|
Hi Ek woon in Muscat, Sultanaat van Oman (onderste punt van die Arabiese skiereiland). Ons het n Suid-Afrikaanse groep genaamd SAGO (South African Group of Oman).Dis heel georganiseerd, met ons eie webwerf, www.sagoman.org. Elke jaar hou ons n dans, Paasbraai, en heelwat uitstappies en naweke word gereël. Die wêreld hier is goed vir kampeer, ens. Bietjie warm in die somer! Verder kuier ons maar so oor en weer. Dit beteken baie om Afrikaans te kan praat so ver van die huis af, en veral om n Gatiep en Meraai-grappie te kan vertel sonder n groot verduideliking! Hier kan ons saam kla as die wisselkoers swak is tot iemand ons weer herinner dat dit dan juis goed is vir ons mense by die huis! Ek kom oorspronklik van Jansenville in die Klein Karoo, en is al amper ses jaar hier in die Midde-Ooste. Ek het julle nou net ontdek en gaan beslis gereeld kuier op LitNet. Hou asseblief ons taal aan die lewe. Deirdre |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |