ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Wat sommige matrieklaaities in Londen doen

Kaskar Fourie

“Hallo Oom, dit is Kaskar hier, Kaskar Fourie, Oom. Nee, Oom ken my nie, maar ek sien elke dag Oom se matrieklaaitie hier in Londen. Daar is ’n paar dinge wat ek Oom wil vertel.”

Ek wou eintlik nie die stuk geskryf het nie, alhoewel ek seker is niemand oor wie ek skryf sal dit sien nie, aangesien Jannie Punk en sy Bevokte Bende net die web gebruik om die nuutste piercings te sien en dalk a witchy board of twee te bestel.

Ek wil skryf oor die pas klaargemaakte matriek-outjies wat hier in Londen rondhang. Moet my nie verkeerd verstaan nie: ek het geen probleem met iemand wat sy identiteit uitlewe nie; ek het self twee tattoos waarop ek moers trots is en sien myself nie as ’n dominee of prefek nie. Die probleem wat ek wel het met Jannie Punk, is die feit dat hy nie sy eie identiteit ontwikkel het nie, maar net ’n goedkoop afdruk is van ’n band wat in sy pa se tyd gelewe het en waarvan die meeste lede dood is aan een of ander oordosis van een of ander dwelm.

Wat my nog meer de hel in maak, is dat Jannie Punk en kie alewig op die tube vloek dat selfs ek as gesoute vloeker van formaat my moet blerrie skaam, want Jannie dink mos daar is niemand wat hom verstaan nie. Jannie word al bestempel in Londen as een van die voorste verskaffers van E, acid en wie weet wat nog. O ja, en voor ek vergeet: as jy ’n onwettige ancestral visa soek, gee dan sommer ook vir Jannie ’n luitjie. ’n Mens kan maar sê Jannie is die “quickshop” vir al jou nare gewoontetjies. Blykbaar is daar net een probleem met die visum (behalwe dat dit onwettig is), en dit is dat een van die woorde verkeerd gespel is. Ek neem aan die ding sê iets soos Ancestral Mastercard of iets.

Toe ek my reise begin onderneem het na Engeland, het ek gedink dit sou dalk beter gewees het as ek dit eers gedoen het voordat ek begin swot het, maar nou is ek bly dit is andersom. Wat kan ek sê behalwe “Bring terug diensplig!” Laat die klomp punks (en nou klink ek amper soos my pa) hulle gatte gaan afdril en skeer daai klos, wat lyk soos ’n skaap se wol vol steekgras, af en laat hom pushups doen. Vat die klein etter en dril hom vir weke sonder kos of water, vloek hom dat die see hom nie kan afwas nie, want hopelik sal hy dit nie doen as hy in Londen kom nie. Gee hom ’n tandeborsel om die longdrop mee skoon te maak, laat hom ’n drol pass soos in my koshuisdae, laat hom od aan ’n mengsel van Durban Poison, E en hoenderkak en moer dan ’n groot naald, soos die een wat John Travolta in Pulp Fiction gebruik het, in sy bors.

Met dié roetine en dissipline behoort Jannie Punk en sy Bevokte Bende hopelik te verander na Trompie en die Boksombende en hoef ek nie meer my moer te strip elke keer as ek op die central line verby Leyton, Stratford en Leytonstone reis.

Dus ten slotte: Wanneer ek terugkom SA toe, wil ek president word en dan sal my eerste plig as president wees om nasionale diensplig weer verpligtend te maak.

Vote for Kaskar. Kaskar for President. Viva Kaskar!



LitNet: 9 Maart 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.