Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

No Room for Squares

Rigtingwyser vir Suid-Afrikaanse teater: ’n resensie en ’n stukkie besinning

Jean Meiring

’n Wit buffel storm in die pad op en klop met ’n swart stem teen die deure van huise. Sonder uitnodiging en sonder seremonie word hulle dan te pletter gegaffel. Dis Sophiatown in die dae: die swart en bruin inwoners word uitgeboender om plek te maak vir die onstuitbare triomfgang van apartheid. Als in die naam van vooruitgang, natuurlik.

Vreemd dan dat di gelade toneeltjie in Coco Merckel se eenman-produksie No Room for Squares — wat onlangs by die Baxter-teater in Kaapstad tot ’n einde geloop het en reeds etlike suksesvolle speelvakke in Johannesburg en Harare beleef het — wilde, vreugderyke lagbuie ontketen het. Of moontlik is dit juis ni vreemd nie: die meerderheid van die gehoor was tienderjariges. Maar wel tieners uit Merckel se eie — die bruin — gemeenskap. ’n Mens vergeet gou hoe kort ’n generasie se geheue is.

Merckel, bekend as die karakter Witboy in die televisiereeks Suburban Bliss, maak draadkar-teater: hy skep met die karigste rekwisiete — die vernaamste waarvan hyself is — ’n geloofwaardige en by tye boeiende reeks karakters uit sy jeugwreld, met impressionistiese hale.

Hy neem die gehoor kamma op ’n bustoer deur die eertydse Sophiatown. “Het enigeen die busbestuurder gesien?” vra hy grootoog, soos hy aan die begin van die vertoning onaangekondig van agter in die teater verhoog toe slenter. Geen antwoord. Merckel is self daardie drywer, of outeur, wat die verhaal van sy jeugwreld op die verhoog verlewendig. Dit is die verhaal van die bruin gemeenskap van Sophiatown — ’n gemeenskap waarvan ’n mens maar min weet.

Nie dat dit egter vl van ’n verhaal is nie. Merckel laat sy wemeling karakters hulself een-een voorstel. Veral die vuilbek-oom, Pubs, wat pal teen ’n boom buite die Merckel-woning — n in Merckel se geheue — aanleun en obseniteite spu, is kleurryk en ontlok voorspelbaar skreiende lagaanvalle. En gapende ongeloof by die twee Japannese toeriste neffens ons wat die fout begaan het om te dink dat die vertoning in Engels — soos die kwien en onderwysers van Engels-vir-vreemdelinge dit pleeg — sou wees.

Op die verhoog is daar ’n jazz-orkes wat ’n agterdoek n klankbord vir die vertoning skep. Coco se pa, Bobby, streel die saksofoon met die sagte hande waarmee ’n minnares meer vertroud sou wees; sy oom Hendry (k Merckel) speel die klawerbord; Jesse Mogale is op die kontrabas. Ook sy pa en oom word as karakters in die vertoning ingeweef — hulle is immers integraal deel van die jeugherinneringe wat Coco oproep.

Maar ongelukkig bly Merckel se karakters — karikature? — bloot flitse helder kleur. Nooit slaag hy werklik daarin om hulle te verdiep nie, om te toon dat hulle uit meer komplekse skakeringe en kleurkontraste bestaan nie. Moontlik is hierdie beswaar onbillik, en is dt ’n bietjie te veel gevra van ’n stuk wat maar ’n aks meer as ’n uur duur.

Merckel het bepaald ’n ruwe sjarme en ’n oorvloed talent en charisma. Hy is die ondeunde seun-van-langsaan wat sleepvoet en met grashalm in die mond hanswors speel, wat vloek om te skok en sonder bo-tande is want dit soen so lekker. En wat ’n sterk regisseur nodig het 

Die indruk is by hierdie teaterganger gewek dat regisseur Robert Colman se hand nie sterk genoeg in die stuk te sien is nie. Dt is in laaste instansie die produksie se grootste gebrek. Ja, hierdie is inderdaad die Merckels se verhaal — ’n verhaal van leed n van geluk, maar bowenals ’n verhaal van gewone mense wat te kampe het met ’n buitengewone wreld. Maar dikwels — nee, stellig altyd — baat ’n storie onmeetbaar by ’n objektiewe oog en hand. Hoe meer persoonlik ’n storie is, hoe meer waarheid steek daar in hierdie adagium. Colman is volgens alle aanduidings ’n te afwesige regisseur.

Dt kan die enigste verklaring wees vir die feit dat No Room for Squares nie veel netjieser byeengetrek is nie. Dat Merckel se lyftaal en lewering dikwels eentonig en ongedifferensieerd is. Dat ’n vertoning van net meer as ’n uur deur ’n hoogs talentvolle jong akteur nie meer van ’n bliksemstraal-effek het nie.

Ten spyte van my bedenkinge oor aspekte van die produksie is daar ’n bepaalde versiendheid omtrent hierdie projek. ’n Gevoel van “iets klop hieromtrent” vat pos. Dt, dames en here, is die Suid-Afrikaanse teater van die toekoms. Dit is die teater van Ellenbogen en van Buckland. Ook van Ellis Pearson en Bheki Mkwane. Dit is teater wat op die allerkarigste begroting, uit niks iets maak. En natuurlik ook teater wat ons eie — merendeels klein, maar terselfdertyd dikwels grootse — stories eenvoudig dog boeiend vertel.

Met die uiters terneerdrukkende sarsies nuus van verdere besnoeiings van die staat se finansile steun vir die uitvoerende kunste raak dit onvermydelik dat Suid-Afrikaanse regisseurs hulle al hoe meer op ’n tipe inheemse minimalisme sal moet beroep. Dit is ’n benadering wat plaaslike teaterlui vir ’n ruk reeds volg, n waarmee hul buitengewone sukses behaal het.

In die verwende Londense teaterwreld word die resente Markteater-produksie van Fugard se The Island, wat tans weer daar op die planke is, en The Mysteries, wat onlangs in die Wes-Einde geopen het en waaraan al wat resensent is, vyf sterre toegeken het, as van die twee beste produksies in daardie stad oor die afgelope twee jaar beskou. ’n Mens kan hierdie aanslag — in die woorde van Merckel se karakter Pubs — beskryf as ’n doelbewuste poging om van al die “complicated kak” ontslae te raak, en te fokus op die blote storie.

Dit ges, wonder ek nou nog wat die twee Japannese toeriste oor aandete oor hierdie stuk te s gehad het. Gelukkig het Coco hulle darem teen die einde van die vertoning onderskeidelik ’n MTN-sleutelhouer en -waterbottel — met die komplimente van die borge — in die hand gestop.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.