|
Hi Ek bly nou al twee en n half jaar in Leuven, België. Dit is n universiteitstad met n ongelooflike bekoring. Hier is verbasend baie Suid-Afrikaners wat in België, en spesifiek die Leuven-omgewing, bly. Hier is n Suid-Afrikaanse klub meer vir vrouens wat saam met hulle mans oorgekom het en nie kan werk nie dit is ongelooflik goed om ingeburger te raak. Hulle reël ook uitstappies, het weekliks n boekklub wat ontmoet, en nog baie ander gesellighede. Die meeste van die mense werk hier in België en daar is ook n handjievol wat nagraads studeer die Katholieke Universiteit Leuven is een van die top tien universiteite in die wêreld. Hier word gereeld gekuier selde gaan n week of naweek verby sonder n ete, uitstappie, braai (in die somer natuurlik), of net n lekker gedrink en nonsens praat. Vir n rugby- of krieketwedstryd trek die mense saam by die Bok & Dragon in Brussel. Baie van die mense ondersteun ook Suid-Afrikaanse kunstenaars wat spesifiek in België kom optree dit is nog n geleentheid om mense te leer ken van SA of ander nasionaliteite wat n band met SA het. Dit is omtrent die hoofpunte. Groete Lizelle Botes |
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |