasker, sal dit hom genoeg rede gee om Yan op politieke gronde en sonder bloedvergieting te onderwerp.

In Yan aangekom, kan niemand egter vir Jing Ke, hul mees gevreesde en suksesvolle sluipmoordenaar, opspoor nie. Wanneer Jing Ke uiteindelik gevind word, is hy ’n veranderde man en hy weier botweg om verder dood te maak. Intussen het Ying Zheng ’n verskriklike geheim uit sy kinderdae in Zhao ontdek en hy stuur sy leërs na die koninkryk van Zhao op ’n wraakmissie. Lady Zhao tree tussenbeide om tydens die beleg van die stad die kinders van Zhao te probeer red, maar sy is nie voorbereid op Ying Zheng se verraad nie. Uiteindelik is Jing Ke die enigste een wat moontlik Ying Zheng se skrikbewind kan stuit.

The emperor and the assassin is die klassieke verhaal van ’n diktator: een man wat vanuit ambisie en magshonger, deur middel van onnoemlike wreedheid en brute geweld, alles en almal rondom hom aan sy gesag onderwerp. Dit wys die eeue oue stryd tussen bloedlus en verraad versus genade en medemenslikheid. Kortom, dis ’n fliek oor oorlog en die tipe heersers wat deur al die eeue nog die praktyk van oorlog volhou.

Die gevegstonele in die film, wat in 1999 ’n spesiale tegniese toekenning by Cannes gewen het, is skouspelagtig, en die stelinkleding, kostuums en fotografie is van die hoogste gehalte. Soos die advertensieteks tereg sê, dit stel ’n nuwe standaard vir historiese films.

Die film gee ’n fassinerende blik op die antieke Chinese kultuur en leefwyse, en vir liefhebbers van historiese films is dit hoog aan te beveel (mits jy nie te anti-oorlog is nie). As die sinloosheid van geweld jou egter meer afsit as die menslike motiverings daaragter, moet jy dalk twee keer dink. Want teen amper drie ure is dit ’n lang en bloedige sit.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.