Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Versindaba 2006 - 'n wapperende vlag vir ons digters

Persvrystelling

Ná die groot sukses van die eerste Stellenbosse Versindaba in 2005, kan poësieliefhebbers uitsien na 'n groter en propvol naweekfees met digters op 8 en 9 September. 

Die primêre doelwit van die Versindaba – wat deur die ondersteuning van die Jannie Mouton Stigting en in samewerking met die Woordfees en Protea Boekhuis aangebied word – is steeds om prominensie aan Afrikaanse digters en hulle werk te bied.

Dit is hierdie doelwit wat gesorg het dat die Versindaba binne 'n jaar uit sy kinderdoeke kon klim, tande kon verwissel en vanjaar gereed is om selfstandig te loop. Die Versindaba spreek 'n behoefte aan wat geen ander fees in die land ten volle doen nie, naamlik om die kollig uitsluitlik op die Afrikaanse digkuns te laat val.

Die bekende digteres, Marlise Joubert, skryf tereg in haar inleiding tot die Versindaba 2006-bloemlesing dat Suid-Afrika ongelukkig nie hulle digters vereer met wapperende vlae en standbeelde nie. Maar dat die minste wat ons kan doen, is om met feeste soos die Versindaba 'n plek te skep waar digters vereer kan word.

En dit is presies wat Stellenbosch in September vir die Afrikaanse digters gaan ophou – 'n wapperende vlag van erkenning.   Feesgangers kan uitsien na ’n program so wyduiteenlopend en boeiend soos die poësielandskap self.
Die fees skop af met die boekbekendstelling van die Versindaba 2006-versamelbundel, waarin die werke van die digters wat by vanjaar se Versindaba betrokke is, opgeneem sal word. Die fees open met 'n keurspel deur Robert Pearce en Anthony Wilson, oor een van ons belangrikste digters – Adam Small.

Kom luister ook na formidabele digters soos Wilma Stockenström, Petra Müller, Hennie Aucamp, IL de Villiers, Antjie Krog, Barend Toerien, Joan Hambidge, Clinton V du Plessis, Heilna du Plooy, Willem Fransman (jnr), Marius Crous – en nog vele meer.

'n Paar opwindende nuwe digbundels word ook by die Versindaba vanjaar bekendgestel.  HJ Pieterse en Zandra Bezuidenhout lees voor uit hulle nuwe werke, wat vars uit die uitgewersoond verskyn het. Groot nuus is ook dat Sheila Cussons se nuut-ontdekte werke bekendgestel sal word. 

Maar die Versindaba bied nie net 'n podium vir gevestigde digters nie. Nuwe stemme soos dié van Danie Marais, Carina Stander, Illona Edwards, Johannes van Jerusalem en Jasper van Zyl klink sterk op by die fees.

Aan musiek is daar egter ook geen tekort nie, en feesgangers kan uitsien na die klanke van Diana Ferrus en die Mamela Band, Loit Sôls, Herman van den Berg, Marica Otto en die legendariese digter-sanger Gert Vlok Nel, asook ’n film deur Walter Stokman oor laasgenoemde se lewe en werk.

Die fees sluit op 'n hoë noot af met die musiekproduksie, Ouhout, wat gebaseer is op die gedigte van Piet de Jager.  Met Adriaan Meyer as regisseur; en name soos Lelani van der Berg, Niël Rademan, Frieda van den Heever, Schalk Joubert, Adriaan Brand en Tim Rankin in die rolverdeling – kan jy jou reg maak vir vermaak uit die boonste rakke!

Maar daar is nog heelwat meer. Vir program- &  besprekingsinligting, skakel  021 882 9100, stuur 'n e-pos na ls.proteaboek@mweb.co.za of besoek die webwerwe www.proteaboekhuis.co.za of www.woordfees.co.za

LitNet: 21 Julie 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.