Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jy't meer as jou deel vir ons gedoen

Lizz Meiring

Barrie Hough en Lizz MeiringHy was Sondagaand by my. "Hello Liesbet," het hy geroep, "ek staan voor jou hek!" Ons het vir ure gepraat . Ek het geraas oor hy sy vriende uitsluit; oor hy hom onttrek het; oor sy werk, wat vir so baie mense helend was, agterweë gebly het.

Op my lomp, naïewe manier het ek Barrie probeer oortuig dat hy homself as mens, as groot gees, as geniale skrywer nie genoeg na waarde skat nie. "Jou werk, jou boeke is helend, Barrie," het ek gepreek. "Ek wens jy kon verstaan hoe baie kinders, ouers, onderwysers het al kom vertel hoe jy, met jou fyn insig in die menslike bestel, hulle koppe opgemaak het, hoeveel siele jy bevry het . Jy het nou die tyd, dis jou werk op aarde, bevry hulle, en jouself … kreatiwiteit is helend - veral vir jou. "

Barrie het homself bevry - nie op die manier waarop ons dit graag sou wou hê nie, maar hy het, soos hy dit goedgedink het. Die "swart hond " waarvan hy so gereeld gepraat het, het net een keer te veel teen sy hakke kom snuif. Miskien het die las as "geestelike heler" net te swaar op sy skouers gerus.

Ek weet dat Barrie verstaan het hoe baie mense vir hom lief was - sy familie, Nel Erasmus, Elza Miles, Lucas Malan, Louise Steyn, Theunis Engelbrecht, Corina van der Spoel, en al die ander; dat ons oophand gestaan het om hom "terug te neem". Maar Barrie se oë het alreeds ver verby ons gekyk.

Dalk is sekere siele net te broos vir die stampe en stote - ons sal nooit weet nie. Ek dink in liefde aan sy aweregse humorsin, sy fyn wit, sy vlymskerp intelligensie, sy oorspronklike siening van die wêreld, sy vermoë om nooit ander te veroordeel nie.

Ek het gisteroggend, na die soveelste oproep van dié wat hom liefgehad en gerespekteer het, boontoe gepraat: "Barrie," het ek gesê, "nou sit jy op 'n wolk en smile terwyl ons almal suffer." En toe onthou ek 'n quote waarvoor hy baie lief was, een wat ons gedeel het: "The duty of an artist is to remind mankind of its humanity, and the promise of its creativity."

"Dankie Barrie," sê ek toe, "jy't meer as jou deel vir ons gedoen."



LitNet: 20 Augustus 2004

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.