Oppiestoep in Dorpstraat
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Klopdisselboom @ Dorpstraat Teaterkafee

Erns Grundling

Dit is middel-Mei. O koud is die windjie en skraal die sonlig, maar Dorpstraat Teaterkafee bied troos teen die winternag.

Almal is op hulle voete, Valiant Swart bestel ’n whiskey en die kelnerinne vorm ’n sexy losskrum by die kroegtoonbank wat enige opportunistiese man ’n geel kaart sal besorg.

Waarom die konsternasie?

Want Klopjag het so pas hul derde show in ’n ry voor ’n volgepakte gehoor afgesluit. Valiant, wat homself rustig in die agterste gestoeltes tuisgemaak het, het selfs onderlangs laat val “dat dit darem lekker sal wees om die ouens te produce”.

Michelle OhlhoffEn as ekstra bederf het Dorpstraat se eie sjef, Phillip Pretorius, op die verhoog geëindig. Hierdie ou is nie net ’n bobaas-kok nie! Hy was voorheen by die Wijnhuis hoër op in Andringastraat, maar het sedert hy by Dorpstraat Teaterkafee aangesluit het, die spyskaart getransformeer. Dis nou Windows XP, veral die tuna steak. Gerugte doen ook die ronde dat hy jou kan omboul met sy kennis oor krieket- en rugbygemiddeldes. Altyd goed om so iemand in die omtrek te hê.

Maar terug by die verhoog. Hier staan Phillip neffens John-Henry, Sallas en die ander Klopjag-trawante. Hy is ’n ou makker uit hul dae in Pretoria, nog voor Klopjag begin musiek maak het en die ouens meestal karloos in Arcadia was. En Phillip brul Pearl Jam se “Oh Where Oh Where Could My Baby Be” met ’n stem wat Eddie Vedder sleepless in Seattle sou laat:

Oh where oh were could my baby be
The lord took her away from me
She's gone to heaven so I've got to be good
So I can see my baby when I'll leave this world.

Die gig is verby. Mense staan tou om Klopjag se derde CD, Album Drie, aan te skaf. Ek sit en klets met Sallas en John-Henry oppistoep by Dorpstraat.

Marie-Louise PretoriusKlopjag en die Dorpstraat Teaterkafee kom al ’n lang pad saam. Sallas vertel meer: “Dis basically die eerste plek in die Weskaap wat ons ’n paar jaar gelede genooi het om te kom optree. Dit was net nadat Johann Botha een van ons eerste liedjies, ‘Dalk ’n boerseun’, op RSG gespeel het.

Miskien hou jy meer van Hooch as van bier
miskien dink jy dik melk is 'n bietjie te suur.
En dra jy dalk Diesel en Levi's en Guess
Kerf jy jou biltong met 'n houtsteel-knipmes

Bestuur jy die trekker met jou Oakleysonbril
ma' weet jy nie Joubert het ons almal gekul?
En dink jy ooit daaraan: die rivier het gebloei
of suig jy net die melkies uit die speen van die koei

Koortjie:
Pasop! Pasop! Pasop, jy moet pasop
want die rooinekke hou jou dalk dop! (ens.)

“Toe het Hettie (vorige eienaar van Dorpstraat Teaterkafee) ons gebel en genooi om hier te kom sing. Ons was bang daar gaan niemand hier wees nie!”

John-Henry voeg by: “Toe ons hier aankom, is die plek amper vol en almal ken ons liedjies! Iemand het ons CD op een van die koshuise se netwerke gesit en toe ken almal ons liedjies!”

Ons gesels oor die nuwe manier van albums maak – live streaming op die web, soos wat Neil Young onlangs gedoen het.

Sallas: “Daar is nie regtig ’n groot toekoms vir CD-albums in die algemeen nie; dinge mik meer in die rigting van die DVD-mark, die internet en ipods. Mense gaan obviously nog albums maak, maar oor so tien jaar gaan dit anders werk.

Dawie de Jager  & Salmon de JagerNie dat Klopjag bekommerd is oor die hier en nou nie. Hulle eerste drie CD’s het gesamentlik reeds digby 30 000 eksemplare verkoop.

Sallas: “Ons is baie happy, want ons doen baie beter as wat ons gedink het. Ons het uit die aard van die saak nooit probeer om die maklike roete te vat nie.”

Met vier liriekskrywers in een band is daar uiteraard heelwat stof om van te kies. En dié dat Klopjag reeds meer as 50 oorspronklike liedjies geskryf het.

Sallas: “Dit is intimiderend en inspirerend om in ons opset te werk. As jy iets na die band-oefening bring, moet dit up to scratch wees. Ons is ses individuals in die band en baie uiteenlopend. So daar is ’n groot hoeveelheid invloede, maar ook genoeg van ’n gemeenskaplike gevoel oor sekere musiek.”

As daar nou een mark is wat Klopjag oopgebreek het, is dit die skolemark.

Sallas: “Toe ons destyds begin het, was die situasie so dat ouens soos Theuns Jordaan en Pieter Smith die standaard gestel het van wat Afrikaanse musiek is. Maar hulle het meestal die een cover na die ander gesing. Ek bedoel dit nie negatief nie, baie van die songs is baie nice, maar die koopkrag was daai tipe trend.

“Ons besluit toe op daai tyd ons gaan nie dit doen nie. Wat ons sal moet doen, is om ’n hele nuwe mark te skep. So het ons van dorp na dorp en van skool na skool gereis en met die hele band vir R500 of R1 000 gespeel net om blootstelling te kry.”

John-Henry: “Dit het baie goed gewerk. Baie van die ouens wat van ons op skool die eerste keer gehou het, is nou ons fans op varsity, of hulle werk al. Dit was veral die lekkerste om op plekke te kom waar die kinders nog nooit iemand fisies sien dromme en kitaar speel het nie. In Upington het ons voor ’n saal vol kinders gespeel. Een van die kinders het na Marie-Louise gestap en versigtig gevra wat sy speel. Toe ons weer kyk, het die woord ‘Tjello, tjello, tjello’ in fluisterstemme deur die hele saal geloop.”

Klopjag sit reeds met 100 kontrakte wat klaar geteken is vir die res van die jaar en dit lyk of hulle lag-lag so 160 vertonings ’n jaar kan inpas. Hulle gaan in Julie in Londen draai en daar is groot planne in die pyplyn vir België en Nederland.

John-Henry: “Dis nogal weird, maar ons dink nou al aan ’n wêreldtoer na Afrikaanssprekendes. Ons het jare gelede jokes gemaak daaroor, maar vandag is hulle orals – in Australië, Nieu-Seeland, Dubai, die VSA, die Verenigde Koninkryk, ens.”

Hulle webwerf kry ook tienduisende besoekers en die gasteboek wemel van kommentaar, gelukwensinge en bewonderaarsbriewe. Byna 10 000 mense het deelgeneem aan ’n kompetisie op die webwerf waar jy 'n toer saam met die band na Londen in Julie kan wen.

Ek vra of hulle oor die ontstaan van die song “Nie langer”:

Ek weet ons was verkeerd
Dit was op BBC, CCN en Carte Blance
Die feite lê nou op die tafel
Kan ons asb aanbeweeg meneer

Koortjie:
Want ek sal nie langer jammer sê nie
Ek sal nie langer jammer sê nie

Ek sal agterin die tou staan
Ons reënboog op my mou dra

Maar ek sal nie langer jammer sê nie

Die feit dat ek nie altyd saamstem nie
Maak nie van my ’n racist nie
Gaan soek die balk in jou eie oog

Koortjie: (ens).

Sallas: “Dit gaan maar oor ’n klomp goed wat opgebou het. Ons is almal baie liberale denkers. Dit was ’n geweldige aanpassing toe ek terugkom van Engeland, veral die counter-rassisme hier by die huis en mense wat nie verantwoordelikheid neem vir wat actually die situasie/scenario is nie. Die tyd toe ek dit geskryf het was tien jaar na die demokrasie aangebreek het. Ek verstaan daar is ’n oorgangsfase, maar ons generasie het nie die vorige regime ondersteun of vir hulle gestem nie. Daar moet ’n situasie kom van oorbegin met clean slate.

“Jy kan dit albei kante toe sien. Ek hoop die song is so universeel geskryf dat dit nie byvoorbeeld net ’n tipe wit gefrustreerde Afrikaner-vibe het nie. Net soos wat ons nie meer gaan jammer sê oor goed wat in die 60’s gebeur het nie, so verwag ons nie ’n ou wie se pa deel was van bombaanvalle tydens die struggle moet aanhou jammer sê nie.

John-Henry: “Al beteken dit net dat mense wat na die song luister, dink daaroor, is dit klaar goed. Hulle hoef nie saam te stem nie.”

Gemeet aan die reaksie by Dorpstraat, die CD-verkope, volbespreekte gig-lys en webwerf-gasteboek stem baie mense wel oor een ding saam: Klopjag is besig om groot naam te maak in die Afrikaanse musiekbedryf. Hou hulle dop!


Klopjag

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.