|
|
WitkopdonkieVandat ek hom die eerste keer in die somer van 1969 gesien het, was my belangstelling oor hom gaande. Ons was op pad huis toe na nog n lang skooldag by die Hoërskool Bellville-Suid. Die stoomlokomotief op pad na Malmesbury stoom Kraaifontein blasend binne. Regoor Sakkiesdorp met sy rye en rye aaneengekoekde sinkhuisies en donker rookwolke erger as dié van die lokomotief, hoor ek hoe my skoolmaats skree: Ek kyk ook. Wat ek sien, vul my met gemengde gevoelens. Ek weet nie of ek saam met my maats moet lag of eerder die arme man moet bejammer nie. Langs die trein wat nou teen n slakkepas ry, hardloop n ouerige man terwyl hy op sy kitaar speel. Dis n redelike komieklike gesig. Ek kan goed verstaan waarom my maats hulle wil breek van die lag. Die man het n breë randhoed op sy kop, waarin daar n paar wuiwende volstruisvere is. n Bont das moet die broek waarvan die pype in die sokkies gesteek is, om die lyf hou. Om sy nek is daar n doekie gedrapeer en nog n helderkleurige bont das is liggies om die hemp se kraag getrek. Die ou man hardloop nog vir n goeie drie of vier minute langs ons kompartement voordat die trein se spoed vir hom te veel word. Ek sien nog vir oulaas sy geplooide gesig waaroor daar n glimlag speel. Die ander kinders is nou tevrede, hulle gee pad van die treinvenster en gaan voort met dit waarmee hulle vroeër besig was. Ek staan alleen voor die venster, tot die kitaarspelende ou man heeltemal uit my gesigsveld verdwyn. Nou is ek doodnuuskierig. Ek moet net eenvoudig meer omtrent die man uitvind. Miskien kan my nuuskierigheid daaraan toegeskryf word dat ek maar net n raps meer as n jaar gelede uit die rustige Verneukpan in die Boesmanland hier aangekom het. Sulke optrede is vir my soos baie ander dinge in my nuwe woonplek, eenvoudig vreemd. Ek moet net my nuuskierigheid stil. My maats steur hul nie eers aan my geneul nie. Toe ek later sonder ophou kerm en aandring, antwoord Tubby Booysen my ewe kortaf. Lank nadat die vrae vir dae aaneen deur my kop bly maal het en niemand my wou of kon antwoord daarop nie, loop ek my eendag trompop in Witkopdonkie vas. Ek vleg met die voetpaadjie deur die skouerhoogte Port Jacksonboompies en stamp byna teen hom. Ek wil sommer weghardloop; n mens weet nooit waartoe so n mal mens instaat is nie. My bene weier om verstand te gehoorsaam. Lam van vrees en met n kurkdroë mond staan en kyk ek na Witkopdonkie. Dié is net so verskrik. Dis eers toe ek hom in die oë kyk dat die vrees stadig uit my liggaam wegspoel. Sy oë sê alles. Hy kan nie tot geweld in staat wees nie, daarvoor is die kyk in sy bruin oë veels te sag. Ek voel sommer dadelik op my gemak. Na dié dag sien ek Witkopdonkie meer gereeld. Elke keer bloei my hart vir die ou man met die verspotte naam. Soos ons begin gesels, kom ek agter dat hy sommer oral slaap. Ek bekommer my. Is hy dan nie aan allerlei gevare blootgestel nie? Niemand wil my help nie. Al die grootmense wil nie na my luister nie. Selfs nie eens ouderling Jacobs, die mees invloedryke man in ons gemeenskap, wou help nie. Hy wil van my weet: Ek het nie die antwoord op die vraag geweet nie. En Witkopdonkie of Willem Syster soos intussen uitgevind het sy regte naam is, wil ook niks van hulp weet nie. Toe ek hom probeer ompraat om van die straat af te bly, los hy n bom wat maak dat ek hom nog minder verstaan. Na dié dag het ek Witkopdonkie al minder en minder gesien. Die jare het aangestap en ek het na matriek by n plaaslike sakeonderneming begin werk. Die laaste keer dat ek hom gesien het, onthou ek soos gister. Met n nerfaf en geswelde gesig staan hy voor my op die parkeerterrein buite my werkplek. Twee weke na dié dag word Kraaifontein geruk deur die nuus: Witkopdonkie is dood! Vermoor. Sy verminkte liggaam is een oggend vroeg op die spoorlyn waarlangs hy soveel keer vantevore gehardloop het, opgetel. Sy moordenaars moes hom of dood of bewusteloos op die spoorlyn gaan neerlê het, nadat hulle hom eers aangerand het. Almal wat hom geken het, was geskok. Ek kon maar net in stilte uitroep: Hoe dikwels het ek julle nie probeer waarsku nie, maar julle wou nie luister nie. Vol selfverwyt het ek toe besef. Witkopdonkie is nie meer ou Willie van allie dae nie. Hy was ou Willie van gister en eergister. n Herinnering. n Vae gedagte wat al runnikende deur my lewe kom gallop het. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |