|
Tweedehandse skuld: n Expat se krisis in LondenJC van der LindeDit is Sondagmiddag op die vyf en twintigste dag van die eerste maand van die jaar twee duisend en vier. Ek voel amper soos Koos Kombuis met my glasie rooi wyn; net jammer ek rook nie, want dan het ek nou n Camel in die bek gehad. Tog, hierdie ingesteldheid van die Engelse is iets wat ons nie het nie. As ons vir, seg maar, n sekretariële pos aansoek doen, sal ons nog sê ja, ek tik 75 woorde n minuut. En dan, al probeer keer ons hoe, daar glip altyd nog n maar uit. Maar … dit … was … lank terug. Jammer om te hoor, sê die onderhoudvoerder, en gee die werk vir n blasé Brit wat 14 woorde n minuut tik, met 100 persent spelfoute. En dit bring my by die eintlike punt van die storie, liewe leser: dít is die rede waarom duisende jong Suid-Afrikaners in Londen sekuriteitswagte is. (Dink ek.) Dankie Christine!! Jy het my nou vandag in n totale krisis gedompel; my dag en dalk die res van my tyd in Londen is goed opgefok. Ek was nou van plan om maar Maandag weer my trots in my gatsak te sit en te gaan aanmeld vir nog n paar maande van totaal niksseggende werk wat vereis dat jy die IK van n blomkool het soos beskryf deur Karen Zoid. n Rugby-omroeper het eendag gesê dat ons spelers gentle giants is en dat dit die rede is hoekom ons so swak vaar. Het ons te slapgat geword? Wat het geword van die trots? Het ons dan ons plek en identiteit in die wêreldarena verloor? Ons het niks meer as trekarbeiders geword wat op die grond kruip en smeek vir die krummels wat die wêreld vir ons gooi nie. En ons moet tog só dankbaar wees, want daar is soveel mense wat minder as ons het … Wat n absolute hoop nonsens. Hoekom moet ons gelukkig wees met die minste? Waarvoor het ons ouers derduisende rande spandeer om ons n goeie opvoeding te gee en ons gebruik dit om te sê: How may I take your order? My eie probleme kom van wat Koos Kombuis beskryf as tweedehandse skuld. Ek voel skuldig omdat politici my land so opgefok het dat ek na n ander land moet wyk; ek voel skuldig oor die sondes van my voorouers; ek voel skuldig oor my eie tekortkominge; en aangesien ek die indringer is, kan ek nie staatmaak op my kwalifikasies nie - nee, ek moet die laagste werk gaan doen, want dit is hoe dit n armblanke betaam. Ek is jammer om te sê, maar na alles wat ek gesê het, weet ek nog steeds nie hoe om dié neurose te behandel nie. Maar ek weet wel een ding en dit is dat maak nie saak wat gebeur nie: If I do go down, I will go down in a blaze of glory. 27 Januarie 2004 |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |