ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Expat-uithangplek na hartebreker vernoem

André-Pierre du Plessis

Casanova Discothèque
158A Cannaregio
Venezia
Italia
Tel: +39 41 275 0199
(naby die treinstasie)

Dis moeilik om te glo dat sulke cheesy plekke 'n bestaan maak in Venesië, die stad van peperduur romanse, Renaissance-argitektuur en die mees fashionable Italianers op elke hoek en oor elke kanaal. Casanova Discothèque sou veel eerder 'n goeie bestaan maak in Brackenfell of Witbank.

Dié discothèque, wat vernoem is na die hartebreker Casanova wat hier in Venesië gebore en getoë is, met die adellikes se vrouens gespeel het en uiteindelik ook hier opgesluit is as gevolg daarvan, lol met die trots en statuur van so 'n historiese stad weens die feit dat die atmosfeer en die mense wat hierheen kom, doodnormaal is. Hulle is nié fashionable nié; hulle lol met mekaar; en as jy moeilikheid maak op die dansvloer, word jy verhoog toe gestuur waar jy nie mag dans nie, net sit en kyk hoe almal wat dans vir jou kyk deur sulke tralies. Drank is goedkoop, iets wat mens nie maklik sê as jy na enige kroeg in Venesië toe gaan nie. Vir om en by vyf Euro kan jy 'n vodka en lime kry, alhoewel die kwaliteit van die vodka twyfelagtig is. As jy 'n botteltjie water koop, kniehalter hulle jou egter - 500 ml water gaan jou tien Euro kos.

Dit is gratis om in te gaan tussen 22:00 en 00:00 (of altans toe ek daar was), maar hierdie gratis toegang laat jou net toe tot by die kroeg. As jy op die dansbaan wil gaan stofskop, moet jy eers met 'n drankie in die hand gestop word. Dis alles deel van responsible dancing. No drink, no dance. Daar is rooi leather stoele waar jy jou belongings kan op sit. Daar is nie regtig plek om jou drank neer te sit nie. Jy moet dit so in jou een hand hou terwyl jy dans. Dis nou maar jammer as iemand in jou gaan vasstamp en alles oor jou uitmors. Dis mos nou nie asof jy Gucci of Giorgio Armani dra nie - mense wat dit dra, kom nooit hierheen nie. Daar is baie plek op die dansvloer, weens die klein aantal mense wat hulself hierheen haas. Die meeste mense wat Venesië toe kom, is hier op hulle honeymoon. Hulle wil in hulle eie beddens dans in die aand, nie hiér nie. So jy kan rondspring van hoek tot kant sonder om regtig in iemand vas te stamp. Maar probeer gerus in iemand vasstamp. Ek het - in 'n Ghanees, die enigste ander Afrikaan op die dansvloer en ook die enigste ander persoon met ritme op die dansvloer. Italianers mag dalk mooi motors maak, maar hulle kan nie mooi dans nie.



LitNet: 20 Januarie 2005

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.