Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Verkoopte slavin beleef lief en leed: Egoli-ster bewys haarself as volwaardige aktrise in veeleisende teaterstuk

Ingrid Lehmensich

 

Krotoa
Toneel: Drama
Vrouekeur Van Reedesaal
R60

Ek sou Krotoa as fisieke teater beskryf, eerder as om dit as ‘n drama te kategoriseer (soos aangedui in die Absa KKNK se amptelike feesgids).

Krotoa is die tragiese verhaal van ‘n Khoi-vrou wat in die 17de eeu deur Harry die Strandloper aan Jan van Riebeeck verkoop is om sy kinders op te pas. Sy was ook ‘n rukkie later ‘n tolk vir Hollandse hoogwaardigheidsbekleërs.

Beter onder die Hollanders as “Eva” bekend, trou sy op 21 met ‘n chirurg van Denemarke, Peter van Meerhof.

Hulle is verskriklik verlief en saam het hulle drie kinders. Ongelukkig word Peter op pad na Madagaskar vermoor en Krotoa, wat toe verban is, sterf in ‘n tronk op Robbeneiland. Sy was maar 31 jaar oud.

Dawn Matthews (van Egoli-faam) in die titelrol en haar medespelers Shaun Webb, Darron Araujo en Deon Pienaar vertolk hul rolle uitstekend. Die stuk verg nie net baie emosionele inspanning van die akteurs nie, maar kan duidelik ook fisiek uitputtend wees.

Ek moet erken ek het eers die opsomming van die storie in die gids gelees nádat ek Krotoa gesien het en hoewel die vreeslik baie bewegings indrukwekkend was, het ek nogal taamlik gesukkel om die verband tussen die bewegings en die dialoog te verstaan.

Die beligting was eenvoudig maar doeltreffend met net kolligte wat van bo af skyn vir ‘n heel dramatiese effek. Matthews bewys dat sy nie sommer net nog ‘n mooi gesiggie van Egoli is nie, maar ‘n aktrise in eie reg.

Krotoa kan nog tot 7 April gesien word.





LitNet: 6 April 2006

Wil jy reageer op hierdie berig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.