|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
The ABSA/LitNet
Chain Interview
|
|
Die Ketting
|
|
André P Brink is op 29 Mei 1935 op Vrede in die Vrystaat gebore. Hy is een van die mees veelsydige figure in die Suid-Afrikaanse literêre bedryf. Sy romans is in meer as 30 tale vertaal en hy word as een van die belangrikste skrywers in die Sestiger-beweging beskou. Toe Kennis van die aand in 1974 verbied is, het hy ook ’n leidende rol in die Afrikaanse Skrywersgilde gespeel.
André Brink verskeie
is reeds twee keer vir die Booker-prys genomineer en was ook verskeie
kere sedert 1979 op die kortlys vir die Nobel-prys. Hy het die Martin
Luther King Memorial Prize ontvang en in 1980 het Frankryk hom vereer
met die hoogste toekenning vir internasionale literatuur, die Prix
Médicis Étranger. Hy is in 1982 benoem tot ridder
van die Franse Légion d’honneur, en in 1987 tot offisier
van die Franse Orde van Kuns en Lettere, met ’n verhoging
in rang in 1995 tot Kommandeur. In 1992 ontvang hy die Monismanien-prys
vir Menseregte van die Universiteit van Uppsala. Hy die CNA-prys
drie keer ontvang en in 1997 het hy die Mondello Vyf Kontinente
Prys vir Wêreldletterkunde ontvang vir Imaginings of sand.
In 1999 is sy roman Duiwelskloof met die WA Hofmeyr-prys
bekroon. Hy het ook reeds twee keer die Hertzog-prys ontvang: in
2000 vir Drama (vir Die jogger) en in 2001 vir Prosa (vir
sy roman Donkermaan). Brink se vyftiende roman, The
other side of silence, is met twee pryse bekroon: The Commonwealth
Prize for Literature (Africa Region) en die Sunday Times
Fiction prize.
Hy is tans ’n hoogleraar
aan die Universiteit van Kaapstad. |
|
Abraham
Hermanus De Vries is gebore op die plaas Volmoed in die distrik
Ladismith; hy is ook die eerste ereburger van dié dorp.
Hy behaal in 1962 Kandidaats en Doktoraal Litt et Phil aan die
Gemeentelijke Universiteit, Amsterdam, Nederland, en in 1986 die
D Litt van die Universiteit van Stellenbosch.
Braam was van 1963-65
kunsredakteur van Die Vaderland in Johannesburg en is sedertdien
'n gerekende akademikus. Hy is die skrywer van 18 bundels kortverhale,
'n roman, 'n digbundel, drie reisverhale, drie speurverhale, en
televisiereekse sonder tal.
Pryse ontvang: die Nederlandse
Reina Prinsen-Geerlig-prys, Eugène Marais-prys, Perskorprys,
eerste prys in die De Kat-Potpourri-wedstryd, Artes vir
die televisiereeks Die Klein Karoo, en die RAU-prys vir
skeppende werk.
Hennie Aucamp se Kort
voor lank, WA de Klerk se As die reier noord vlieg
en Alan Paton se Ah, but your land is beautiful is aan
hom opgedra.
|
|
André P Brink gesels met
Abraham H de Vries
|
- Ek weet dis ’n holrug ou vraag dié, maar vir iemand soos jy moet dit tog (ten spyte van die ergernis!) van kardinale betekenis wees: Waarom, vir jou, eerder kortverhaal as roman? (Teen die agtergrond, onder meer, van die feit dat jy self jou hand op ’n keer aan ’n novelle gewaag het. Met meer sukses as wat vandag se lesers mag onthou.)
Die verskil tussen kortverhale en romans is, wat my betref, twee maniere van dink, André. Ek het verhale léér vertel in die Klein Karoo; dit was deel van die gewone gesels voor televisie en selfs radio; dit was deel van die gesprekke. Hierdie soort verhale is nooit lank nie en dit het die struktuur ook van kort vertellings. En ’n voël sing ... Jy ken die uitdrukking. Dit beïnvloed ook die manier waarop ’n mens die stof vir ’n storie “raakhoor” of “raaklees”. Ek bewonder julle vir die groot, wye blik; ek is verhaalmatig bysiende, en dit beteken – soos in die geval van Evans en die muntstukkies van Minos – dat ek langer kyk na één stukkie gegewe. Dis die woord self, assosiasies, ens, wat lei na “betekenis”. Skryf is vir my basies betekenis soek. Ek weet dit klink swaarwigtig, maar dit hoef nie te wees nie. Dit geld ook verhale soos “Rooikoos Willemse”. Het jy al gedink hoe dit sou voel as jy een oggend in die spieël kyk en iemand met ’n bles en ’n ronde gesig en hare wat glad agteroor gekam is, kyk terug na jou?
- Die Klein Karoo: wat beteken dit regtig vir jou?
Al hoe meer net ’n vakansieplek, maak ek soms myself wys. Die ou storievertellers raak stil, net hulle stemme bly in my geheue agter. Dit raak ’n plek waar ek al hoe minder mense ken. Maar diep in die nag praat dié wêreld nog met my. As Winkelplaas se ou huis kraak, as die wind opsteek óm die rofkasmure en in die doringbome. Sulke ure is daar nie geheime nie. As ek vroegoggend op Almesbos se nek deur die bossiewêreld stap tot ’n mens niks behalwe die veld kan sien nie, is dit bevrydend om net te wéét ons is self min meer as kontoere in neweligheid. Dis in die onvoltooide landskappe van die Klein Karoo, van reëndae tot helwarm Februariedae, wat ek dink: dié raaisel, dít het ek as kind al geweet.
- Wat doen ouer word aan jou en aan jou ingesteldheid teenoor skryf?
Vreemd – feitlik niks. Dit bly iets, dié skrywery, wat soos ’n dam se water opdam en dan oorstoot, en al wat ek kan doen, is om rustig te wag dat dit gebeur. Ja, en noudat jy vra, miskien die besef daar is niks wat ek ooit graagter gedoen het nie.
- Is jou “kontreikuns” en jou “ander verhale” vir jou twee soorte aktiwiteite? (Of wás hulle, op sekere momente van jou lewe?) En, indien vir jou toepaslik, waarin lê vir jou die essensie en sin van hul interaksie?
Die enigste verskil tussen die twee is dat die kontreiverhale se vonke, dit wat die verhaal laat ontstaan het, byvoorbeeld iets wat Izak of Paai of Stan sou sê, of enigeen van die ander karakters, natuurlik makliker bekombaar was. Tussen hakies, ek het nooit verhale “opgeteken” nie, wel in een van die bekendes se stem vertel. Uiteraard ken ek die Klein Karoo beter as enige ander plek. Jy sal ook weet dat ek selfs my “ernstiger” verhale dikwels in die Karoo laat afspeel. Essensieel is dit net twee maniere van stories vertel.
- Waar pas jou kinders in jou lewe in? (Dus, onder meer: wat het hul daar-wees bygedra tot jou lewe en jou werk?)
Al die antwoorde wat jy verwag het, pas hier – elkeen is deel van myself, van my saam met Ria, my en Han. Skeiding bring altyd klowe wat oorbrug moet word. Ek weet nie of dit ooit heeltemal slaag nie. Hulle is nou al die huis uit: Anneke die ouditeur, wat haar simpel lag vir haar pa se geldsake; Andries die ingenieur, wat om sy lewe te red nie sou glo hoe ek daardie oggend in Grahamstad jou motor met koeksoda en water aan die gang gekry het nie; Willem die joernalis en – as bewys dat g’n ouerhuis ’n kind ooit genoeg kan waarsku teen die lewe nie! – kortverhaalskrywer. Hoe sou ons kinders óns beskou, André?
Sterkte, broer! En dankie vir ’n laaaaang pad se saamloop.
André
Insgelyks, broeder; lank en baie waardevol en van my kant rede vir groot dank – van daardie eerste rit in Pretoria in daardie plat-op-die-grond driewielgedoente van jou ( die “klong” in Opperman se “Kersliedjie” het jou die hele eerste rit besig gehou!) tot nou toe hier voor die komper.
Braam
|
|
<< Back to the main chain
<<
LitNet: 10 April 2006
Have your say! Send your feedback to webvoet@litnet.co.za.
boontoe / to the top
|