Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Aweregse Meneer Man maak oeroue storie nuut

Jan Gerber

 

Man
Toneel: Drama
Laerskool Wesbanksaal
R60

Man tref jou tussen die oë. Dit is vreemd. Dit is snaaks. Dit is tragies. Dit is goed. Baie goed.

Leon Ecroignard, as Meneer Man, wys die gehoor hoe ‘n man se wêreld uitmekaar kan val, maar ook hoe om die stukkies weer bymekaar te tel, of te hou.

Die storie is redelik eenvoudig. ‘n Man dink alles is onder sy beheer. Hy is getroud en hy het kinders. Hy het ‘n werk. Tog gee die lewe hom nie genoeg nie.

Ten minste het hy spesiale kontak met die vroulike bankbestuurder. Maar dan bars sy borreltjie.

Op die ou einde leer hy hoe om sy situasie te beredder.

Die punt: besef die wonder van wat jy het.

Dis op sigself nie juis ‘n nuwe storie nie, maar Ecroignard bied dit so uitbundig en aweregs aan dat ‘n mens met nuwe oë na die oeroue verhaal kyk.

Sy vertolking is absurd. Eienaardige rekwisiete, musiek en klanke word ingespan om die gehoor te verbyster. Ecroignard maak gebruik van ‘n verskeidenheid instrumente, sang, buikspraak en slapstick-komedie om Meneer Man se dolheid uit te beeld.

Musiek en stemme oor die luidsprekers (wat miskien ‘n bietjie hard was) en slim beligting dra baie goed tot die sukses van die vertoning by en val die gehoor sensories aan.

Die gehoor word gereeld verras deur Meneer Man se uitsprake, aapstreke en musikale vermoëns en die eienaardighede wat op die stel verskyn (en wat daarmee gebeur). Hoewel ‘n mens die storie se ontknoping miskien kon voorspel, hou dié dinge die gehoor vasgenael. Die gehoor het gereeld luidkeels gelag en ‘n paar het selfs tussendeur, miskien onvanpas, komiese tussenwerpsels uitgeroep.

Jahn Beukes het die regie behartig en saam met Ecoignard die teks geskryf. Deon Opperman en Anton Basson het ook bydraes tot die teks gelewer.

Man is vandag, môre, Woensdag en Donderdag om 17:00 in die Laerskool Wesbank-saal te sien.





LitNet: 3 April 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.