Argief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Sanlam/LitNet Aanlyn-toneelskool
Moontlik gemaak deur/Supported by: Sanlam
Klik hier vir Sanlam se tuisblad

Sokkies optrek!

Saartjie Botha*

Ek sit 'n maand of wat gelede by Vida in Kloofstraat, Kaapstad, en wag dat iets moet gebeur. Wat moes gebeur - 'n vinnige koffie met 'n ou vriend op besoek uit die Vrystaat - is onbepaald uitgestel weens die vriend se uitgebreide wyntoer vroer die oggend. Bacchus se ingryp gee my 'n paar minute om te spandeer op my gunstelingaktiwiteit: mense kyk. (Die teorie dat daar slegs een ding is wat interessanter is as mense kyk, die kyk na mense wat na mense kyk, is vir die oomblik nie ter sake nie.) In elk geval, nie lank gewag nie, toe speel die volgende toneeltjie af:

Twee bergies en 'n brak kom aangestap. Verloopte man, verdorde vrou, minus tande, met baie plooie. Die man het 'n kitaar by hom. Hulle neem stelling in. Met dramatiese omhaal vroetel die man met die snare, die vrou haal 'n geskifte ou rooi kosblik uit 'n plastieksak, knik vir die man, en maak haar o toe. Hy begin tokkel "Imagine" van John Lennon, sy trek los.

Imagine there's no heaven,
It's easy if you try.
Van 'n soet sopraan het wind en weer en wyn en swarigheid 'n heserige falsetto gemaak. Die modelle en die mooi mense met die duur sonbrille kyk gesteurd van hulle koffies op. Vir 'n oomblik het die bergie-duo die volle aandag van die besige koffiewinkel. Afsku op die gegroomde gesigte, en na enkele sekondes gaan die koffiedrinkers voort met hulle kletspraatjies en selfoonoproepe. Die bestuurder van die winkel beduie vir die bergies skoert. Hulle staan, hy speel, sy sing.
Imagine no possesions
I wonder if you can.
Op di noot staan 'n koffiedrinker op en mik-mik na die rooi kosblikkie in die vrou se hande. Sy hou die houer krampagtig vas, haar o steeds toe. Toe hy nader staan, begin die brak blaf. Voor die einde van die song het die brak minstens drie simpatieke, vrygewige toehoorders met sy geblaffery verwilder, die kosblik steeds leeg. Die koffiedrinkers word weer stiller. Hou belangstellend die tafereel dop.

Met hul tweede lied, "Islands in the stream" van Kenny Rogers en Dolly Parton, gaan dit nie veel beter nie - a-aa-ha-a - die brak sorg dat die bakkie leeg bly. Mettertyd word dit snaaks, die brak wat alle donasies wegblaf en -knor. Die bergies vertrek onverrigter sake, sonder 'n sent, skynbaar onbewus dat hul lojale vierbenige beste vriend hulle pas 'n paar rand gekos het.

Tot so ver die inleiding.

Sien die volgende as stotterende monoloog.

Ek beskou myself nie noodwendig as 'n dramaturg nie. Dis 'n titel wat kom met publikasie, of ten minste met meer as een produksie van jou teks noudat niemand meer gepubliseer word nie. Die keuse van skryf vir teater bo ander genres soos film en televisie of posie en prosa is redelik voor die hand liggend. Hoewel teater tans en altyd in erge geldnood verkeer, is die kanse met die swetterjoel sogenaamde kunstefeeste steeds beter dat jou skryfsels op die planke gaan kom as wat iemand 'n film daarvan gaan maak. 'n Relatief goedkoop film is steeds minstens 40 keer duurder as 'n teaterproduksie. Televisie is minstens 20 keer duurder as teater. Tel 'n mens die huidige jong Afrikaanse "dramaturge", di onder 35 wat die afgelope drie jaar produksies van hulle werk op die verhoog gehad het, het jy meer as tien vingers en tien tone nodig. Het daar soveel romans van jong skrywers verskyn? Nee. Bundels? Ook nie. Nuwe Stemme 3 mag vele digters insluit, maar dit bly een titel. Met die Afrikaanse pers se betrokkenheid by die kunstefeeste wat die spilpunt van Afrikaanse teater geword het, kan mens danksy die mediablootstelling tydens feeste relatief maklik in Media 24 se argief as "dramaturg" verewig word.

Vele skrywers beweer dat hulle in 'n paar dae teatertekste kan skryf. My rekord vir 'n stuk wat 60 minute gespeel het, was ses dae. Skaam om dit te erken, die letterkundige waarde van die teks glad nie goed nie, maar dit het gespeel, die land vol gereis, selfs 'n winsie gemaak. Geen ander medium kan so afgejaag word, het so min kwaliteitskontrole, is so toeganklik vir die aspirantskrywer nie. Indien 'n nuwe teks meriete het, is die kanse meer as 50 persent dat feeste dit sal aanvaar vir hul program en minstens 25 persent dat hulle dit gedeeltelik, maar darem, sal befonds. Dis heeltemal moontlik om 'n redelik goeie produksie met 'n kleinerige rolverdeling vir R120 000 te maak. Nie die ideale begroting nie, maar doenbaar. Uit so begroting kan 'n relatief junior teksskrywer tot R12 000 verdien, nie sleg vir 'n paar dae se werk nie, en heeltemal in pas met wat te verdien is uit 'n publikasie. Waarskynlik selfs meer. As teksskrywer alleen kan mens nie in Suid-Afrika oorleef nie, maar so kan baie min skrywers slegs uit opbrengste van kreatiewe werk oorleef.

Die kwaliteit van die meeste nuwe Afrikaanse tekste is, wat my betref, verdag (my eie werk hierby ingesluit). Nuwe Afrikaanse tekste wat gemik is op feeste, is selde langer as 60 minute. Vir behoorlike karakterontwikkeling het jy tyd nodig. Dinge moet gebeur: daar moet 'n aanloop wees, 'n spanningslyn moet gebou word, daar moet een of ander vorm van klimaks wees; of as jy postmodern skryf, moet daar tyd en ruimte wees vir die afwesigheid van 'n klimaks. Van 'n teksstruktuur is daar selde sprake. Sestig minute is waarskynlik te lank om binne die struktuur van 'n eenakter te werk, maar moontlik te kort vir twee bedrywe. Min teksskrywers is bewus van formele, klassieke struktuur, en skryf op gut. Daarmee het ek geen fout te vind nie, maar gut is nie noodwendig altyd reg nie. Teen die pas wat nuwe tekste gelewer en opgevoer word, is daar selde 'n rypword- of 'n herskryfproses. Jy skryf die teks, hoop om die dag wat aansoeke vir die keuring by feeste sluit, klaar te wees. Dan wag jy om te hoor of hulle dit wil h. As hulle s ja, dis vir hulle aangenaam om jou mee te deel dat jou voorlegging suksesvol was en stuur asseblief onmiddellik foto's van jou produksie, eers dan is dit nodig om weer aan jou teks te dink. Die regisseur en/of produksiebestuurder, wat heel moontlik jyself is, bel dan verwoed rond, bevestig akteurs, onderhandel salarisse, werk 'n skedule uit, soek 'n ruimte om te repeteer en binne drie weke word 'n produksie aanmekaar geklap en gelap. Kwaliteitwerk gelewer? Hoogs onwaarskynlik.

Die rol van (hoofsaaklik) Afrikaanse feeste in die bedryf bring ook mee dat baie nuwe werk 'n eksklusief Afrikaanse-gemeenskapsteater-gevoel het wat in 'n behoorlike teater amateuragtig oorkom. Universele temas is in so 'n mate verhul in tipies Afrikaanse kultuur en humor dat dit oppervlakkig en gemaklik word, en ontoeganklik vir 'n gehoor wat nie bekend is met 'n tipies Afrikaanse kultuur nie, wat 'n tipies Afrikaanse kultuur dan ook al mag behels. Gehore word selde uitgedaag, ontstem, aan die skouers geruk. Te begrype - Afrikaanse gehore hou van lag en val keer op keer vir goedkoop sentiment. As dit is wat die aanvraag is, waarom dan die moeite doen om iets anders op te dis.

Ek sou egter wou hoop en glo dat daar tog rens iets oor is van die respek wat 'n mens vir teater as heilige grond behoort te h. Dat die verhoog weer die plek sal word waar daar ongenhibeerd, maar verantwoordelik en gemotiveerd, met die mens en die lewe in al sy en haar verskriklikheid omgegaan kan word. Nie noodwendig swaar en somber nie, maar ten minste met diepgang. Dat nuwe tekste nie noodwendig grensverskuiwend en vars hoef te wees nie, maar integriteit het, aanspraak maak op intellektuele en psigiese energie van die gehoor. Of ten minste die vakmanskap van akteurs en regisseurs slyp. Want so is dit: 'n produksie dien in die eerste instansie altyd die teks. Dit is die vertrekpunt; sonder 'n teks kan daar geen produksie wees nie.

Dit is my diepe oortuiging dat die kwaliteit van teater in Suid-Afrika, maar spesifiek wat Afrikaanse produksies betref, drasties sal verbeter indien nuwe tekste van 'n hor gehalte is. Indien teksskrywers meer tekste lees voor hulle hulle hand op papier waag. Besef dat hulle ander se vertonings moet bywoon, van goeie en swakker gehalte - mens leer dikwels meer uit ander se foute as ander se briljantheid. My gevoel is dat min teksskrywers die potensiaal van teater as medium behoorlik deurdink voor hulle wegval met nog 'n "sestig-minuut-my"-formulewerk-benadering. Dat hulle nie soepel in beheer van die taal is waarin in hulle skryf nie. Dat daar nie aandag gegee word aan iets so basies soos ritme en variasie in sinskonstruksie en spraakpatrone van verskillende karakters nie.

Kollegas en ander mag verskil. Maar ek staan by my punt.

My punt dus (steeds stotterend): vyf minute van kyk na die singende bergies en die reaksie van die toehoorders op hulle en hulle brak het vir my meer meriete as straatteater gehad as meer as die helfte van die 24 Afrikaanse produksies wat ek die afgelope jaar gesien het. In daardie vyf minute was daar soveel pyn, soveel dekadensie, soveel oorgawe, soveel humor, menslikheid en deernis, soveel kompleksiteite in terme van klassestand, rassisme, vooroordeel en kousaliteit. Daar was selfs skoonheid. Sonder dat 'n woord ges is. Die lirieke en melodie was merendeels vaagweg gebaseer op die oorspronklike. Die uitvoering en aanbieding was so gehawend soos die twee musikante.

Maar dit was eg. Dit het mense geroer en geraak. Vermaak. Stilgemaak. Dis wat teater behoort te doen. Dink ek.

Sokkies optrek. Almal van ons. Ja.




* Saartjie Botha is dramaturg en teater-impresario. As dramaturg verwerf sy lof vir veral Spanner, Die Goue Seun en 1975. As vervaardiger het sy onder die vaandel van die produksiemaatskappy Vleis, Rys & Aartappels reeds 32 produksies op haar kerfstok, wat Aars! van Peter Verhelst, Tom Lanoye se Mamma Medea en Astor Piazzolla se tango-operita Maria de Buenos Aires insluit. Sy is ook betrokke by gemeenskapsteater op wynplase in die Boland. Sy het 'n coffeeshop bestuur voordat sy in 2001 voltyds in die teater begin werk het. Die totstandbring van 'n permanente teatergeselskap is haar volgende doelwit. Sy woon in Kaapstad en doen deesdae gereeld vryskutwerk vir INSIG.


  • Terug na die Toneelskool bydraes

    Wil jy op Saartjie Botha se bydrae reageer? Stuur vir ons n e-pos na webvoet@litnet.co.za.




    LitNet: 29 September 2005

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.