ExpatNet InhoudArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Po?sie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
No matter how the replica watches online master series simple and classic, it is swiss replica sale very popular, more importantly, Master Series wrist watch, generally are relatively thin, this table is replica watches only one of the basic blue dial, equipped with cheap replica watches automatic movement 896/1, automatic gold has a hollow.

Beste ExpatNet

S Razhdestvom Khristovym! (Geseende Kersfees!) … Uit ’n witgesneeude Rusland vir almal daar in warm Afrika.

Niemand wonder seker wat Alice Garnaeva-Smith op Krismis in Rusland met haarself aanvang nie, hoekom sou iemand in elk geval? Wel, of julle nou wil weet of nie, raai wat? Ja, ek gaan vir julle vertel!

Die Russe vier nie Kersfees op 25 Desember nie, sien, hulle volg die ou Georgiaanse kalender, of is dit nou die Juliaanse? Hulle tel die jare van die Skepping af en nie soos ons van Christus se geboorte af nie. Op die oomblik is ek nie lus om al die feite te gaan opsoek nie, met die gevolg dat alles, wat hulle al soveel keer vir my vertel het, deurmekaar geskommel is in my brein en nou kry mens wat die Russe noem kasja (pap).

Ek weet dat Pieter die Grote sowat 300 jaar gelede vir die Russe uit die Donker Middeleeue geruk het en gesê het: “Nou gaan ons Kersfees vier!” en sover ek kan onthou is dit Martin Luther of een van daai wat die Kersboom (die Russe noem dit ’n jolka) uitgedink het en wat die Russe doen is hulle jol rondom die jolka, hoe dan anders!

Ek dink die Russe het oorgeslaan na die ander kalender net na die 1917-rewolusie (uit beginsel het ek besluit om nie “rewolusie” met ’n hoofletter te skryf nie, want dit was so ’n groot gemors en het gesorg vir soveel pyn, bloed, broedermoord en waansin). Wat dit beteken, is dat die Russe nou twee weke agter die res van die wêreld is. Russiese Kersfees val nou op 6 Januarie en Nuwejaar op 13 Januarie. Laasgenoemde noem die Russe nou Ou Nuwe Jaar, as mens nou so ’n absolute teenstelling kan hanteer. (Is julle nog by?) Die gevolg van hierdie gerondskommel en nou met Kommunisme wat die baba met die badwater uitgegooi het en die opium van die volk probeer oordoen het in hulle eie mense se aanbidding van Lenin, Stalin ea, is dat Kersfees heel logies verban was, maar wie sê nou ooit nee vir ’n lekker vrolike partytjie? Nie eers die antichris of die ateïs of die grootste droogste natkombers nie! Wel, toe skei hulle die Christenfees van die wêreldse fees en volgens my is dit die beste ding wat hulle nog ooit gedoen het. Die Bybel sê nie verniet dat God alles ten goede laat meewerk nie. Ek het dit nou al keer op keer gesien, hoe die duiwel se plannetjies net mooi gefnuik word en ’n vloek in ’n seën verander word. Halleluja! Die Kersboom word nou die Nuwejaarsboom, Kersvader, of liewer Santa Klaus, is nou Oupa Ys, en sy kleindogter Snegoerotsjka (Sneeuwitjie) wat kom om die presente uit te deel, al die heidense tradisies, die dronkdrink en oorvreet, die Jingle Bells en Santa Klaus-gemors word nou op Nuwe Jaar gevier. Hiep hiep hoera! Met vuurwerke en die werke!

Kersfees was verban, maar natuurlik selfs tydens Kommunisme was daar die ware gelowiges wat come hell or high water voortgegaan het om Kersfees te vier. Vandag is die Russiese Ortodokse Kerk weer terug as staatsgeloof en is hulle verwoed besig om al hulle kerke en katedrale wat gekonfiskeer is en in museums en kantore vir klerke of teaters of wat ook al verander is, terug te eis. Sommige kerke word herbou en, wel, Kersfees word met ’n groot gejuig gevier. Kersfees was egter nooit die hoof Christenfees nie, maar eerder Paasfees. Vandag is Kersfees uitsluitlik ’n Christenfees en net die gelowiges of diegene wat wil voorgee dat hulle gelowig is, gaan kerk toe en steek ’n kersie op en luister na die mis. In Sint Petersburg beteken dit dat die pragtige Sint Isaak-katedraal, wat op die oomblik nog ’n museum is en aan die Hermitage behoort, sy funksie as katedraal op die dag vervul en dat ’n Kersdiens hier gehou word. Die katedraal lyk soos die Sint Paulus-katedraal in Italië. Dit is ook een van die min katedrale in Rusland met ’n gebrandskilderde venster van Christus se wederkoms, wat mens slegs kan sien as hulle die altaar se deure oopmaak.

In Rusland, veral hier in die Noordpoolsirkel, is daar nou nie juis sprake van son nie. Maandag was dit blykbaar die kortste dag en die donkerste, langste nag (vir baie van ons hier was dit blou, blou Maandag, maar dis ’n ander storie), dus het hulle in die ou dae kerse agter die venster opgesteek. Met die flikkerende lig van die kerse het dit gelyk asof Christus werklik beweeg en dit het menige gelowige en sondaar sommer spontaan sy sondes laat bely!

Wel, al die gebabbel beantwoord nog nie die vraag, wat doen Alice in wonder-wanneer-sy-gaan-land-in-Rusland Garnaeva-Smith vandag nie.

Wel, my man is by die werk, en ek het vandag die bad, wat nou al vir twee weke omgedop in die gangetjie staan, se pote geverf. Ons is besig met herstelwerk in die badkamer. Die marteling duur nou al amper twee maande en die nerwe skuur maar, soveel meer omdat dit maar net ’n eenkamerwoonstelletjie is, en ek’s ’n vrye gees en Plyusha die kat ook, my man is ’n konvensionele Rus en ons twee trap partykeer maar skeef in sy oë, maar dis meer uit onkunde as uit asprisgeit. Omdat die Russe nie Kersfees vier op 25 Desember nie, is die ou wat die teëls moet lê, hier; hy speel vandag timmerman en bou ’n kas waaragter die pype en watermeters weggesteek moet word. Die toilet staan in die kombuis, die bad in die gang, die krane is gedemonteer en daar’s geen vloer in die badkamer nie, wat beteken die sement word die hele woonstel vol getrap. Hier is die grootste sondebok Plyusha die kat, wat met haar wit voetspoortjies by almal witvoetjie soek. Om alles te kroon het ek besluit om wasgoed te was.

Wat van die Kersfeesatmosfeer? Wel, ten spyte van die chaos om my probeer ek steeds ’n bietjie vashou aan die waarheid, dat dit vandag my Redder se geboortedag is. Wel, ons almal weet Hy’s nie werklik op 25 Desember gebore nie, maar waarskynlik êrens in die lente of in die herfs, maar dit maak tog nie so saak nie; wat belangrik is, is dát Hy gebore is, dat so ’n onmoontlikheid kon plaasvind, dat God mens kon word! Vir my, ou simpel Alice wat ver van die huis af sit, op ’n koue eiland omring met ys in die middel van die Finse Golf. Dus luister ek vandag na die cd wat my universiteitsmaatjie en haar gesin vir ons saamgestel het: Musiek vir die Kersgety met die Montiverdi-koor (op universiteit het ons altyd Francois, Polla se man, se siel uitgetrek en dit die Monty Python-koor genoem), en Anne Sofia von Otter en Bach en Handel, werklik pragtig.

Wat oorbly vir my om te doen is om vir julle daar in Afrika ’n hartlike Kersfees toe te wens. Moenie te veel drink, hoer en rumoer nie. Mag julle by iemand wees wat julle werklik lief het en waardeer, mag julle nie eensaam en verworpe voel nie. Mag die Fees vir julle vol betekenis wees! Mag die Here julle seën en mag julle weet waar dit alles vandaan kom en dankie sê! Mag julle almal ’n sug van verligting slaak dat die malle gejaag nou verby is en mag julle almal die presente kry wat julle nog altyd wou hê, of beter nog, mag dit glad nie saak maak watter presente julle kry nie, dis alles tog net goed!

Groete

Alice Garnaeva-Smith

14 Januarie 2004


boontoe / to the top

ExpatNet voorblad / ExpatNet front page


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.