Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Rolanda Marais is Ibsen se Hedda Gabler

Rolanda Marais Een van die produksies by vanjaar se Absa KKNK wat nou al op almal se lippe is, is die vlagskip-produksie Hedda Gabler.

En met rede, want daar is uitstekende akteurs in dié produksie, wat oorspronklik in 1890 deur Hendrik Ibsen geskryf is, te sien. Soos Rolanda Marais, James Alexander, Neil Sandilands, Trix Pienaar, Schalk Schoombie en Adel Pieterse.

André Stoltz het die regie en die vertaling van die teks gedoen.

Die aktrise waarvan almal praat is natuurlik Rolanda Marais, wat tans in M-Net se gewilde reeks Binnelanders te sien is as die verleidster Stephanie.

Oor haar titelrol in dié stuk erken Rolanda dat dit vir haar ‘n gróót uitdaging is. "Dié karakter is heeltemal anders as enige karakter wat ek nog ooit gespeel het en ek het lanklaas in my lewe so hard gewerk om ‘n rol te vertolk.

"En laat ek nou maar bieg, ek is vrek bang vir die kritici! Veral omdat aktrises soos Sandra Prinsloo en Dorothy-Ann Gould dit vantevore gespeel het," sê sy.

Sy vertel dat regisseur André Stoltz haar aanvanklik gevra het om die oudisie vir die jonger karakter in die stuk te doen, maar toe soebat sy hom om haar te laat lees vir Hedda.

"Ek was nog nooit so voor op die wa nie! Maar ek is bitter bly ek het die rol gekry. Ek ontdek nou nog elke dag meer omtrent die karakter," glimlag Rolanda.

André Stoltz erken dat Hedda persoonlik vir hom net so groot is.

"Die grootste projek wat ek vroeër aangepak het, was maar Oom Wanja. Ek het vroeg in 2003 ‘n voorstel aan die KKNK gemaak om Oom Wanja te doen en sou oorspronklik alleenvervaardiger wees asook self die regie doen. Maar gelukkig het dit gebeur dat die Baxter Teater betrokke geraak het en ek het toe eindelik vir Janice Honeyman met die produksie bygestaan.

"Ek was dus met elke repetisie teenwoordig en kon eerstehands die proses dophou. ‘n Baie belangrike leerskool! In vergelyking met vorige werk wat ek aangepak het, voel Hedda vir my soos ‘n Brahms-simfonie! Gelukkig het ek my grondslag as regisseur by teaterlegendes soos Francois Swart, Dieter Reibler en Lucille Gillwald gekry," sê André.

Hy vertel verder dat hy die vertaling uit die oorspronklike Noorweegse teks gedoen het met die hulp van Björg Röde, ‘n Noorweër wat die oorspronklike Noorweegs direk aan André in Afrikaans vertaal het.

"Die vertaling was moeilik – baie moeiliker as Oom Wanja. Hierdie stuk is soos ‘n groot netwerk van gedagtes en gevoelens. En Björg het niks laat verbygaan nie. Die proses om al die draadjies te identifiseer en te organiseer – hoe dun ook al – was ‘n groot uitdaging aan my en die geselskap," sê hy.

Wat die res van die geselskap betref, is die karakters almal (volgens Ibsen se vooskrif) tussen 27 en 35, behalwe vir Tant Julle, regter Brack en Berte. "Ons het baie goeie jong akteurs in die land. En boonop pas elke karakter baie goed in hul rol. Elkeen se afsonderlike kwaliteite wérk net so lekker vir die karakters," sê André.

Hedda is volgens hom nie ‘n harde, versteurde vrou nie. Sy is mooi, intelligent en baie kompleks. Op die vraag waarom hy juis vir Rolanda vir die rol gekies het, sê hy: "Ek is seker daar is ander jong aktrises wat dit ook sou kon hanteer, maar die gode het Rolanda gestuur. Die gehore moet maar self kom kyk hoekom ons juis vir háár gekies het!"

Tydsduur: 120 min
Kaartjies: R80, R69, R60
Lokaal: SANW-ouditorium
Datums en tye: 1 Apr. 10:00, 1 Apr. 13:00, 2 Apr. 18:00, 2 Apr. 21:00, 3 Apr. 10:00, 3 Apr. 13:00, 4 Apr. 10:00

Vir nadere besonderhede: Justine Nofal 2006 Absa KKNK: Tel 044 203 8600 of sel 082 449 2195




LitNet: 22 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.