|
|
‘n Koning ken nie kaiings nieFanus Rautenbach“Mammie, ek is honger!” Net soos die seevaart het die biblioteek en ander boekerye my van bakboord na stuurboord gestuur op die vraag watter invloed ons kos op ons taal het. Geweldig: jy moet murg in jou pype hê, nie vir koue pampoen skrik nie, nie maklik gekoring raak nie; as jy in ‘n Piesangrepubliek woon, nie maklik die moer in raak nie, want die kool is tog die sous nie werd nie en boontjie gaan tog sy loontjie kry. Nee, dit gebeur nie so nie; jy moet net sorg dat daar nie ‘n ertappel in jou kous is nie, en moenie eens probeer om ‘n wortel voor die taalman se neus te hou nie, want netnou beland julle albei in tamatiestraat. Dink daaraan dat elke tweede ou ‘n koejawel is wat jou maklik in die sop kan laat beland: dis nou maar wors. Nou het my ma my geleer – en die appel val nie ver van die boom nie – dat die meeste “geleerde” mense nie kaiings ken nie. Hulle moet jy nie heuning om die mond smeer, vertel waar Dawid die wortels gegrawe het nie; ook nie die pap te dik aanmaak nie – behalwe as jy kaiings het. “As hulle nie brood het nie, gee hulle korsies van pastei …” het een of ander heerser van die volk gesê, maar dit het niks gehelp nie, want ‘n koning ken nie kaiings nie. Sebastian Kloon skrik wakker. Sy kop voel soos ‘n groot, hol pampoen; sy oë asof iemand uie daarin geskil het. Sebastian dink aan sy noue ontkomings Hy dink aan die vorige aand se partytjie; die vorige week se blondine: haar hare wortelrooi gekleur, tande, wit en eweredig soos mieliepitte; wange halfryp tamatierooi … slanke hals … borste soos ryp spanspekke; Nee, nie Salomo se druiwetrosse nie. Toe het hulle twee kop verloor. Hy moes liewer by haar maatjie, die brunet, gebly het; hulle ken mekaar al jare en het al ‘n sak sout saam opgeëet; nee, nie knippie vir knippie nie. Hoewel sy wel ‘n kêrel gehad het en hulle mekaar op die slaai ontmoet het, het hulle nooit van die verbode vrug gepluk en geëet nie. Nou lees Sebastian van die jong digters se vurige verse en hy dink by homself: “Ek wens ek kon sulke gedigte skryf en komkommerkoel bly, maar nou voel dit of ek koors het, soos beet: ‘n aartappel wat hoë bloeddruk het. En Sebastian Kloon pleeg poësie: “Waarom ‘n Koning nie kaiings ken nie” LitNet: 23 Augustus 2005 |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |