Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Raadsverklaring: FKP aangeleentheid

Die Raad van Direkteure van die Absa KKNK het vandag by ‘n vergadering in Stellenbosch alle belangegroepe genooi om saam met die organisasie vir grondwetlike leiding by die Kommissie vir die Bevordering van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe aan te klop vir die ontwikkeling van ‘n waardestelsel wat in lyn sal wees met die regte en verantwoordelikhede wat in die Suid-Afrikaanse grondwet vervat is.

Hierdie uitnodiging volg na ‘n gesprek met geestelike leiers oor die spanning wat veroorsaak is deur die FPK aangeleentheid. Tydens die raadsvergadering het die Waarnemende Voorsitter, Mnr Schalk Burger die geestelike leiers van Oudtshoorn – wat genooi was om met die Direksie in gesprek te tree -- bedank vir hul bereidwilligheid om die rockgroep se vroeëre verskoning te aanvaar en namens die Direksie sy spyt uitgespreek het oor die trauma wat die hele aangeleentheid in die gemeenskap van Oudsthoorn veroorsaak het.

Die Raad het benadruk dat die Absa KKNK ‘n sekulêre instansie is en daartoe verbind bly om sensitiewe aangeenthede soos die FKP geval omsigtig en binne die raamwerk van die genoemde waardestelsel te hanteer. Die geestelike leiers is versoek om ‘n verantwoordelike rol te speel in die bekamping van moedswillige wanvoorstellings wat gemoedere oor die FPK aangeleentheid onnodiglik laat opvlam. ‘n Waarborg van die rockgroep – dat die woorde “F*K GOD” in geen van hulle liedjies voorkom nie – is aan die predikante oorgedra. Daar is voorts besluit dat die Absa KKNK en die breër gemeenskap van Oudtshoorn saam ‘n sub-struktuur op die been sal bring om sake van gemeenskaplike belang uit die streek te hanteer.

Die geestelike leiers het ‘n uitnodiging van die Direksie aanvaar om tydens die fees aan ‘n openbare gesprek oor die deelname van FPK en verbandhoudende sake deel te neem. Meer besonderhede oor hierdie gesprek sal spoedig bekend gemaak word.




LitNet: 23 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.