ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Van politiek tot showbiz

Liezel van Beek

Taiwan het ook ’n vroue-visepresident, en hierdie vrou wend haar nie net tot die politiek nie.

Taiwan se visepresident, Annette Lu, is ’n staalvrou wat nie net haar merk op internasionale politiek maak nie. Tuis is sy ook ’n bekroonde skrywer en binnekort sal een van haar boeke, wat sy destyds as politieke gevangene in die tronk geskryf het, in ’n televisiereeks omskep word.

Regisseur Tsai Chih-ping se idee is om Lu se storie, These Three Women, in ’n ewe gewilde program as die sepie Meteor Garden te omskep, wat ’n reusesukses was in Taiwan, Hongkong, Singapoer, Indonesië en Sjina.

Annette Lu sê dat sy graag sal help om die program te bemark. Sy hoop dat haar verhaal tot beter insigte oor die rol van vroue in ’n moderne samelewing sal lei.

Die storie gaan oor drie Taiwannese vroue met kontrasterende lewens – een ’n getroude vrou wat na Amerika verhuis, maar altyd ’n gevoel van verlies verduur; ’n alleenlopende universiteitsdosent met ’n interessante, kleurvolle lewe; en ’n weduwee wat gedurig terugverlang na die dae toe haar man nog geleef het.

Lu het ’n 12-jaar-vonnis deur die destydse Sjinese Nasionale Party uitgedien vir ’n toespraak wat sy gelewer het op die aand van die Kaohsiung-voorval in Desember 1979. Die voorval was ’n aanslag op ’n antiregeringsoptog deur ’n organisasie waarvan Annette Lu toe die visepresident was. Sy is skuldig bevind aan die opstoking van ’n gewelddadige rebellie.

Sy het alreeds 13 boeke gepubliseer. Die twee novelles wat sy tydens haar vonnisuitdiening geskryf het, het sy aan haar ma opgedra wat oorlede is terwyl sy in die tronk was.

Lu, wat ongetroud is, ontken dat sy die boek geskryf het om vroue te oorreed om nie te trou nie. Sy het in 2001 die nieregeringsorganisasie The Taiwan Heart gestig, wat onlangs bekend gemaak het dat hulle ’n reeks paartjiemakelaar-aktiwiteite gaan organiseer vir alleenlopende mans en vroue.

Lu sê dat sy daarna uitsien om die troues by te woon van dié paartjies wat uiteindelik afhaak.



LitNet: 28 Maart 2006

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.