Argief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wie sal weet


          Vir Hennie Aucamp

George Weideman


     Wie sal weet
waar Dusan is en Milko en Ibrahim
die vaders en die seuns die ooms en die neefs
hulle wat gister en eergister nog
pruime gepluk en mielies geoes het
Ons kan nie rus nie
Ons kan nie huil nie
      Wie sal weet

Net die bure sal weet
ons bure hier in Vukovar
die bure wat laasjaar fluks
gehelp het om die dakteëls te pak
net Goran en Marja sal weet
van Dusan van Milko van Ibrahim
Maar Goran is skielik stokdoof
en Marja kyk anderpad

Nee -
Net die ploeë sal weet
die trekkers pruimrooi van die roes
     die ploeë en die trekkers gelaat
     langs modderige paaie
net die mieliestropers sal weet
van Dusan van Milko van Ibrahim
Want alles is net so gelaat
hier sit Milko se hoedjie nog

Nee -
Net die bome sal weet
die blare wat als toemaak buiten verdriet
     die kreupelhout waar die sampioenplukkers
     vroeër geloop het
net die akasias sal weet
van Dusan van Milko van Ibrahim
Want hulle het hierlangs gevlug
Hier het Dusan sy skoen verloor

Nee -
Net die Tiere sal weet
die wakker Sluipers van Arkan
     hulle wat die dood saai
     of dit mielies is
net die Tiere van Arkan sal weet
van Dusan van Milko van Ibrahim
Die Tiere het Ray-Ban’s en vingers
wat gladde sommetjies maak

Nee -
Net Jasminka sal weet
die meisie wat in die nag wegraak
     sy met die wange soos pruime
     wat verkleur
net Jasminka van Vukovar sal weet
van Dusan van Milko van Ibrahim
Maar haar oë is dof
en sy staar en staar in die niet
aanhoudend wring sy haar hande

Nee -
Net die kewers en die torre en die vlieë sal weet
net hulle sal weet
van Dusan van Milko van Ibrahim
     van sonderlinge ronde sampioene
     groot soos skedels
tussen die vallende blare in die woud
van trekkers en stropers en laaigrawe
rooi in hul roes

Wie sal weet
waar Dusan is en Milko en Ibrahim
die vaders en die seuns die ooms en die neefs
hulle wat gister en eergister nog
pruime gepluk en mielies geoes het

Sal die herfsblare weet?
En die sneeu wat sif oor die mostapyt?
Sal die verweerde doeke weet?
die blinddoeke in die bruin bry
tussen arms en bene wat hopie-hopie lê

Sal die maaiers weet?
die maaifoeries wat soos skuim uitkook
om ’n pot pruimkonfyt
uitkook uit die aarde
- sal hulle weet?


boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.