Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Nuus /
News
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Boeke /
Books
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
Xhosa
Zulu
Nederlands /
Dutch
Rubrieke /
Columns
Geestelike literatuur /
Religious literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die virtuele LitNet Dopper Joris-Oskar

Erns Grundling

Wie was Dopper Joris?

Die gedig “Dopper Joris en syn seiltjie” deur Pulvermacher, pseudoniem van Adam Gabriel de Smidt (1836-1910), kan as ’n pioniersvers in die Afrikaanse letterkunde beskou word:


Dopper Joris en syn seiltjie

Pulvermacher (Adam de Smidt)

Onder ’n boompie by die watersloot
Sit Spekie met haar Joris te vry
Hy praat van koperledekante
En ’n skimmelhengs wat sy sal ry.

Hy seg dat syn oorlede paartjie
Hom duisend hamels en ’n ram
- ’n opregte Franse ram - gegee het,
En ’n woonhuis by die middeldam.

’n Wage en span met soetveld-osse
- ’n Spikkelspan. En hulle trek tog, reg!
En hul bulk, ja, nes die ware duiwel,
Nes die wind trek hulle van die staanplek weg!

En twee sterke koperhoepel-emmers
Het oorlede paartjie ook gegee,
En ’n ring wat maatjie opgetel het
Toet paatjie siek was by die see.

En ’n borsspeld vol met rooie klippies,
En ’n horssweep met ’n koperknop,
En ’n teepot met drie silwere voetjies,
En die deksel het ’n duif daarop.

En ’n klok en drie riempiestoele,
’n Bulsak en ’n ledekant,
Twee ingelegde geelhouttafels,
En ’n printjie met die plage van Egypteland.

En ook ’n spul met romlary,
’n Kar op vere en ’n fariseen,
En ’n Bybel wat maatjie eens gekog het
Van die smous Aaron Oepl Behn

Maar, tog makeer ek nog een ding;
Dit maak my, Spekie, siek van smart:
Myn wa is sonder buiteseiltjie!
Wil jy myn seiltjie wees, my hart?


JC Kannemeyer ontleed die gedig soos volg op bl 38 van sy Geskiedenis van die Afrikaanse Literatuur Band 1 (1984, Hersiene uitgawe, Academica):

“Dopper Joris en zijn zeiltje” is die geestige en taamlik onbeholpe liefdesverklaring van ’n plat boer wat sy meisie wil beïndruk met al sy besittings, selfs al is dit in die meeste gevalle nie veel meer as ontlede luister nie en al is die dinge nie almal ewe kosbaar nie. Ten spyte van ’n sekere progressie deur die katalogisering in die reeksstruktuur word die geestigheid juis bereik deur die wyse waarop hierdie eenvoudige maar opregte Dopper die verskillende dinge ekstaties opnoem en deurmekaar saamvoeg en deur die beeldende wyse waarop die uitnodiging - in aansluiting by die tradisie van die oorredingslied - tot die liefde gerig word.

“... in hulle eie reg is die verse van Pulvermacher ’n digterlike aanhef wat ’n hoë inset vir die Afrikaanse poësie as sodanig beteken en wat eers weer met Eugène N Marais se ‘Winternag’ in 1905 sy gelyke sal vind. Die aanwesigheid van twee verse (saam met ‘Ou Abel Erasmus’) van hierdie gehalte in ’n tyd toe Afrikaans nog haas uitsluitlik gebruik is om die spot mee te dryf of om - ter wille van politieke oorwegings - die breë lae van die publiek te bereik, bly steeds ’n merkwaardige verskynsel.”


Waarom die virtuele LitNet Dopper Joris-Oskar?

Die LitNet Dopper Joris-Oskar sal voortaan gereeld aan presteerders, uitmuntende boeke, CD’s, toneelstukke ens toegeken word. Lesers kan uitsien na eksklusiewe LitNet-materiaal wat rondom die wenners geskep sal word.

Dit is ’n gebaar van vertroue, ’n virtuele klop op die skouer en ’n viering van Dopper Joris se kreatiewe nalatenskap.

 

Klik hier vir al die wenners


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.