|
|
Sanlamprys vir Jeuglektuur 2007 - Inskrywings word ingewagPersverklaringDie Sanlamprys vir Jeuglektuur word toegeken om die skryf van jeuglektuur, gemik op die ouderdomsgroep van 12 tot 18 jaar, te bevorder. Die kompetisie word beoordeel in ses kategorieë, naamlik Afrikaans, Engels, Nguni-tale, Sotho-tale, Tshivenda en Xitsonga. Vir die huidige kompetisie vereis die organiseerders 'n roman waarin tegnologie 'n rol speel. Twee pryse sal toegeken word in elke kategorie: Goud — R12 000 Tafelberg-Uitgewers sal die wenromans uitgee. Die beoordelaars behou die reg om die prys nié toe te ken nie indien inskrywings nie aan standaarde voldoen nie. Skedule 18 Augustus: Sluitingsdatum vir inskrywings
Kontakbesonderhede Danita van Romburgh Martie de Lange Send us your comments. Write to webvoet@litnet.co.za
and join our interactive opinion page! The letters page can be found here
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |