Suid-Afrikaanse politieke partye
Elke Jan Rap en vriend het natuurlik bomenslik vinnig wakker
geskrik voor die volgende verkiesing. Dié wat nie die laaste
vyf jaar hard genoeg gewerk het nie, gryp nou links en regs vir
stemme. Om van die nuwe probeerders nie eens te praat nie.
Dit lyk kompleet asof ons deelneem aan die Amerikaanse verkiesing,
soos wat die partye mekaar wil hof toe sleep en vingers wys. Dit
verbaas mens dan nie dat die plakkate gesaboteer word nie, veral
as mens in ag neem hoe kinderagtig en nydig die befaamde politici
mekaar in die openbaar beledig en slegsê.

Foto: Ruvan Boshoff, Thisday, 30 Maart
So terloops, wat is die verskil tussen politieke partye en kleuters
in ’n sandput? Nee, ons weet ook nie!
