Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Boks praat voort in homo-erotika-gesprek

Jaco Botha

 

Boks
Toneel: Drama
Lekker Naby
R69

In die 1980’s, met die Grensoorlog in Angola as agtergrond, was daar ‘n literêre gesprek wat rondom homo-erotika gevoer is. In die 90’s reeds het letterkundiges al hoe meer begin onderskei tussen homo-erotika en gayliteratuur.

Waar gayliteratuur meer gefokus het op die interessanthede en kompleksiteite van gay-wees en gayseks, het homo-erotika na die kompleksiteit van seksualiteit, die prikkeling deur fisieke, manlike geweld en boesemvriendskap (“buddyhood”) gekyk.

Dit is dan ook in hierdie gesprek dat die toneelstuk Boks, geskryf deur Richard Zajdlic en Robert Crowe en vertaal deur Quetin Krog en Geon Nel, tuishoort.

Die storie van Tiaan (‘n bokser, gespeel deur Neels van Jaarsveld) en Jaco (‘n bietjie van ‘n Parow-skollie gespeel deur Quentin Krog) word in hiperrealistiese taal en styl uitgebeeld.

Die wêreld waarin hulle bestaan, is ‘n laerklas Bellville-Vasco-ruimte waarin ‘n man sy man moet staan, of ten minste goed genoeg moet kan bullshit om tough voor te kom; ‘n wêreld waarin moffie beide gay en ook swak, fyn en verwerplik beteken.

Ek wil nie te veel oor die storie weggee nie, want ná die aanvanklike gevoel dat hier bloot ‘n “slice of life” via uiters realistiese dialoog en briljante (soms werklik atletiese) spel uitgebeeld word, klap die tweede helfte van die stuk mens met ‘n goeie skoot verbasing, insig en onverwagse energie.

Kom ons volstaan dan maar deur te sê dat hier ‘n knap storie oor kwessies soos vriendskap, machismo en die pornografie van eg manlike geweld vertel word. Feesgangers moet dit sien.

Deur die subtiele, én oënskynlik minder subtiele, verskuiwing van meublement, die beligting, die volle benutting van die venue-ruimte en selfs die reuk van Boxer-tabak word daar maar net weer gewys dat die regisseur Marthinus Basson geen middelmatige poephol is nie.

Al wat ek gemis het, is die reuk van Deep Heat.

Die feit dat ek tydens die show eintlik lus geraak het vir ‘n behoorlike boksgeveg (‘n gebliksem uit die boonste rakke), dat ek saam met my medetoeskouers wou uitroep: “Bloed! Bloed! Bloed is soet!”, wys dan ook dat hierdie tema van homo-erotika nog baie relevant is en geensins holrug gery is nie.

Boks is nog tot 6 April by Lekker Naby te sien.





LitNet: 3 April 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.