|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf. |
|
|
|
Skrywersberaad-argief
Die LitNet / Taalsekretariaat Afrikaanse Skrywersberaad
Aangebied deur:
- LitNet, die internetjoernaal op M-Web
- Die Taalsekretariaat
- die Departement Linguistiek en Suider-Afrikaanse Tale, Universiteit van Kaapstad
- die Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid en Taalprofessies, Universiteit van Wes-Kaapland
Die skrywersberaad open op 12 Julie, waarna ses paneelbesprekings op die internet sal volg. Die beraad sal oor n aantal weke strek.
Openingsrede
Breyten Breytenbach
Erfgoed
Hennie Aucamp
Ampie Coetzee
Annesu de Vos
Jeanne Goosen
Kirby van der Merwe
Hein Willemse
Die vaders, die moeders
EKM Dido
Jeanette Ferreira
Christina Landman
Petra Müller
Dan Roodt
Johan Rossouw
Hibriditeit
Achmat Dangor
Jakes Gerwel
Joan Hambidge
Gunther Pakendorf
Alfred Schaffer
Marlene van Niekerk
Steward van Wyk
Eben Venter
Afrikaans wees in Afrika en die wêreld
Chris Barnard
Johan Degenaar
Tom Dreyer
Elsa Joubert
Zander Strachan
Marita van der Vyver
Hef-aan
Abraham H de Vries
Deon Meyer
Elias Nel
Annari van der Merwe
André van der Walt
Christa van Louw
Hannes van Zyl
Disgrace oftewel Renaissance: bly of gly?
Hennie Aucamp
Jaco Botha
Koos Kombuis
Antjie Krog
Chris Louw
Herman Wasserman
Heindrich Wyngaard
MOTIVERING
Onder Afrikaanssprekendes gis en woel dit tans soos in die geledere van geen ander taalgroep in Suid-Afrika nie. Ongekende energie word gegenereer in Afrikaanssprekendes se strewe om hulself binne n nuwe magsbedeling te posisioneer en die skeppende energie van Afrikaans verder te ontgin.
Dit is noodsaaklik dat hierdie gesprek volgehou en uitgebrei word na alle Afrikaanssprekendes.
Gedagtig aan die historiese Sestiger-byeenkoms aan die Universiteit van Kaapstad in 1973 en die Afrikaanse Skrywersgildeberade van die verlede, wil LitNet en die Taalsekretariaat, in samewerking met die UK en die UWK, opnuut n skrywersberaad aanbied maar hierdie keer op die internet.
LitNet geniet tans ongeveer 90 000 bladsyversoeke per maand en word beskou as dié sosio-literêre en taalpolitieke gespreksruimte vir Afrikaanssprekendes op die internet. Die hoofbestuurder en uitvoerende redakteur van LitNet is die skrywer Etienne van Heerden.
Die Taalsekretariaat van André van der Walt beywer sigself vir die bevordering van Afrikaans en die ander inheemse tale as toereikende kommunikasiemiddele van sowel moedertaal- as niemoedertaalsprekers. Die Taalsekretariaat borg al geruime tyd projekte by onder meer die Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid en Taalprofessies aan die UWK.
Die beraad sal kosteloos deur enige internetgebruiker wêreldwyd gevolg kan word. Enige beraadganger kan onmiddellik op referate reageer deur sy opinie per e-pos aan LitNet te stuur en só deel van die beraadgesprek word.
AARD VAN DIE BERAAD
Die LitNet/Taalsekretariaat Afrikaanse Skrywersberaad sal volledig op die internet plaasvind, op die LitNet-webruimte by litnet.mweb.co.za. Dit sal op 12 Julie n aanvang neem en oor n aantal weke strek.
Ses paneelbesprekings sal aangebied word, met verskeie virtuele referate per paneel. Bykans 40 Afrikaanse skrywers en denkers neem deel.
n Webruimte (SêNet) sal vir die duur van die beraad beskikbaar wees om vir 24 uur per dag reaksies van die publiek op die referate te plaas.
Hou kykNET (DStv) se Kunskafee dop (die LitNet-gleuf) vir verdere beraadnuus, asook LitNet se gleuf op Boekepunt, Radio Punt se boekeprogram, gelei deur Susan Booyens.
Die referate asook die openbare reaksies sal op LitNet geargiveer word en vir n onbepaalde tyd beskikbaar wees vir navorsers die beraad behels dus gesprek sowel as internetpublikasie.
ADVIESKOMITEE
Etienne van Heerden, uitvoerende redakteur: LitNet, en hoogleraar: Hofmeyr leerstoel, Linguistiek en Suider-Afrikaanse Tale, UK (sameroeper)
Jakes Gerwel, buitengewone hoogleraar: Nelson Mandela leerstoel in Lettere en Wysbegeerte, UK en UWK
Christa van Louw, koördineerder: Iilwimi Sentrum vir Veeltaligheid en Taalprofessies, UWK
Chris Brunette, bestuurder: spesiale aanbiedings, M-Web Ateljees
BERAADSPAN
Etienne van Heerden (sameroeper)
Willem de Vries (koördinering en publisiteit)
Ettie Williams (taalversorging)
Izak de Vries (programmeur)
PRYSE
Twee pryse van R1 000 elk sal deur die Taalsekretariaat aan die insiggewendste reaksies op die referate toegeken word. Die beoordeling sal behartig word deur André van der Walt en Christa van Louw.
boontoe
|
© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.
|