Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sanlam/LitNet Aanlyn-toneelskool
Moontlik gemaak deur/Supported by: Sanlam
Klik hier vir Sanlam se tuisblad

(applous)

Tertius Kapp*

Die menslike hand word gevorm deur 27 beentjies: 8 albastergrootte karpale op die gewrig, 5 langer metakarpale bene vir die palm, en 14 lang falankse vir die vingers en duim. Die opponerende duim is n unieke verskynsel by die primaatfamilie, te danke aan die artikulasie van die eerste metakarpale been met die karpale bene. Die fyn manipulerende bewegings van die hand is verder te danke aan drie stelle spiere: die duim-/tenare spiere, die pinkie-/hipotenare spiere, en die lumbrikale spiere. Die spiere is deur minstens 123 benoemde ligamente verbind aan die 27 bene van die hand. Dit is die wisselwerking tussen die tenare en hipotenare spiere, deur die stel ligamente, wat dit moontlik maak om voorwerpe styf in die hande vas te hou styf genoeg om die hele liggaam se gewig te ondersteun, indien nodig. Die vel van die hande is glabruoos haarloos. Dit kan in die strata corneum, granulosum, spinosum, germinativum en lucidum verdeel word. Die oppervlak van die vel vertoon n struktuur van papillre riwwe met n patroon wat, sover bekend, op geen ander hand herhaal word nie. Die vel word aan die bene geanker deur n intermedire laag fascia, wat keer dat die vel van die palm rondskuif om die beenstruktuur. Die hande kan deur die tenare en hipotenare spiere gemanipuleer word om twee konvekse oppervlakke, wat op mekaar pas, te vorm. En as hierdie twee oppervlakke, bedek met vel, sterk genoeg kontak maak met mekaar, veroorsaak dit n klapgeluid.

Die gebruik om die hande teen mekaar te klap as teken van waardering, is sweerlik primitief. Ons kon ewenwel ons koppe gekrap het en op en af gespring het na Romeo en Julia, of og-og-og geskree het vir nog na Baobabs dont grow here. En as ons het, sou ons niks fout gevind het daarmee nie. Die akteurs sou nog n keer uitgestap het op die verhoog, miskien steeds die gebruiklike gebaar van die bolyf vorentoe buig gemaak het, en ons sou uitgestap het in die koel nag.

Punt is, dit werk. Handeklap is een van die mees universele tekens ter aarde. Skud jou kop en s sy moenie weggaan nie, waai koebaai vir die trein as sy gaan, en fluit vanjaar vir jouself Happy Birthday. Sekere tekens verstaan bykans elke lewende mens. En in die teater is dit onmisbaar. Die ganse proses vanaf teksskryf en preproduksie tot die bou van stelle, die ontwerp van kostuums, die rel van vervoer, verblyf, bemarking, die fokus van ligte, die instel van luidsprekers1 en die uiteindelike uitstap van die akteurs op die verhoog, is gerig op di enkele gebeurtenis: een hand op die ander.

Ironies genoeg laat van die interessantste projekte waaraan ek tot dusver gewerk het, nie n konvensionele handeklap toe nie. Stukke soos De Familie Wagenaer, Skroothonde, en binnekort Sielsiek, speel nie in n teater met n verhoog af nie. Gehoorlede vind na afloop van die vertoning hulself alleen, buite die ruimte van die verhaal. Daarom selfs meer bemoedigend as mens binne hoor hoe dertig volwassenes, alleen in n parkeerterrein, skielik saam hulle hande teen mekaar klap.

Moenie verkeerd verstaan nie: die geld by die deur s belangrik. Die resensent se opinie in die koerant is nbelangrik, maar n gebonde aan die geld by die deur. En al moet mens jou nooit laat beperk deur die gehoor nie2 , bly die beste maatstaf van sukses in teater die gehoorreaksie. En: die geklap van hande is die mees betroubare indikator van di reaksie.

Waarom dan, in n land waar mense nie juis na teaters stroom nie, sou mens jou bepaal by n kunsvorm wat so afhanklik is van n gehoor? As plotgedrewe visuele kunsvorme word teater meestal opgestel teen TV en film. Afhangende van geluk en talent beweeg akteurs gewoonlik vinnig van een na die ander. Skrywers en regisseurs moet dikwels kies tussen teater en TV, dikwels een ten koste van die ander, sonder dat enigiemand kan verduidelik presies waarom. Een sekere punt is dat dit alles met geld uit te waai het. Geld klingel regdeur die hele bedryf. Sommige mense kies TV omdat daar geld is. Ander kies teater omdat TV deur geld regeer word. Sommige het nie juis n keuse nie: teater is bekostigbaar en bied aan jou kreatiewe vryheid. TV-produksies moet noodwendig, as gevolg van produksiekostes, op die grootste moontlike mark mik. Teater moet natuurlik ook sy mark so groot as moontlik hou. Maar dis makliker om n teater vol te maak met n selektiewe gehoor as om n AR-punt te kry wat jou op TV kan hou. Teater beteken met ander woorde n sekere mate van vryheid. En daarmee saam verantwoordelikheid3 .

Saam met die geklingel van die TV-skerm kom n span waghonde voor die uitsaaier se skatkis. In teater is daar geen waghonde nie. Daar is vervaardigers, en fasiliteerders. Verstaan onder eersgenoemde die regisseurs/dramaturge/produksiebestuurders. Verstaan onder laasgenoemde, in Afrikaanse teater soos hy op die oomblik staan, die kunstefees-besture. Tussen die twee kan dikwels n gesonde verhouding bestaan, en dikwels n ongesonde een. Daar is geen rede vir n ongesonde verhouding nie, ten spyte van vele kunstenaars se besware. Die kunstefees-besture staan in die ongelukkige plek tussen kuns en besigheid, en veral sommige van die feesbesture doen baie goeie werk vanuit n onbenydenswaardige posisie. Mens moet ook in gedagte hou dat die feeste vir Afrikaans gee wat geen ander taal in die land op vergelykbare skaal het nie: n platform vir teaterwerkers wat aan die begin van hulle loopbane staan. Kyk, dis nie Nederland, of Frankryk, waar kunstenaars geredelik deur hul regerings ondersteun word, nie4 . In Suid-Afrika werk die teater veel nader aan die been. Maar die algemene klagte oor feesgangers wat eerder by die gratis verho kuier, dra nie veel gewig nie. Die kunstefees bring vir jou n potensile gehoor. Dit versamel n groot groep van die mense wat miskien jou show sou kom kyk, op een plek. En as hulle eerder wil kuier en bietjie musiek luister, was hulle waarskynlik nie deel van jou teikengroep om mee te begin nie. Die feit is, daar s teaterstukke wat slaag, wat geld maak en goeie gehoorreaksie kry. Die kunstenaars moet bietjie in eie kraal ook ondersoek instel. You are not a beautiful and unique snowflake, en jou idees van wat goeie kuns is, is nie heilige koeie nie.

Maar miskien is ek net moeg geluister na klaende kunstenaars. Want daar is n paar punte wat definitief gemaak moet word met betrekking tot die kunstefeeste, en met betrekking tot Suid-Afrikaanse kultuur in die algemeen:

1. Ons is onder standaard. Daar is uitstekende kunstenaars in Suid-Afrika, maar die balans s versteur. In elke land in die wreld is daar ligte musikante wat teer op die nostalgie van gematigde konserwatiewes. Orals is daar turkoois-pienk plakkate geposeer tussen lakens wat net mooi die woord pornografie bedek. Maar hel, hier is daar baie.

2. Ons luister te veel na die Anglo-Amerikaners. Wanneer mens die eerste keer begin besef hoe ons denke deur populre kultuur uit Amerika en Brittanje gevorm is, is dit soos om die eerste keer die sonbesies te hoor: mens kan nie die besef ontdoen nie. Die halfhartige vestiging van n ster-sisteem (n uitvindsel wat saam met die stigting van Hollywood deur produksiemaatskappye aangewend is om hul films te verkoop) het ongetwyfeld n grotendeels negatiewe effek op die Suid-Afrikaanse kultuur. Een van die groot verskille tussen die Hollywood-stersisteem en die afgewaterde Suid-Afrikaanse een, is dat die Hollywood-stelsel nie deur Days of Our Lives gedomineer word nie.

3. Baie kunstenaars is gemuilband deur hulle vrees vir politiek en onvermo tot werklike integrasie in Suid-Afrika. n Kunstenaar moenie politieke ideologie verkondig nie, maar kan nie ewig wegskram van n uitbeelding van politieke prosesse en werklikhede nie.

Hierdie voor-die-hand-liggende punte is sekerlik al vele kere gemaak, en die oplossing van die probleme daarin gestel rus op die Suid-Afrikaanse kunstenaar se skouers. Ek sal nooit een wees om te s dat kuns n doel moet h nie, of dat ons almal soos n pak voorspelers moet saamwerk aan die een of ander projek nie. Wat n tragiese losgemaal sou dit nie wees nie. Nee, kunstenaars werk op hul beste soos n rebelle-weermag: sporadies, ondermynend, guerrilla-styl, met interne struweling en ekstern n mengsel van fanatiese ondersteuning en verwoede afkeur. Sonder embleem of dogma moet die kunstenaar hom soveel as moontlik betrek in die gebeure van sy tyd. En as dit nodig is, prewelend en brutaal, soos n huursoldaat in die Kongo. Maar soos n huursoldaat moet hy aan homself verantwoording kan doen vir sy werk. En daarom kan s waarom hy die keuses gemaak het wat hy gemaak het: waarom di medium, waarom di styl, waarom di woord, waarom lig di wenkbrou op di oomblik na di beligtingsverandering?

En daarom, vlugtig:

Ek kies teater omdat ek daarbinne die vryheid het om enigiets wat ek my kan verbeel en kan laat realiseer, te doen. Ek kan mense in n bussie laai en uitry na n vervalle plaashuis in die middel van die nag, waar die helfte van hulle flou val en een of twee naar word. Ek kan televisiestelle van kettings laat hang om parallelle storielyne uit te beeld. Ek kan die ongemaklike ruimtes van waansin verken en tasbaar maak vir n gehoor wat nie besef dat ons almal waansinnig is nie. Ek kan n intertekstuele verwysing maak deur bloot n akteur se hand op n sekere punt in die regte rigting te laat wys. Ek kies teater saam met teksskrywery van alle aard, bloot omdat ek stories wil vertel. In die konvensionele teks is die tekens woorde en leestekens. In teater is dit woorde en persone, stel en beligting, kostuum en aksent, musiek en haarstyl, die akteur se hees stem as gevolg van die vorige aand se viering, die aktrise se intensiteit as gevolg van dood in die familie5 , die gehoor se energie, die debutante se senuweeagtigheid en woorde (het ek genoem woorde?)6 . Die teater laat bowenal n jong skrywer toe om sy woorde te laat hoor. Soos die poststrukturaliste ons graag en dikwels niksseggend inlig: interpretasie is n betekenis-gebeurtenis wat nie herhaal kan word nie en wat oneindige vorms kan aanneem. In die teater is dit ook waar, en nog meer so in die teater lees die gehoor saam met die akteurs saam met die regisseur saam met die gehoor die teks, en interpreteer mekaar wedersyds totdat, in sommige vertonings, die netwerk so warm genterpreteer word dat mens uit die teater stap, tot op n netbalbaan in die Klein-Karoo, en s jissus.

En dis maar net een van die moontlike gehoorervarings wat geskep kan word. Wat van die oorweldiging deur n hiperrealistiese omgewing, deur die akteurs omskep tot teatrale intensiteit, sodat jy vir die eerste keer voel dat jy nou so na aan die lewe beweeg dat sy miskien jou skaduwee gaan steel? Wat van n plot wat met kousaliteit borreltjies blaas en kettings knoop? Ek glo dat vanaf enige plotpunt, daar n oneindigheid moontlike skuiwe vorentoe is. En dat daar met enige gegewe stel karakters, en n bepaalde begin en einde, n oneindigheid van plotmoontlikhede is7 . Ek glo dat die land propvol stories is8 . En al moet jy self die vervoer-beplan-bemarking-doen-posters-opsit-gaffer-plak-materiale-source-cable-ties-vastrek-stel-inmekaarsit-en-positief-klink-oor-alles, sal jy goed weet as jy nie anders kan as om daardie stories te probeer vertel nie. As jy gelukkig is, so nou en dan, sal jy beloon word met die klank van twee hande wat klap.

Voetnote

1. Tip #1: Leer so ver as moontlik om alles te doen. Hoe beter jy al die elemente van jou medium leer ken, hoe beter kan jy besluite oor die geheel maak. En, op n baie meer praktiese vlak: op een of ander stadium gaan jy dit self mt doen.

2. Tip #2: Moet ook nie in n afgeslote ruimte in jou kop besluit wat op die verhoog behoort te verskyn nie. Maar as jy van die begin af nt aan jou gehoor dink, gaan jy na n paar jaar sonder idees sit.

3. Tip #3: Dit gebeur dikwels dat die teksskrywer of regisseur ook die produksiebestuurder is. Dit plaas een persoon in n posisie waar hy of sy kreatiewe werk moet kombineer met people management, finansile bestuur, bemarkingstrategie, en interne kommunikasie. Al raad wat ek kan aanbied, is dat jy tydens produksietyd geen belangrike gesprekke met familielede of geliefdes moet aanpak nie, en miskien vir jou n skreeukamer vergelykbaar met Henry van Eeden sn moet kry.

4. Tip #4: Ons regering ondersteun wel teater. Kyk na die riglyne van die NAC en volg dit na in die beplanning van jou produksie van die skryf van die teks af verder.

5. Tip #5: Een van die wonderlike goed van teater is dat die teksskrywer kan karakteriseer tot hy blou is, die akteur gaan iets nuuts na die karakter bring. Probeer jouself verras iewers in die tydperk na teksskryf en voor repetisies begin.

6. Tip #6: Dialoog kan baie moeilik wees. My opinie is dat dialoog wat realisties probeer wees, op die verhoog kunsmatig klink en gewoonlik die spraakpatrone met n maand of twee mis. Dan raak dit eers weer oor tien jaar interessant, as monument van n tydperk. Ek dink mens moet dialoog stileer, en vir karakters interessante spraakpatrone ontwerp wat nie noodwendig bestaan nie.

7. Tip #7: Die probleem wat plot mobiliseer, kom gewoonlik neer op die konflik tussen die begeertes van agente (karakters en instansies). Mens kan iets abstraks soos n hor menslikheid begeer, mens kan iets konkreets soos vryheid of n vrou begeer, of mens kan n sak vol geld begeer. Ek hou van karakters wat sakke vol geld begeer. Maar dis net ek.

8. Tip #8: In Suid-Afrika is vervat die verhale van die hele wreld: die kultuurbotsing tussen Oos en Wes, tussen le retoriek en kreunende hongersnood, goud en atoomkrag en godsdiens, die oorspoeling tot in die postmoderne en die snel kwynende koue hande om n vuur van die premoderne, hoop en verdoemenis. Ek sien verhale die maklikste raak as allegorie van groter verhale. Maar partymaal kan mens die beste storie in n kamer tussen twee mense afgeslote van die hele wreld vind. Ek dink enige storie wat een of meer van die organe stimuleer (lees: brein, hart, lewer, ensovoorts), en hopelik n paar tergelykertyd, is die moeite werd om vertel te word.

* Tertius Kapp het al tekste geskryf, geregisseer, en toneel gespeel. As vervaardiger was hy verantwoordelik vir Harmse, De Familie Wagenaer, Terre'Blanche en Willem Anker se Skroothonde. As toneelspeler het hy al die rolle van Eugene Terre'Blanche, 'n cross-dressing franse sanger, Hendrik Wagenaer, en Gert Breekyster vertolk. Maar hy word die beste onthou vir sy vertolking van Die Dwergreus in Neels van Jaarsveld se Wit Sneeutjie en die Dwergreus. Sy Harmse het vanjaar die tweede plek in die Nagtegaal-tekskompetisie losgeslaan. As teksskrywer en regisseur sien hy uit na Al Dobberend, 'n eenmanvertoning met Neels van Jaarsveld wat by Innibos '06 debuteer. En as medeskrywer en regisseur na Sielsiek, wat by Aardklop '06 debuteer. Sy gunstelingervaring in teater is om met briljante, toegewyde, waansinnige mense saam te werk.


LitNet: 23 Mei 2006

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.