|
|
Christoffel se keuseEk wil my boekelys anders benader. My voorkeur is skrywers en dán van hulle boeke wat ek gelees het. Ek probeer die een kies wat my beïndruk het. Die lys is in geen spesifieke orde nie. Sommige van hierdie boeke het my op verskillende stadiums in my lewe op een of ander wyse aangespreek. My drie lyste bevat onderskeidelik Suid-Afrikaanse, internasionale en gayliteratuur-boeke. Die boek wat my die meeste gevorm het, is The View from Christopher Street - Michael Denneny et al. Dit is sekerlik ’n moet-lees vir enige persoon wat meer oor die gaygemeenskap wil lees en ’n intellektuele gesprek daaroor wil volg. Die boek is skaars, maar kan tweedehands bestel word. Ek lees graag kortverhale. As ’n skrywer my dag wil maak, moet hy sy storie in een bladsy kan vertel soos Nataniël. (Iets met my konsentrasiespan te make!) Suid-Afrikaanse asook vertaalde werke
Internasionaal
Ek sou graag Carlos Fuentes hier wou byvoeg. Ek het hom danksy LitNet ontdek. Ek het sy werk nog net aangehoor; hy self het voorgelees. Ek moet nog die boek lees wat ek gekoop het. Gay literatuur
Christoffel
Wil jy deelneem? Stuur jou boeklysie na webvoet@litnet.co.za vir plasing. Vertel vir ons gerus hoekom jy die boeke gekies het of watter indruk dit op jou gemaak het – dis egter nie verpligtend nie. Wil jy reageer op hierdie boeklys? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |