Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


De Beer maak maagspiere baie, baie seer

Jaco Visser

 

Meneer de Beer
Toneel: Komedie
Vrouekeur Van Reedesaal
R68

‘n Vol saal is ‘n goeie aanduiding van die toeganklikheid van Meneer (Ice cream) De Beer, wat meesterlik vertolk word deur Frank Opperman. Selfs die omie, wat agter my gesit en kennelik sy Klipdrift vooraf geniet het, kon die storie waardeer. Tot ontsteltenis van Mamma.

Die stel is ‘n saalverhoog en die geleentheid is die laaste dag wat De Beer die kinders van Laerskool Du Plooy toespreek.

Die gehoor word teruggeruk tot daardie aaklige “skaap-in-die-hok”-rituele wat saalbyeenkomste genoem word.

Tydens hierdie sinistêre samekomste is godsdiens in kinders se keelgate afgedruk, rugbyspanne geprys en algemene administratiewe snert gekarwei. De Beer laat herleef jou daardie aakligheid waar onnies bo kinders uittroon en áfpraat na hulle - kastig vol lewenswysheid.

Die keuse van teksvers is Salomo se kwinkslae wat vandag nog by baie mense byval vind. De Beer bombardeer die kinders met die gedeelte van die luiaard en die mier. Sy staccato -leestrant het die gehoor lekker laat lag. Veral die gebed het my knypers swaar beproef.

De Beer is baie lief vir sy rugby. Ek sal so ver gaan om te sê dat hy selfs intiem daarmee kan wees. Dit vererger dus sy frustrasie dat die o.13 A’s so swak vertoon.

Skerp kommentaar word op Afrikaanse tradisies gelewer, maar dit word baie fyn versteek in die dialoog. Die verknogtheid aan die bestaande word sodoende uitgelig.

Daar word in die herinneringe van De Beer gedelf en dan kom ‘n aangename en erg toegewyde man na vore. ‘n Hartseer gebeurtenis wat tydens ‘n skooltoer plaasgevind het, laat ‘n knop in die keel. Jy besef dat De Beer nie die ruwe en onafgeronde karakter van die saalbyeenkoms is nie.

Frank Opperman se jare ervaring op die verhoog is onmiskenbaar. Hy klim onder De Beer se vel in en laat die karakter lééf. Hy is ten volle in beheer van die karakter.

Opperman erken na afloop van die show in ‘n onderhoud aan Krit dat hy uit ‘n familie van onderwysers kom.

Neels van Jaarsveld, te sien in Verkeer en Boks, behartig die regie. Opperman het op Van Jaarsveld as regisseur besluit “om nuwe bloed” en energie in te bring.

Hierdie stuk is die moeite werd vir enigiemand: vir die nostalge wat terug verlang skool toe, sowel as diegene wat dankbaar is die foltering is verby.





LitNet: 5 April 2006

Wil jy reageer op hierdie berig? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.