Ons Springbokkies ...
... wat hulle vrot rugby vir groot geld wil verkwansel.
Dan waag sommige nog om verwyte rond te slinger oor die ware
jaarlikse bedrag wat verdien word. Dit lyk maar in
elk geval baie groot vir die normale man op straat wat die koerante
se hoofopskrifte lees.
Manne, raak dit nie tyd dat daar weer rugby gespeel
word, soos in die dae van Mannetjies Roux, Danie Gerber en Naas
Botha nie? Meeste van ons in ons vergewensgesinde nasietjie wag
op die punte van ons rusbanke om weer lekker vuur en vlam te raak
oor die spel.
