Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Tip en ander titels

Jean Meiring gesels met dramaturg en teater-impresario Saartjie Botha oor haar onlangse stuk Tip, en oor ander dinge.


JM: Jy word allerweŽ as “die nuwe groot stem” in die Afrikaanse teater bestempel. Watter verwagtinge en verantwoordelikhede bring so ’n betiteling mee? Is dit nie op die ou end vir jou as kunstenaar stremmend om so vroeg so ’n swaar vergulde kleed om die skouers gehang te word nie?

SB: Verwagtinge en betitelings maak my ongemaklik, en die sogenaamde kleed is bietjie benoud. ’n Mens trek dus maar liewer die kleed so vinnig as moontlik uit. Op ’n manier is ek nou gatvol om myself te regverdig, om alewig gekonfronteer te word met sogenaamde titels van”die nuwe stem”. As skrywer is ’n mens gedurig op soek na jou stem. Wat my betref, het ek geen stem nie. Hůť mense my werk beoordeel, is verwyder van myself en my eie persepsie van my werk.

JM: Tip, jou mees onlangse verhoogstuk, het gehore en kritici onlangs by die Aardklop Nasionale Kunstefees op Potchefstroom in vervoering gehad. Was hulle reaksie geregverdig?

SB: Enige reaksie is geregverdig - teater is by uitstek ’n medium wat iets in jou moet roer of raak, en reaksie het, wat my betref, altyd ’n groot skoot subjektiwiteit by. Ek dink nie Tip is my beste teks tot dusver nie; dit is kommersieel gerig en dan bly daar seker maar noodwendig ’n stuk kreatiwiteit en integriteit in die slag. Ek is wel baie tevrede met die uiteindelike produksie: Christine Truter het haar goed van haar taak gekwyt as regisseur en die vier akteurs, Antoinette Kellermann, Lindie Stander, Lorraine Burger en Malan Steyn lewer goeie spel. Ek dink die produksie is beter as die teks.

JM: Vertel vir ons van die ontstaansgeskiedenis van hierdie stuk.

SB: Tot dusver het my tekste meestal ontstaan uit waarneming. Ek het vir amper vier jaar ’n koffiewinkel bestuur en omtrent 16 uur per dag daar deurgebring. Vanselfsprekend sou ek een of ander tyd daaroor skryf. Vir my is die kelner-kliŽnt-verhouding oneindig interessant; ek dink nie ek is klaar geskryf oor die onderwerp nie. Ek verkies ook om ’n stuk rondom ’n bepaalde akteur te bou; in Tip se geval was dit Lindie Stander, wat toevallig ook ’n reputasie het as ’n uitstekende kelner.

JM: Wat maak Tip so ’n buitengewone toneelstuk?

SB: “Buitengewoon” is nie ’n gepaste adjektief nie. Dit is wel ’n eksperiment in styl en ek dink die vermenging en jukstaponering van style werk redelik goed. Stand-up comedy word gekombineer met teater van die absurde; ’n tipe sitcom-styl kry bestel naas die karnavaleske.

JM: Wat is jou reaksie op stemme wat op Potchefstroom opgegaan het en Tip as homofobies bestempel het? Waarop is hierdie beskuldigings gebaseer, en dink jy daar was enigsins regverdiging daarvoor? Het jy nou as ’n moffie-kastyder uit die kas geval?

SB: Nee wat, ek dink nie Tip is hoegenaamd homofobies nie. Daar is ’n verwysing na die “moffie manager” en ’n kort send-up deur een van sy eks-werknemers. Die stuk is geensins polities korrek nie - ’n komedie sal nie slaag as dit ’n vereiste moes wees nie. Die moffie manager is nie net lukraak betrek omdat daar toevallig heelwat gays in die gasvryheidsbedryf werk nie. Al die verwysings deur persone in Tip is juis na gemarginaliseerdes: die moffie manager, die lesbian waiter, die macho seksuele teisteraar, die meide in die kombuis. Elke karakter het ’n eie konfrontasie met eensaamheid en outsiderskap, nie juis teelaarde vir groot begrip vir die ander nie.

JM: Vertel asseblief van die ander projekte waarby jy by Aardklop betrokke was.

SB: Aardklop was ’n onsinnige oefening. Dit is tekenend van die bedryf waarin ons ons bevind. Jy moet soveel as moontlik doen as jy die geleentheid het, en ek weet eerlikwaar nie of die postfees-moegheid diť oefening regverdig nie. Ek is saam met Marthinus Basson en Jaco Bouwer aan die stuur van die produksiehuis Vleis, Rys & Aartappels. Ons het ses produksies op Aardklop gehad: Die Goue Seun, Huis, Vullis, Letsels, Tip en Mamma Medea, wat ook by KKNK en Oude Libertas aangebied gaan word. Diť produksie was ’n wonderlike nagmerrie. Elke slapelose nag wat dit my gekos het, was die moeite werd.

JM: Wat is die volgende stuk(ke) wat jy aanpak? Vertel ons meer daarvan.

SB: Ek is tans besig met die verwerking van Annelie Botes se roman Raaiselkind vir die verhoog. Dit sal op KKNK te sien wees. Ander produksies in die pyplyn vir KKNK is Poeier, ’n komedie oor osteoporose en pille, en Balle, ’n komedie oor mans en pool. Tip sal hopelik ook verdere speelvakke hÍ.

JM: Wat sÍ jy van die onlangs afgehandelde Nagtegaal Teksskryf-kompetisie? Sing hierdie voŽls met ’n helder stem? En hoekom - dink jy - sing hulle skielik so luid?

SB: Ek is hoegenaamd nie vertroud met die gebruike of tradisies rondom diť singende voŽls nie. Maar as hulle geld vir skrywers wil uitdeel, maak dit my gelukkig.

JM: Wat is jou gunstelingtoneelstuk in enige taal of letterkunde, en waarom?

SB: Dit is onmoontlik om een stuk uit te sonder. Ek haat dit om dramas te lees; dit het tog te make met die totale produksie - teks ťn opvoering. En ’n mens se smaak verander gedurig. Verder het bui en psigiese gesteldheid ook ’n bepalende invloed op die groot gunsteling van die oomblik.

JM: Iemand sÍ nou die dag vir my (en ek haal natuurlik verbatim aan): “Iemand moet daardie Ilse-Mari tjerrie van Big Brother II op die verhoog sit.” Hoekom doen jż dit nie?

SB: Ilse wie? Die bedryf gaan nie oor personalities en kitsroem nie. Dit is ’n oneindige, komplekse kunsvorm. Die Ilse-tjerrie kan miskien ’n kiem vir ’n karakter wees, maar ek sidder aan die blote gedagte dat akteurs krepeer van ellende terwyl eennagvlieŽ bloot ter wille van publisiteitswaarde geleenthede kry wat hulle nie toekom nie en waarvoor hulle beslis nie opgelei is nie.

JM: As jy vyf dinge omtrent die Klein Karoo Nasionale Kunstefees of Aardklop kon verander, wat sou hulle wees?

SB: Die gratis verhoŽ bring meer verdriet as vreugde. Ek voel ongelooflik ernstig oor gehoorontwikkeling, maar dit is NIE die manier om dit te doen nie. Minder produksies moet befonds word, en eerder ordentlik befonds word.

Die feeste moet daadwerklik iets doen aan die behoud van tradisionele teaters. Een of twee produksies per fees behoort uitgesonder te word om in teaters aangebied te word.

Daar moet minder klem gelÍ word op nuwe tekste. Daar is ’n skatkis van Afrikaanse tekste en vertalings wat beter is as die meeste halfgebakte tekste wat opgedis word, en ek sluit my eie werk daarby in.

Die volgende liedjies behoort nie by kunstefeeste toegelaat te word nie, omdat dit, wat my betref, pornografies is: “Liewe Lulu”, “Meisie Meisie”, “Skarumba” en talle ander wat ek nie nou wil noem nie, uit vrees dat ek dit nie uit my kop sal kan weer wanneer ek gaan slaap nie.

JM: Baie dankie, Saartjie. En alle voorspoed met jou volgende projekte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.