ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Goeiemôre

Nuus uit SA

Dit is nie nuus uit Suid-Afrika of Suid-Australië nie, maar wel uit Saoedi-Arabië.

Hier fliek ons nie, want daar is nie enige flieks nie. Hier drink ons ook nie, want daar is geen drank in Saoedi nie …

Geen wettige drank nie, maar daar is Afrikaners wat fluks wyn en sterk drank stook. Ek bly in Khobar — dit is aan die Ooskus aan die Persiese Golf. ’n Vriend van my stook sy eie rooiwyn en port. Hy het ’n eie etiket ontwerp, naamlik KWV — die Khobar Wynmakersvereniging. Sy wyn is glad nie sleg nie.

Hier jaag die mans in hul motors soos besetenes wat bang is hulle is laat om by die hemelse poorte in te gaan. Jy het nog nooit so iets gesien nie. Daar is geen spoedbeperkings en stoptekens nie. Almal maak maar soos hulle wil.

Hier net buite Khobar is daar ’n bestuurskool:

MODEL SCHOOL FOR CARS DRIVING.

Alle Saoedi’s stuur hulle motors daarheen sodat laasgenoemde geleer kan word om te ry. Vroue mag nie bestuur nie.

Progressief en liberaal is hierdie land nie. Nie eers normaal nie.

As jy skuldig bevind word aan ’n misdaad soos diefstal, word jou hand in Rijad afgekap. Vir moord betaal jy met jou kop. Alles geskied in die openbaar. Seker om vir die gebrek aan fliekvermaak te kompenseer.

Laat ek afsluit voordat ek toegesluit word. Geen kritiek teen die regering word geduld nie. Hier is selfs sogenaamde geheime agente. Mense wat deur die regering betaal word om op ander te spioeneer. So snuffel hulle mense uit wat antiregerings- of -godsdiensuitsprake maak.

Groete
Hendrik Kriel


boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.