Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Deon Opperman gaan aan

Anton Krueger in gesprek met Deon Opperman

(Vrae 1-8 deur Anton Krueger, vertaal deur Jaco Fouch. Vraag 9 deur JF.)

JC Kannemeyer se voorspelling verlede jaar met die vrystelling van VyfMylPaal in Februarie was toe akkuraat, en die Hertzogprys vir 2005 is deur Deon Opperman gewen. Die prys word al sedert 1914 toegeken en is nie net die oudste erkenning vir Afrikaanse literatuur nie, maar ook die een met die meeste prestige.

VyfMylPaal
bestaan uit twintig jaar se skryfwerk en sluit die voorheen gepubliseerde dramas Mre is 'n Lang Dag (1986) en Stille Nag (1986) in, asook die voorheen ongepubliseerde stuk Magspel, en sy mees onlangse drama, Boesman, my seun.

  1. Deon - jy't seker meer nasionale toekennings vir 'n groter verskeidenheid artistieke bedrywighede gewen as enigiemand anders in Suid-Afrikaanse teater. Die Hertzog is maar die mees onlangse een in 'n lys wat die Eugne Marais, die Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar, 'n Kanna, 8 Vitas, en 'n Fleur du Cap insluit. Hoe voel dit om die mees hoog aangeskrewe Afrikaanse literre toekenning te kry? Wat dink jy van toekennings en die rol wat hulle speel? Is hulle nodig om Afrikaanse literatuur te ondersteun en te onderhou?

    'n Toekenning is per definisie 'n erkenning van werk waarmee jy self reeds klaar is. So dis soos 'n stem uit die verlede. Maar dit ges, dit is altyd lekker as jou werk erken word, veral so 'n sterk publieke erkenning as wat die Hertzogprys is. Ek het nog nooit 'n issue met toekennings gehad nie, maar mens moet hulle in perspektief hou, want jy moet nog steeds opstaan elke dag en jou werk gaan doen, jou brood verdien, ens. Is hulle nodig om Afrikaanse literatuur te ondersteun en te onderhou? Afrikaanse literatuur - inderdaad alle literatuur - het bestaan lank voor daar pryse was. Ek dink eerder pryse is die manier waarop 'n kultuur of selfs 'n bepaalde industrie 'n gesprek met homself voer, en s: "Wat ons doen maak saak."

  2. Jy het in jou loopbaan verskillende rolle gespeel, soos toneelspel self, maar ook regisseerwerk, vervaardiging, onderrig en skryf. Jy het ook al 'n aantal winsgewende sake bedryf. Hierdie jaar het jy gehelp met die produksie van Backstage, en nou waag jy jou hand aan 'n nuwe genre deur die lokettreffer-musiekspel My Fair Lady te vervaardig. Wat beteken jou betrokkenheid by so 'n groot skouspel vir jou?

    Ek is tans die vervaardiger van Backstage en musiekspel is nie 'n nuwe genre vir my nie - ek het as akteur daarin grootgeword. Trouens dit is 'n voorliefde. Die rede hoekom ek eers sedert Vere 'n paar jaar gelede, en The Sound of Music verlede jaar, intens by die vervaardiging daarvan betrokke geraak het, is eenvoudig dat dit tyd geneem het om die nodige kapitaal bymekaar te maak om sulke duur produksies op die planke te bring. My Fair Lady kos amper wat 'n hele fees soos Aardklop of KKNK in sy geheel kos. Ek wou ook eers my MBA min of meer klaar maak voor ek sulke kapitaal waag, sodat ek die nodige finansile kennis en risikobestuursvaardighede kon verkry.

  3. Van jou vorige dramas was uitdagende stukke waarmee jy gehore kon intrek in 'n wreld wat geheel en al onbekend aan hulle was. Ek dink spesifiek aan stukke soos Whore en Nipple Caps & G-Strings, maar ook dramas soos Magspel en Boesman, my seun. Jy het 'n wye terrein verken met jou dramas en jou vryheid gebruik om nuwe materiaal te ondersoek. Dink jy dat jou betrokkenheid by "groot" produksies soos Backstage en My Fair Lady jou kreatiwiteit beperk het? Onderskei jy tussen "ernstige" en "gewilde" drama?

    Inteendeel. Dis baie moeiliker, volgens my ervaring, om 'n Backstage of 'n My Fair Lady te vervaardig. Die goed is enorm en verg kreatiewe insette van groot spanne kunstenaars wat almal gelei moet word om dieselfde visie te dien en uiteindelik konkreet te maak.

    Wat betref die "ernstige" en "gewilde" debat Ek verstaan nooit hierdie vraag nie, want wat is "ernstig", wat is "gewild"? Hoe groot moet 'n gehoor wees voor die stuk as "gewild" bestempel word? Daar is produksies in klein teaters van 'n honderd sitplekke, by feeste byvoorbeeld, wat uitverkoop en ekstra vertonings moet skeduleer. Dit is per slot van rekening dan 'n gewilde produksie - ongeag die onderwerp. Is 'n stuk ernstig omdat niemand daarin lag nie? Ek verstaan nie hierdie debat nie.

  4. Ek het onlangs gelees dat Athol Fugard lugtig was oor die skryf van 'n roman, omdat hy gemeen het 'n mens moet kies tussen genres. Voel jy soms verskeur tussen genres en verskillende aktiwiteite? Hoe bestuur jy jou tyd tussen projekte? Pak jy 'n verskeidenheid dinge tegelyk aan of werk jy intensief aan een ding op 'n slag?

    Ek maak teater van enige genre. Prosa is glad nie my ding nie. Ek skryf ook graag nou en dan sonnette, maar di sal nooit in my leeftyd gepubliseer word nie. Wat wel soms moeilik raak, is die multifokus wat ek daagliks moet regkry. Ek wissel op 'n dag tussen regie van My Fair Lady, operasionele vergaderings vir Backstage, statistieke en navorsing vir besigheidsbesluitmodelle waarin ek 'n "corporate consultant" is, bemarking van huidige projekte, lei van skryfspanne, ontwikkeling van nuwe produkte, en beplanning van kapitaalstrukture en kontantvloei. Die aandelebeurs fassineer my ook, so ek maak elke dag tyd om met 'n paar aandele rond te neuk.

  5. Jy is een van die stigters van wat moontlik die beste filmskool in Suid-Afrika is (AFDA). Is jy nog baie betrokke daarby? Ek het van oudstudente van jou verneem dat jy 'n omstrede en uitdagende leermeester was, en dat jy hulle altyd laat dink het. Mis jy die klasgee?

    Ek is nou slegs by AFDA betrokke in my hoedanigheid as aandeelhouer en woon een keer 'n jaar die algemene vergadering by. Ek mis nie die klasgee nie, want ek het myself altyd eerder as 'n mentor beskou as dosent, en ek mentor nou daagliks 'n paar jong kunstenaars in wie se talent ek diep glo.

  6. Ek het vanoggend op hierdie aanhaling van Wordsworth afgekom: "Every great and original writer ... must himself create the taste by which he is to be relished." Jy het voorheen op LitNet geskryf oor die belangrikheid van bemarking, of meer presies, oor jou mening dat bemarking die proses is waarvolgens nuwe produkte vir bestaande behoeftes gereguleer word. Maar dink jy die behoeftes bestaan reeds voor die werk? Kan die kunstenaar nie nuwe behoeftes skep nie? Dink jy jou dramas het 'n gehoor gevnd of geskp?

    Dis 'n omstrede debat hierdie, maar op die ou einde glo ek dis verwaand of paternalisties om te dink dat jy 'n mark kan skep. Picasso, byvoorbeeld, het 'n gehoor gevind, nie geskep nie. Bemarking se hooftaak is om daardie gehoor uit te snuffel en dan produkte te skep wat met hulle kommunikeer. Jy kan maar soveel as wat jy wil 'n produk op TV adverteer, maar as die verbruiker dit nie wil h nie, dan is daar min wat jy daaraan kan doen. Die kunste is ook 'n produk, soos waspoeier, en die mense wat kuns koop, is eenvoudig kunsverbruikers. Die besigheidsprinsiep bly dieselfde.

  7. Jy het al seker meer feeste as enigiemand anders gedoen, van die Kalfie tot Innibos. Maar jy was nie verlede jaar in Grahamstad nie, en die feit dat ons nou besig is met hierdie onderhoud, beteken jy is ook nie by hierdie jaar se KKNK nie. Bied Profest nog vertonings aan by feeste hierdie jaar?

    Ja, Profest was daar. Eric Nobs is die uitvoerende direkteur van Profest. Ek self is nou minder by die feeste, want dis nie winsgewend om daar op te tree nie. Aardklop het my gevra om vir volgende jaar se fees 'n nuwe drama te skryf, en dit sal ek doen, omdat dit nie in daardie geval vir my oor profyt gaan nie, maar eerder oor eie plesier - "personal indulgence" - soos wildtuin toe gaan, of 'n reis oorsee.

  8. Jy is eerder 'n vervaardiger as 'n verbruiker - "a producer rather than a consumer". Maar watter vorme van kuns/media verbruik jy wel? Kyk jy televisie? Lees jy boeke? Gaan jy fliek toe, of opera toe? Lees jy koerant?

    Ek lees baie - meestal feitelike boeke. In die afgelope paar maande het ek byvoorbeeld Capital Ideas, Against the Gods, The Birth of Plenty, A Mathematician Plays the Stock Market, en The Real Cost of Capital gelees. Ek kyk ook omtrent agt films per week, wat moontlik is omdat ek my sitkamer in 'n moviehuis omskep het. Ek gaan elke nou en dan teater toe, en ek lees nooit koerant nie - ek vind dit oor die algemeen sensasioneel en vlak.

  9. (JF) Jy kry dit reg om telkens met iets nuuts vorendag te kom. Daar is op die oomblik (seker al lankal) gesprek onder Afrikaanse mense oor die plek van die Afrikaanse man in die land. Dis asof diegene wat nog byvoorbeeld nasionale diensplig onthou, soms nog steeds nie aan iets anders kan dink nie. As skrywer van 'n stuk soos Mre is 'n Lang Dag en ook Stille Nag en Donkerland, wat al drie raak aan die ding oor die Afrikanerman, dink jy daar is 'n sluimerende trauma in ons kollektiewe psige? Ek bedoel, mense praat oor jong swart mans wat met woede rondloop, maar is daar nie iets soortgelyks, hoewel dalk in 'n ietwat ander gedaante, in Jan, Piet en Koos aanwesig nie? As daar is, interesseer hierdie soort van ding jou nog? Of kyk jy wyer as 'n spesifieke taalgroep?

    Mense vergeet dat die onderdrukker net soveel, indien nie meer as die onderdrukte is nie. Die Afrikaanse man het sonder twyfel woede in hom, gebore uit vrees. Dis ook baie moeilik om jou ervarings in 'n oorlog te vergeet. Myne l nog vlak by my (en dit was 25 jaar gelede) en ek droom dikwels daaroor. Wat hierdie spesifieke tema betref: ek skryf oor dinge waaroor ek huidiglik dink en probeer dan sorg dat wat ek skryf, op so 'n wyse gestel word dat dit met so wyd as moontlik 'n gehoor praat.

  10. Hoe voel dit om beroemd te wees?

    Ek is nie beroemd nie. Ek is in 'n klein uithoekie van die wreld onder 'n baie klein segment van die bevolking bekend. In Suid-Afrika is Steve Hofmeyr beroemd; in die wreld is hy onbekend. Madonna is beroemd. Robbie Williams is beroemd. Ek is cool daarmee. Soos die agent aan die einde van Jerry Maguire ges het: "I love my life, I love my wife and I wish you my kind of success."





LitNet: 05 Mei 2006

Wil jy reageer op hierdie onderhoud? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.