Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Informasie-ekonomie

Jean Jordaan

Met die ontwikkeling van die internet moet mens telkens van voor af begin dink oor alledaagse konsepte. Soos spoed, hoeveelheid, waarde, grootte, en mag — onder vele andere.

Waarde is nog altyd tot ’n groot mate bepaal deur skaarste, maar die internet draai dit op sy kop (al wil die RIAA dit om die dood nie erken nie [1]. Op die net is die koste van verspreiding marginaal. Dis die vermindering van die oorweldigende aanbod wat waarde toevoeg, en waarvoor mense graag sal betaal.

En mense betaal daarvoor of hulle wil of nie — met hul vryheid byvoorbeeld — omdat ons vermoë om die aanbod van die net te filter nietig is in vergelyking met nasionale intelligensiedienste. Die CIA monitor reeds meer as 50 jaar [2] (nie) alle [3] menslike kommunikasie op ’n globale vlak (nie), as deel van ’n projek wat (nie) as Echelon bekendstaan (nie). (Echelon is geheim. Dalk bestaan dit glad nie.)

Dit bestaan darem amper genoeg vir die Europese Unie om dit na te vors en verslae daaroor te skryf ... Hier is ’n weergawe wat die verskillende weergawes van die verslag kollasioneer en saam aanbied: cryptome.org/echelon-ep.hetm. (Lusmakertjies: Hulle bevel aan dat EU-lede hulle toespits daarop om enkripsie die norm te maak vir publieke administrasie en besigheid [4], en noem dat die Duitse Federale Ministerie vir Ekonomie en Tegnologie aanbeveel dat 'n Windows-weergawe van !GnuPG ontwikkel word [5]).

Maar die CIA is wel geneë om ons in die toekoms “toe te laat” om te betaal, sodat hulle hulle begroting kan behou. Soos die uittredende inspekteur-generaal van die CIA dit in sy afskeidsboodskap stel:

    Given the budget levels envisioned for the near term, however, I am not confident that the Agency will have the wherewithal to carry on at its current level of activity, much less keep itself at the forefront of technological change.

Nouja, een van die inisiatiewe wat die CIA beoog om kompeterend te bly is om oop te maak vir besigheid. Hulle het ook al ’n maatskappy hiervoor gestig, naamlik In-Q-Tel [6] waarheen jy kan gaan vir al jou INFOSEC behoeftes.

Solank dit natuurlik nie om “geklassifiseerde” aangeleenthede gaan nie. Want wat is die doel van die werk van die CIA uiteindelik? Dieselfde as Microsoft s’n [7]: mag — die mag om die waarheid waar te maak:

    Customers will undoubtedly continue to take what we produce (after all, it is free to them), but unless we are able to provide unique and important information from clandestine sources, and unless we can gather, sort, and analyze information in a way that provides customers with timely and unique information and insights bearing on the problems they face, our ability to influence the decision-making process is apt to erode over time. [8]

Echelon luister nie na al ons gedagtes uit blote “nuuskierigheid” nie. Hulle skryf die nuus.

Groete.

Jean

[1]www.jasmine.org.uk/~simon/mirrors/

[2]www.heise.de/tp/english/inhalt/te/6929/1.html

[3] sien byvoorbeeld www.fas.org/irp/program/process/echelon.htm:

    The system can distinguish words in vast amounts of random "white" noise — noise with amplitude 1,000 times the strength of the target auditory signal. Human listeners can deal with only a fraction as much. And the system can pluck words from the background clutter of other voices — the hubbub heard in bus stations, theater lobbies and cocktail parties, for example. With just a minor adjustment, the system can identify different speakers of the same word with superhuman acuity.

    [4] uit www.cryptome.org/echelon-ep.html:

      The European Parliament, (...)

      17. Calls on the European institutions and the public administrations of the Member States systematically to encrypt e-mails, so that ultimately encryption becomes the norm; (...)

    [5] (...) has promoted the porting of GnuPG on Windows and the development of a graphic interface.

    Ek weet nie so mooi wat hulle punt is nie. Daar is ’n Windows-weergawe beskikbaar by www.gnupg.org/download.html

    [6]www.cia.gov/cia/publications/inqtel

    [7]www.liquid2k.com/pv/msdomination.html. Dis ’n joke, OK?

    [8] Ook uit www.fas.org/irp/cia/product/snider.html. My klem.

    boontoe / to the top


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.