|
Die Internet: hoe raak dit werklik ons kinders se lewens? Maak dit van hulle amorfe węreldburgers? En wat is n Afrikaanse węreldburger in ieder geval?Stefanie HeferDie Burger-lesingreeks, KKNK, April 2002 Gebruik die Internet en praat saam!
Ek is nie n opvoedkundige nie, en sou myself as tegnologies huiwerig beskryf, maar ek is onbeskaamd oor my inligtingafhanklikheid. En met die koms van die Internet die grootste markplein van inligting en die uitruil daarvan het ek onvermydelik n Internet-evangelis geword. (Dis hoe ek vanoggend op dié straathoek in Oudtshoorn beland het ...) En ek glo dat n kind wat gewapen is met inligting en inligtingsvaardighede, n ingeligte besluitnemer word wat die węreld in die oë kan kyk en n waardevolle bydrae tot die samelewing kan maak ... Ek en my span fokus dus, soos ek sę, al hoe meer op fasilitering van die ontmoetingsproses tussen die kind en die inligtingsbank wat die Internet in ons almal se voorhuise kom deponeer het. Ek wil juis die gesprek afbring aarde toe en die medium en ons omgang daarmee prakties bespreek. Ek grond my opmerkings, aanmerkings en vrae vir die doeleindes van hierdie gesprek dus op my daaglikse ervaring van hierdie bemagtigingswonderwerk wat voor ons afspeel in ons Internet-sentra.
En die verwysings wat gemaak word na die gevare dat węreldburgerskap jou identiteitsloos sou maak? Maar vir die doeleindes van hierdie gesprek wil ek die Internet meer vergelyk met die mulitvlakkige verruiming en verryking wat n buitelandse reis of stimulerende kontak met n totaal onbekende invloed van buite op n mens se lewe het. Hier dui alles vir my daarop dat hoe meer kontak jy met ander kulture en intellektuele standpunte het, hoe beter leer jy jou eie verstaan en begrens en beskryf. Hoe meer jy jou in volksvreemde omstandighede bevind, hoe meer begin jy voel: maar ek wil ook my stem laat hoor; ek wil verduidelik waaroor ek en my unieke węreld gaan. Kontak met ander kulture op die Net of op reis erodeer nie jou gevoel van nasionalisme nie. Inteendeel. Dit laat jou skielik jou menswees begrens en definieer en verdedig en prosaďes verduidelik. Trouens, niks versterk jou sluimerende nasionalisme soos kontak met ander nie; maak jou meer vasberade om jou herkoms en kultuur te verteenwoordig nie.
Hierdie verwarring lei myns insiens tot n ongelukkige situasie waar skole, ouers en onderwysers glo dat deur n rekenaar voor n kind neer te sit en hom te leer om dit te bedryf, jy hom genoegsaam toerus vir wat voorlę. Inderdaad nie, soos Gretha Bosiers van Integrated Educational Technology Support die afgelope week by n konferensie in Potch aangevoer het. Sy het by die pas afgelope International Conference of Technology and Education wat hierdie week in Potchefstroom plaasgevind het, die volgende baie insiggewende nuwe betekenis aan haves en die have nots gegee, met oorgenoeg gevaarligte: Ek het vroeër vlugtig verwys na geslotebaan-opvoeding. Ek wil dit stel teenoor die oopkantige, oneindige aanbod van die Internet wat n lewenslange leerproses in die hand werk. Die onderwyser verdwyn hoegenaamd nie uit die prent nie sy rol verskuif bloot van dié van instrukteur na dié van fasiliteerder wat die kind moet vang as hy val of vashaak. En om dit te kan doen, moet hy natuurlik gemaklik raak met die medium, en met die oopheid en die optimale benutting daarvan. Leer kan eintlik net plaasvind wanneer die kind met alternatiewe gekonfronteer word, en dit is, by uitstek, wat die Internet potensieel en oneindiglik kan bied.
Maar dis by die toetrede tot en benutting van die medium wat die wiele afval en verwyte en vrese rondgegooi word oor die gevare van die Internet. Goed en wel maar die verrassing (moontlik) vir ouers is dat hul kind se morele weerbaarheid steeds hul ouerlike plig en verantwoordelikheid bly. Jy laat jou kind in n winkelsentrum ronddrentel, of Hermanus toe gaan vir n matriekvakansie hoekom? Omdat jy vertrou dat hy tussen goed en kwaad kan onderskei, en ingeligte besluite sal kan neem. Presies dieselfde beginsels geld vir die gebruik van die Internet. En ouers is nie besig om na die partytjie te kom nie. Min dinge maak n kind so doof as wanneer sy ouers hom waarsku teen iets wat hy voor sy heilige siel weet hulle totaal niks van weet nie. Dit enersyds. Andersyds is ons besig om ons kinders heeltemal te versaak op n plek in hulle lewens waar hulle regtig nodig het om te kan kom vra. Soos met enige ontwikkelingstap in n kind se lewe het hy leiding nodig om hom moreel weerbaar te maak om ingeligte besluite te maak wanneer dit nodig word op die Internet. n Ouer sal mos nooit n jong kind sonder n motorlisensie op n snelweg loslaat nie. Hoe op aarde kan ons dan verwag dat ons kinders die inligtingsautobahn van die Internet moet oorleef sonder begeleiding? Sal jy n negejarige buite die New Yorkse stadsbiblioteek gaan aflaai om navorsing vir sy huiswerk te doen sonder enige hulp of chaperone? Dis tog onsinnig. Ons het nodig om ons kinders die skopfiets reg te leer ry sonder dat hy sy nerwe afval, en hopelik só behendig en vinnig dat niemand hom ooit weer inhaal nie. Ek neem aan dat ons dit eens is dat ouers n opvoedingstaak het wat behels dat hulle hul kinders so goed moontlik moet voorberei om hul plek meer as vol te staan in die lands- en węreldekonomie. En dit impliseer dat kinders inligtingsgeletterd MOET raak. Filosofeer kan ons natuurlik vir altyd oor die voor- en nadele van hierdie golf wat oor ons breek, oor die potensiële morele korrupsie wat dit sou kon impliseer, oor hoe dit ons kinders in amorfe węreldburgers sou omskep. Maar ek vrees dat te veel mense en hier verwys ek veral na die Afrikaanse ouers uit onkunde nog van ver af kyk en debatteer oor of hulle daardie tree gaan gee of nie My pleidooi is: Raak betrokke by die Internet, raak n gestimuleerde en stimulerende ouer. Lig jou kind uit die wet van gemiddeldes.
Slotopmerking Engels maak maar 54 persent van die gebruikstaal op die Internet uit kleiner tale en gemeenskappe kry JUIS hier die geleentheid om hulself passionately uit te leef, te bou en te groei. Die Net hou tale en kulture aan die lewe wat voorheen afhanklik was van geografiese kontak.
|
||
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |