|
|
Aangrypende nuwe drama deur Mike van GraanWaaroor skryf ‘n mens nou dat apartheid iets van die verlede is? Dis die vraag wat Suid-Afrikaanse dramaturge hulself dikwels sedert 1994 afvra. Die werklikheid is dat Suid-Afrika vandag ‘n baie interessanter plek is om te ondersoek as wat dit in die verlede was – toe was dit net swart teen wit, goed teen sleg, “ons” teen “hulle”. Nou is daar heelwat meer plek vir teenstellings, ironie en kompleksiteite soos individue hul persoonlike dramas teen die agtergrond van ‘n gemeenskap in verandering laat afspeel. Some Mothers' Sons, die jongste werk van die veelbekroonde dramaturg Mike van Graan is ‘n klassieke voorbeeld van hoe mense wat in die apartheidsera grootgeword het, nou moet sin maak van ‘n gemeenskap wat bewonder word vir sy politieke en ekonomiese voortuitgang, maar waar die skeiding tussen ryk en arm ál groter word en geweld daagliks toeneem. Twee mans van verskillende agtergronde ontmoet mekaar in die middel tagtigerjare. Vusi Mataboge word wreed aangeval deur die veiligheidspolisie terwyl hy sonder verhoor in aanhouding is. Braan Visser is sy prokureur. Hulle ontmoet in Mataboge se sel, word goeie vriende en later kollegas by ‘n vooraanstaande regsmaatskappy wat spesialiseer in menseregte. Deur die apartheidsjare het hulle aktiviste verteenwoordig wat nou toonaangewende kabinetslede is en hulle het ook ‘n rol gespeel in die skryf van die Handves van Menseregte van die land se nuwe, vooruitstrewende grondwet. Twintig jaar na hul eerste ontmoeting is Visser die slagoffer van ‘n geweldsmisdaad. Hy voel verraai deur die regstelsel en uit desperaatheid neem hy wraak. Die rolle van die tagtigerjare is nou omgeruil met Visser in die tronk en Mataboge wat hom verdedig. Twee goeie mans het geweld op ‘n intense, persoonlike manier ervaar onder baie verskillende omstandighede wat oor 20 jaar gestrek het. Hoe reageer hulle? En wat is die gevolge van hul aksies vir diegene om hulle en vir hulself? Some Mothers' Sons het die tweede prys en die Teaterganger-toekenning by die NLDTF/PANSA-fees vir die Lees van Nuwe Kontemporêre Dramas, wat verlede jaar in November in Johannesburg gehou is, gewen. Die beoordelaars het dit beskryf as ‘n “aangrypende drama”, ‘n “bondige saamgestelde klein drama met groot implikasies” en ‘n “kragtige storie” met “slim konstraste tussen die eerste en tweede bedryf”, wat die gehoor in staat gestel het om vergelykings te tref en hulle laat dink het. “Die toneelstuk is gegrond op die derde deel van die trilogie, Dinner Talk, wat ek in die middel negentigerjare geskryf het en wat die 1998 Fleur du Cap vir Beste Nuwe draaiboek ontvang het,” verduidelik Van Graan. Dié deel is as ‘n verhoogvoorlesing in Nederland in 2000 aangebied as deel van ‘n seisoen van Suid-Afrikaanse werk. Die Hollandse regisseur en akteurs het Van Graan gevra om dit in ‘n vollengte stuk te verwerk omdat hulle geglo het dat dit groot belofte op sy eie het. Vyf jaar later het die saadjie ontkiem en is Some Mothers' Sons gebore. “As teater die vermoë het om teatergangers te laat dink en voel, dan is dié een waarskynlik die een wat dit die meeste doen as ek na my onlangse werk kyk,” sê Van Graan. Some Mothers' Sons se akteurs is Dumisani-Sizwe Mbebe, wat onlangs in die rolprent Mama Jack te siene was en Gideon van Eeden, wat reeds verskeie rolle in sepies soos Egoli en 7de Laan vertolk het. Die stuk word geregisseer deur Jay Pather wat ook die oorspronklike Dinner Talk se regisseur was en nou in Kaapstad aangestel is as mede-professor by die UK se dramaskool. Some Mothers' Sons open by die Jack Hindon Lokaal by die Absa KKNK op 1 April en die speelvlak duur tot 7 April. Direk daarna word die drama in die Baxter Sanlam Studio aangebied, van 11 April tot 6 Mei. Kaartjies vir albei speelvakke is nou beskikbaar by Computicket, of by 083 915 8000. Vir nadere besonderhede oor datums, tye en afslag, besoek www.kknk.co.za en www.baxter.co.za.
Wil jy reageer op hierdie kennisgewing? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |