|
Hi Ek woon in Richmond in Surrey, Engeland. Richmond het n magdom van restaurante en drie fliekteaters. Daar is ook die Richmond-teater, waar toneelstukke en musiekblyspele soms hul tande sny voordat hulle na die West End gradueer. Sondagmiddae bied die Richmond-biblioteek n literary walk aan. Al is dit winter, is n middagstappie deur Richmond Park of Kew Gardens hoogs aan te beveel. n Klompie van ons gaan ook gereeld (een keer per maand) na n opvoering/verhoogstuk in die West End kyk. Ek lees ook e-Klets op die Internet en lees elke dag die Suid-Afrikaanse koerante. Jammer van die krieketwêreldbeker! Om so nou en dan kos (en drank) in (op?) Afrikaans te bestel, gaan ek soms tydens etenstyd na die Springbok Bar in Houndsditch. Groete Renette Pretorius |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |