FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Bread and Tulips (Pane et Tulipani)

Suzette Kotzé

(Italiaans met Engelse onderskrifte)
Spelers: Licia Maglietta, Bruno Ganz, Giuseppe Battiston, Marina Massironi, Antonio Catania
Regisseur: Silvio Soldini

Vertoontyd: Vanaf 29 Junie

Ons het die halfjaar bereik en die fliekaanbod van die afgelope ses maande het nie juis veel ligpunte gehad nie. Gelukkig is daar darem nou iets op die fliekhorison om die winterkoue te verdryf, ’n lekker ligte romantiese komedie genaamd Bread and Tulips. En, soos mens van die Italianers kan verwag, is dit die ene sjarme en warm hart.

’n Italiaanse gesin bestaande uit ’n bombastiese pa, die eienaar van ’n suksesvolle loodgietersbedryf, ’n mooi en lankmoedige ma, en twee tienerseuns van 16 en 18 is met hul jaarlikse vakansie. Toe die toerbus ná een van die stopplekke sonder die ma, Rosalba (Licia Maglietta), vertrek, bly sy alleen langs die hoofweg agter. Sy’s verontwaardig oor haar gesin nie eens agtergekom het sy’s weg nie en toe haar man haar ook nog per selfoon uitskel oor sy hul skedule laat agter raak, besluit sy net daar om nie te wag dat hulle haar kom haal nie en duim te gooi na haar tuisdorp.

’n Aantreklike jong man laai haar op en terwyl sy geselsies maak, kom dit uit dat sy nog nooit in Venesië was nie. Hy is juis oppad soontoe en so beland sy in die Stad van die Liefde. Sy geniet toeris wees op haar eie soveel dat sy die volgende dag die trein huis toe verpas en haar man laat weet sy kom eers die volgende dag. Haar geld raak op, een ding lei tot ’n ander en kort voor lank kry sy werk by die blomwinkel van ’n eksentrieke ou man en stuur sy poskaarte huis toe om te sê sy hou ’n bietjie vakansie in Venesië.

Sy kry verblyf by ’n restauranteienaar, Fernando (Bruno Ganz), wat pragtige blomryke Italiaans praat; hy’s eintlik ’n Yslander met ’n donker verlede. Hul buurvrou (Marina Massironi) is ’n holistiese masseuse wat vreeslik baie praat en die twee vroue is gou groot vriende. In die blomwinkel blom Rosalba ook en toe sy ’n trekklavier in Fernando se kas ontdek, begin sy weer musiek maak soos lank gelede.

Intussen, terug by die huis, is haar selfsugtige man glad nie gelukkig met die toedrag van sake nie. Die huishouding is in chaos, hy moet saans alleen eet terwyl die seuns elkeen hul eie pad gaan, en sy minnares weier om sy hemde te stryk. Hy is egter te suinig om ’n privaatspeurder te huur om Rosalba te gaan soek en toe ’n jong loodgieter aansoek doen vir werk by sy maatskappy en sy CV noem dat hy graag speurverhale lees, word dié summier Venesië toe gestuur met die opdrag om Rosalba op te spoor. Die speurpogings van dié onwaarskynlike Sherlock Holmes (Giuseppe Battiston) sorg vir hope pret, en die afloop van die verhaal is half voorspelbaar, half verrassend.

Volgens regisseur Silvio Soldini kry Bread and Tulips sy naam van ’n slagspreuk wat tydens ’n staking deur Amerikaanse tekstielwerkers gebruik is: “Die siel, net soos die liggaam, kan sterf van honger. Gee vir ons brood, maar gee vir ons rose ook!” Soldini het tulpe gebruik, wat in die bloemis se woorde nie uit Nederland kom nie, maar uit die tuine van die sultans van Persië. Die slagspreuk vat die fliek in ’n neutedop saam: die pragtige Rosalba het haar siel in die sleur van twintig jaar se getroude lewe verloor en dis tyd om die rose en tulpe terug te vind.

Bread and Tulips het nie minder nie as nege David di Donatello-toekennings (die Italiaanse Oscars) ontvang, onder meer vir beste rolprent, beste regisseur en beste akteur en aktrise. Gaan kyk en geniet!

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.