Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jy kan maar gaan vra na Freek Swart, hulle sal wel weet van hom

Tim du Plessis

Erns Grundling van LitNet het my gevra om ’n kort stukkie te skryf oor Freek Swart se invloed op die joernalistiek.

Dis eintlik onmoontlik — om twee redes: ’n Mens kan nie kort skryf oor Freek nie; en hy sal dit haat om te weet iemand probeer skryf oor sy invloed op die joernalistiek.

Joernalistieke invloed het hy nooit gesoek nie, nee. Maar harde, feitelike nuusstories wat tussen die oë slaan, dié het hy gesoek en gelewer, in oormaat. En so invloed uitgeoefen. Eers as ’n vurige Sondagkoerantman in die beginjare van Beeld en Rapport, toe hy ’n algemene verslaggewer was, en later as ’n politieke beriggewer vir Beeld en Die Burger in die jare sewentig en tagtig.

Voordat die term embedded journalist nog bestaan het, het Freek en die ander Afrikaanse politieke joernaliste van sy tyd ’n vorm van “embedded” joernalistiek bedryf in die sin dat hulle ’n binnebaan gehad het by die regerende party.

Hulle het ritse scoops in die proses gekry, maar het ’n prys betaal, omdat daar ’n voortdurende stroom was van snedige opmerkings oor hul geloofwaardigheid.

Waar ander mindere ligte in daardie binnebaan gegly het, het Freek egter daarin gemaneuvreer op ’n wyse wat verseker het dat jy hom en sy werk net tot jou nadeel afgelag het as die van ’n hansie-my-kneg.

As hy geglo het die tyd vra daarna om partydig te wees, het hy dit gedoen sonder om te verduidelik of ekskuus te vra. Destyds het hy en sy tydgenote geoordeel die opkoms van die rassistiese wit regtervleuel moet in die kolomme van die Afrikaanse koerante beveg word. Die jurie sit nog wat moet besluit of hulle reg geoordeel het.

Een van die vrae voor die jurie is of die regse bedreiging nie veel groter sou wees as die Afrikaanse koerante dit nie so hard beveg het nie.

Maar Freek Swart was oneindig meer as ’n politieke joernalis met ’n missie. In die Afrikaanse koerantwêreld sal daar nie gou weer so ’n groter as lewensgroot karakter wees nie.

Sy kreatiewe gees en sy gregarious geaardheid het mense oor alle stande, geslagte en generasies na hom toe aangetrek. Hy kon die absurde en die komiese in letterlik elke situasie onder die son raaksien.

In sy interaksie met die high and mighty het hy ’n soort nederige voorbarigheid gehad wat selfs die hardste hardliners ontwapen het. Hy het sakke vol staaltjies gehad oor die skynheilgiheid, die ydelheid en die onderduimsheid van politici en hul intriges. Dié kon hy oorvertel op ’n wyse wat jou nagte lank op die vloer kon laat rondkruip van die lag.

Een nag saam met Freek sou enigiemand wat geglo het politiek is vervelig, blywend van die teendeel oortuig.

Niemand sou in die vorige bedeling beter toegerus gewees het om ’n Suid-Afrikaanse ekwivalent van Primary Colors te skryf as Freek Swart nie. Ek is is baie spyt dat ek dit nooit voorgestel het nie.

Freek se joernalistieke mondering was so na aan volledig as wat kon kom: ’n soekende, onrustige gees, integriteit, vasbyt en stamina, respek vir feite en ’n sagte plek vir die underdog.

Hy was ’n man vir alle seisoene, een wat met konings en slawe kon loop sonder om kop te verloor.

Waar hy ook al nou is, jy kan maar gaan vra na Freek Swart. Hulle sal wel weet van hom.

Tim du Plessis is redakteur van Rapport. Hy en Freek Swart was langer as 20 jaar vriende en kollegas.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.