ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

To all the girls I loved before

Kaskar Fourie

Dit is nie goed om op een van die koudste dae sover in Londen te sit en dink oor liefde nie. Om dit erger te maak kan ek die koue donkerte deur my venster sien en ek luister na die musiek van Heart.

Ek dink dat ek vandag ’n vraag wil vra aan enigiemand wat belangstel om te antwoord. Hier is my huidige posisie: Ek dink ek voel net helse jammer vir myself en nou het ek nog een van Kytie Koekblik se briewe gelees oor haar perfekte man. “To all the girls I loved before” … snik, snik, snuuuuuuif. Daar kom dit al weer: “All I wanna do is make love to you”.

Ja, alle mans begin seker met meer drange as common sense, maar ek dink dat teen dié tyd het ek al meer common sense as drange. Hier is nou wat ek nie verstaan nie. Toe ek net drange gehad het, was die vroue so baie en so beskikbaar, maar noudat ek meer sense het, het hulle almal verdwyn. Ek voel soos die quarterback wat sy arm seergemaak het in sy eerste groot wedstryd op College, nou dra hy sy ou skool-footballbaadjie, drink te veel en dink aan die gloriedae.

Waar het dit alles verkeerd gegaan? As ek deur die album kyk en ek sien al die skoonhede wat in my lewe was, dan wonder ek: hoekom wil dit nie nou meer werk nie? Ek was die “quarterback”, my meisie was die hoof “chearleader”, en die wêreld was perfek. Ek dink as dit nie was vir die foto’s nie, sou ek dalk selfs dit nie eers meer geglo het nie. Ek onthou die dae van studentepartytjies, sexy meisies om van te kus en te keur en die one-liners wat altyd gewerk het ...

Kaskar (na ’n hele paar Cape To Rio’s en Coke): Hallo, ek smaak jou.
Barbie: Haai, ek het nou net dieselfde gedink, is dit cool of wat?
Kaskar: Wil jy gaan sien hoe lyk my volla se seat?
Barbie: Net as jy belowe om my jou ... ag ek bedoel die kar se enjin te wys.
Kaskar: Sure, babes, enigiets vir jou, jy weet mos.

(Toegewasemde volla op Naval Hill met Heart wat speel in die agtergrond “All I wanna do is make love to you”.)

Terug by die hede is die storie nou bietjie anders: Kaskar het toe klaar geswot en hy was eers Amerika toe ... en nou sit hy in Londen. Ja, daar was wel ’n meisie in Amerika, en ja, sy was stunning. Amper het ons op trou gestaan, maar ek het nog nie kans gesien daarvoor nie. Sy het selfs in SA kom kuier, maar dit was ’n totale mislukking, aangesien die familie nou maar net nie kon regkom met die uitlander nie. My ma het my soveel keer gevra hoekom kan ek nie maar net ’n oulike boeremeisie kry nie (want soos sy verskeie kere vir my verduidelik het, wil sy nie stoutgat-kleinkinders hê wat “Granny, granny” sê nie). Wel Ma, hier sit ek nou in Londen, en waar de hel kry ek die oulike boeremeisie?

Wat ek nie kan verstaan nie, is die feit dat ek nou ’n goeie intellektuele gesprek kan voer oor min of meer enigiets, ek wil jou ook nie meer “gryp” agter in my negentienvoertsek-volla nie, ek wil actually weet wie jy is, wat jy doen vir ’n lewe en selfs jou familienaam. Ongelukkig lyk dit of niemand meer belangstel in dié tipe dinge nie. Meisies wil nie meer hê ons moet die volla se deur vir hulle oopmaak nie, hulle wil nie meer bederf word nie, hulle soek nie komplimente nie — en moenie eers dínk daaraan om oulik te probeer wees nie.

Moet ek nou maar verval in die anonieme wêreld van die rekenaar en probeer om jou op te spoor in ’n netwerk van cyber-chatrooms en online communities? Ek kan dit al klaar sien: “Lonely SA man looking for Pragtige Boere Meisie, man comes with knowledge of food and a Double Cab Isuzu (Isuzu actually belongs to Wesbank but is currently being paid for monthly by man).”

So, hier is die vraag uiteindelik: Aan al die boeremeisies in Londen, waarheen gaan ’n “high school quarterback” (met lewensondervinding en ’n smaak vir goeie rooi wyn … o ja, en hy kan nogal nie te sleg kook nie) om van julle meisies te ontmoet? En moet tog net nie sê Zulu’s nie.



4 Februarie 2004

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.