ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Hallo my gewese SA-genote

Ons is nou al drie jaar in Tampa, Florida, en sonder om doekies om te draai, ons geniet dit vreeslik so tussen al die ongemaklikheid — net vir die eerste jaar — sonder huis en tuin hulp. Dit het ook al verby gegaan en ’n leefwyse geword om alles self te doen in en om die huis.

Tampa het nogal ’n groot SA teenwoordigheid en elke drie maande hou ons ’n braai by ’n baie gewilde ontspanningsoord. Mense bring hulle tuisgebak, melktert, wors, beskuit en Cadbury’s sjokolade en natuurlik biltong wat hulle so tussen die braaiery en kuier te koop aanbied teen baie billike pryse. En natuurlik word almal op hoogte gehou van die huidige stand van sake in SA deur van die ouens wat onlangs in SA was. Dit is nogal opmerklik hoe verskillend mense dinge in SA waarneem. Ek wil nie nou daaroor uitwy nie, miskien later?

Vir die van julle wat nie weet nie, Tampa is ’n kusdorp met die “Mexican Gulf” as ons see. Dit moet eintlik lees “dam”, want al wanneer daar lekker branders is om te “surf”, is wanneer die wind waai. Die strande is myle lank met daai lekker wit poeiersand wat nie aan jou vaskleef nie soos byvoorbeeld Durban se sand. Die weer is 350 dae van die jaar lekker tot baie warm en op die oomblik is dit werklik aangenaam, selfs tot laatnag; dit is in elk geval die tyd wanneer die meeste mense die uithangplekke begin besoek tot in die vroeë oggendure. Hier kan ons dit nog doen sonder enige vrese.

Daar is baie restaurante, teaters en movie-plekke wat ons keuses wyd maak. Daar is Busch Gardens, ’n temapark met van die beste “roller coasters” in die land; Orlando en Disney is net een en ’n half uur se ry weg; Tampa se akwarium is baie aantreklik, en so ook sy dieretuin.

Vir ons familie is daar natuurlik Daytona met sy pragtige strande wat aan die Atlantiese Oseaan is met branders en Harley Davidsons en Nascar. Nascar is motorwedrenne wat nou hoogseisoen is.

Vir ’n naweekuitstappie gaan ons in groepe na Miami en sy baie bekende Suidstrand en tipies Spaanse naglewe wat nogal ’n belewenis is om van deel te wees.

So baie om te sê en te doen, maar volgende keer sal ons foto’s insluit.

Groete

Johan en Rina Pretorius
jpretor1@tampabay.rr.com

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.