FilmFundi - for movie addicts - vir fliekvlooieArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
The 6223 is replica watches shop a very simple table, willow leaf replica watches pointer, small Rome digital scale, leaving a lot of rolex uk blanks to the dial, which is different from most tables' efforts to fake watches uk make full use of the dial space.

Sunshine (1999)

M.W.

Met: Ralph Fiennes, Jennifer Ehle, Miriam Margolyes, Rachel Weisz.
Draaiboek en regie: István Szabó

Regisseur István Szabó se jongste rolprent en waarskynlik sy persoonlikste, Sunshine, vertel die verhaal van die lief en leed van die Hongaarse familie Sonnenschein oor drie geslagte heen. Dit strek vanaf die tyd van die Oostenryks-Hongaarse keiserryk tot en met die onlangse verlede. Intussen beeld dit ook die lyding en onderdrukking uit wat gepaard gegaan het met die Eerste en Tweede Wêreldoorloë en die daaropvolgende Kommunistiese oorheersing. In 'n tyd van radikale politieke onrus probeer die Sonnenschein-familie 'n bestaan voer.

Die temamusiek gekomponeer deur Maurice Jarre is duidelik geïnspireer deur Schubert se Fantasie vir Vier Hande in F mineur. Hierdie oorspronklike werk van Schubert word self later in die rolprent gebruik.

Die verhaal begin waar die oupagrootjie in 'n fratsongeluk sterf terwyl hy besig is om sy beroemde Sonnenschein-drankie te stook. Die oupa, Emmanuelle, sit die tradisie met die geheime resep van die drank voort en besorg sodoende rykdom en aansien aan sy familie. Sy kinders stel egter geensins belang daarin om voort te bou op die familietradisie nie. Sy een seun, Ignatz, word 'n regter en die ander, Gustave, 'n mediese dokter. Die oupa word gekonfronteer met die feit dat sy kinders hulle van wil verander ter bevordering van hulle loopbane (en om Joodse onderdrukking vry te spring).'n Ander belangrike karakter in die verhaal is die niggie Valerie Sonnenschein (Jennifer Ehle/Rosemary Harris) wat as die twee broers se suster groot gemaak word. Sy en een van die broers, Ignatz Sonnenschein (Ralph Fiennes) raak egter later verlief op mekaar (teen die wil van hul vader en die Joodse tradisies in).

Tydens die Eerste Wêreldoorlog sterf die oupa (in dieselfde tyd as die keiser). Met die val van die monargie en die gepaardgaande politieke onrus word Ignatz op verpligte pensioen geplaas. Sy gesondheid gaan drasties agteruit en hy sterf kort daarna.

In dié tyd neem Joodse teistering en onderdrukking toe en die twee seuns besluit om ter verdediging skermkuns te begin beoefen. Die een seun, Adam Sors (weer eens Ralph Fiennes) blink egter so daarin uit dat hy tydens die Olimpiese Spele in 1939 in Berlyn 'n goue medalje wen en 'n nasionale held word. Hierdie heldedaad help hom egter min wanneer hy tydens die Tweede Wêreldoorlog in 'n Joodse konsentrasiekamp vermoor word ten aanskoue van duisende ander Jode (onder andere sy seun, Ivan) en ten spyte daarvan dat hy tot die Christendom bekeer is.

Dit is in Ivan (weer eens Fiennes) se woorde dat die hele verhaal vertel word. Die verhaal is verbysterend insiggewend en slaag daarin om historiese gebeure getrou en oortuigend weer te gee. Dit omsluit aspekte soos wat werklik belangrik is in die lewe, familietradisies, moeilike besluite en die verbode vrugte van die liefde.

Soos met sy ander rolprente, Mephisto (1981), Colonel Redl (1985), en Hanussen (1988), getuig Sunshine van Szabó se fyn sin vir historiese detail.

Die bekroonde Ralph Fiennes slaag daarin om sy verskillende karakters met oortuiging te vertolk. Sy kenmerkende gelaatstrekke maak dit egter in retrospek moeilik om tussen die karakters te onderskei.

Sunshine is 'n boeiende fliek met 'n sterk persoonlike aard wat afspeel in 'n bekende historiese milieu. Dit word sterk aanbeveel vir mense wat in geskiedenis en familie-intriges belangstel.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.