|
Suid-Libanon Goeiedag Ons is n klompie Suid-Afrikaners wat werk in Suid-Libanon. Ek self werk vir die Verenigde Nasies se Kantoor vir Projekdienste as Finansiële Bestuurder. Die res van die Suid-Afrikaners hier werk vir kommersiële ontmyningsorganisasies (haal landmyne uit in die strook tussen Libanon en Israel). Ons is n groep van 22 Suid-Afrikaners wat ons naweke geniet op die strand, wetbike ry (die Mediterreense See is so glad soos die dam by Harties) en so af en toe na n klub toe gaan in Beiroet. Komende Saterdagaand word die opera Aïda opgevoer in n Romeinse stadion in die stad Tirus (waar ons bly), wat natuurlik n groot hoogtepunt gaan wees van my tyd hier in Libanon. Verder braai ons, maak potjie, drink bier in die aande by een van die vele strand-restaurante en praat lekker Afrikaans. Groete Johan Smith |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |