|
|
Die Hillbrow CircleTom NaudéWe have art so we shall not die of the truth Dit is baie selde deesdae dat mens n Harvard hoor. Net somtyds kom daar een oorgevlieg, asof dit verdwaal is. Soos gister toe ek die kenmerkende gedreun van ver af al herken het, n dwingende oproep van die vyftigerjare; en n vreemde weerklank van die musiek van daardie era. Jo Stafford se treffer Fly the ocean in a silver plane. Of die klassieke musiek van die Hillbrow Circle, ook deurtrek met romantiek, maar tydloos en gesuiwer van sentimentaliteit. Die noodlot se gewigtige klop aan die deur in Beethoven se vyfde simfonie het daardie aand suiwer deurgekom op Etienne se klankstelsel. En dit bly n herinnering, nie net aan n verafgeleë, vergete oorlog nie, maar aan alle oorloë. Die negentienjarige Lindley het sy uniform aangehad met die nuutverwerfde vleuels aan sy bors; en Carolla het haar hande saamgeslaan en uitgeroep handsome beyond words! Erna het die goue seun met die rooi MG oorspronklik kom voorstel aan die pseudo-bohemiaanse Hillbrow Circle. Hy was uit n skatryk huis aan die noordelike hange van die goudstad se rif; en soos n paar ander van ons was hy n student aan die nabygeleë universiteit. Etienne se Hillbrow flat was die vergaderplek van n verskeidenheid jong mense; kosmopolitiaans, en waarskynlik destyds onwettig wat etnisiteit betref. Die gemene deler was die onontbeerlikheid van musiek, en ontvlugting. Donkeroog Carolla met haar sigeuner voorkoms kon gaande raak oor n stuk musiek: die snare van die viool is oor my hart gespan; of TS Eliot aanhaal human kind cannot bear very much reality. Sy was n bloukous wat onverwags en heerlik haar lang slank bene tot bo kon ontbloot in n pirouette geïnspireer deur Tchaikovsky se Sleeping Beauty. En die gasheer het somtyds self opgetree in n voortreflike bariton, sy hande voor sy bors saamgevat in The Road to Mandalay die onvervulde konsertsanger op die klavier begelei deur n meegevoerde Erna. Lindley was een van die elite wat deur die Suid-Afrikaanse Lugmag gekeur was vir deeltydse vliegopleiding. En dit was n passie wat hy aan ons oorgedra het asof die opwinding van kunsvlieg verweef was met Erna se vertolking van Schumann se Romance op die klavier. Dat sy gehegdheid aan ons groep baie te doen gehad het met Erna, was duidelik; en hy het nie n byeenkoms misgeloop nie. Saterdae het ons gaan kyk na al die aktiwiteite by die klein vliegveld suid van die stad. Die oefenlandings en opstygings; en hoe n formasie Harvards afwys met n donderende verbyvlug so naby die grond dat mens die gesigte van die swierige loodse kon sien. Vir Erna met haar mymerende blou oë was n flip in n Harvard n verruklike ervaring. Lindley het laag oor die die kronkelende rivier en die imposante brug gevlieg, oor groen landerye hulle eie skaduwee gejaag, en teen dakhoogte oor plaashuise gestorm. En toe het hulle opgestyg in die hoëveldse somermiddag, tot binne in n sprokieswêreld van marmerwit stapelwolke. n Ekstatiese Erna het dit later beskryf, en haar lang vingers het soos skoenlappers gefladder. Ons het Lindley se afskeid gaan vier by die Moon Hotel, en gedans op die maat van die romantiese musiek. Die jongeling met blosende wange was op pad na die grootste avontuur van sy kort, begaafde lewe. Sy briewe vanaf Korea was uit die vreemde. Hy vertel dat hulle n gramofoon het waarop hulle Chinese plate speel, liedjies soos Kang Kang Mosime en Chiinana Yoru. En tussen die lyne, weggesteek van die sensor se oog, kon ek lees van n groot ontnugtering die onverwagse hel van n oorlog, en die dood. Sy laaste brief aan my is uit Japan waar hy op tien dae rest and recuperation verlof gaan nadat hy meer as die helfte van sy vereiste krygstogte uitgevoer het. Daarin vertel hy selfneerhalend van sy onsuksesvolle seks met n geisha in n Tokyo club. Die amptelik verklaring: missing declared dead volg op sy voorlaaste sending. Die omstandighede word beskryf deur sy wingman, die loods wat in die nommer twee posisie in hulle formasie gevlieg het. Hulle het n aanval gedoen op n padkonfooi wat besig was om n rivier by n brug oor te steek. Na die eerste bomduikslag op die teiken het hulle laag oor die rivier gevlieg om die lugafweergeskut te ontduik; en nadat hulle weggebreek het na die beskutting van n heuwelagtige terrein, het Lindley oor die radio laat weet dat sy vliegtuig raak geskiet is en n ernstige glycol lekasie opgedoen het. Sy laaste boodskap voor kontak verloor is, was dat hy gaan probeer om hoogte te herwin. Sy Mustang was laas gesien net voor dit in n bank wolke verdwyn het. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |