Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Salaam Stories nog nie die grootse drama waarna Pansa op soek is nie

Ziegfried Ekron

Teks: Ashraf Johaardien
Regie: Neville Engelbrecht
Musiek: Meryl van Noie
Met: Roshina Ratnam, Chad Abrahams, Ashraf Johaardien, Sufeyah Ryklief, Johaardien, Niquita Ayesha Arendse.


Tensy jy vooraf Salaam Stories kon lees of een van daardie praatsieke vriende of familielede het wat elke klein besonderheidjie van hul jongste fliek- of teaterervaring aan jou opdring, is dit bittermoeilik om vooraf verwagtinge oor diť stuk te koester. Ashraf Johaardien se teks oor die Kaapse Moslem-gemeenskap val nie maklik binne erkende genres nie, maar kan waarskynlik die beste beskryf word as ’n woordkunsproduksie.

Soos die titel aandui, gaan dit hier nie oor een sentrale verhaal nie, maar oor stories van Moslem wees. Johaardien probeer in diť merendeels outobiografiese stuk na antwoorde en oplossings soek vir die dilemma wat ontstaan vir navolgers van die Moslem-geloof in ’n sekulÍre Westerse samelewing.

Die stuk lewer nie definitiewe politieke of sosiale kommentaar nie, maar tob eerder oor Johaardien se eie ervarings sonder om tot ’n bevredigende slotsom te kom. Salaam Stories slaag daarom nie daarin om meer insig in en begrip vir die Moslem-gemeenskap te kweek nie, maar gee bloot ’n geleentheid om die wÍreld uit diť perspektief te beskou. Wedersydse agterdog en misverstand wat deur gebeure van 11 September 2001 aangewakker is, kom ook onder skoot, maar dit is eerder die beskrywings van ’n lewe as ’n Kaapse Moslem, “of sommer net plein Slams”, wat die blywende indruk laat.

Die teks is deurspek van Maleise woorde en uitdrukkings, wat goed by die hoofsaaklik Moslem-gehoor aanklank gevind het, maar dit laat die buitestaander steeds in die donker, die woordelys op die program ten spyt. Dis partykeer ook moeilik om die snelvuur-ritme van die (soms onduidelike) dialoog te volg.

Die atmosfeer wissel van bykans esoteries godsdienstig tot lighartig, wanneer stereotipes soos Hadji Taylor, ’n Maleier-kleremaker, aan die woord kom. Dan is daar ook die aweregse liefdesverhaal van Faizul en Fatima, wat wil-wil dreig om platvloers te raak. Op ’n meer somber noot vertel Johaardien ook van die werklikhede en wreedhede van apartheid wat selfs nie kinders oorgeslaan het nie. Net soos gebedsmatjies en pelgrimstogte na Mekka ’n onlosmaaklike deel van hul geloof is, so ook is apartheid en die Groepsgebiedewet ’n onmiskenbare deel van die Maleier-geskiedenis.

Op 28-jarige ouderdom maak Johaardien geen geheim daarvan dat hy te jonk is om Distrik Ses te onthou nie, maar die gesamentlike geheue staan steeds vas, met ook verhale van slawerny onder eers die Nederlandse en later die Britse koloniale regerings aan die Kaap. Stukkies van Maleise sprokies wat met die teks verweef word, herinner intussen dat Wolraad Woltemade, Antjie Somers en Van Hunks en sy pyp nie die enigste eg Kaapse kinderverhale is nie.

Dit is ook waar die krag van die stuk lÍ. Ons word daaraan herinner dat geen bevolkingsgroep die alleenreg op drama en teater in Suid-Afrika het nie. Elkeen het ’n storie om te vertel en dŪt is waarskynlik hoekom Johaardien se teks verlede jaar deur die beoordelaars van die Spier-Pansa-Fees bekroon is.

Die behoefte aan ’n teaterervaring in die Moslemgemeenskap wat meer bied as die jaarlikse Maleierkoorkompetisie, word bevestig deur die massas mense wat na die Baxter gestroom het om die produksie te sien. ’n Meer intieme venue as die Baxter se reusagtige konsertsaal sou bes moontlik die stuk beter tot sy reg laat kom het. Die vertellende styl van die produksie leen hom eerder tot studio-tipe-teater en die minimalistiese stel word verdwerg op die kolossale swart verhoog. (Te oordeel aan die volgepakte saal by die laaste vertoning daar sou ’n kleiner saal egter eenvoudig nie prakties gewees het nie.)

’n Groot gehoor sorg ongelukkig dikwels ook vir groot irritasie. Hoewel die akteurs duidelik die ondersteuning van ’n stel mikrofone en ’n klankversterker geniet het, het dit soms steeds geklink soos ’n ou grammofoonplaat onder die geritsel van lekkergoedpapiere en die gemurmureer van onbedagsame gehoorlede. Die akteurs moes in die eerste helfte van die vertoning ook hard op hul woorde konsentreer toe ’n groep van bykans veertig laatkommers saam met die plekaanwysers ’n grootskaalse soektog in die donker na verspreide sitplekke op tou gesit het. Hiervoor moet die bestuur van die teater natuurlik die blaam dra.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.