|
Hallo daar My naam is Jana en ek woon en werk in Kings Lynn, Engeland. Daar is heelwat kroeë en pubs in Londen waar die Suid-Afrikaners uithang. Ons is so twee ure se treinry van Londen af, so ons reël maar onder mekaar vir braaivleise en kuiergeleenthede. Ons is so n halfuur se ry van die naaste strand af, so ons beplan so n bietjie blitskrieket en so aan vir die gewilliges ... Ukkasie-kunstefees in Wembley, Londen, dié jaar is natuurlik die kulturele hoogtepunt en daar ontmoet ons pelle wat ons nie eens geweet het hier is nie. Webadres: www.ukasie.com. Mooi bly Jana |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |