Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Klik hier vir Moedersdaggeskenke!

The Music of Queen

Vincent Pienaar

Joseph Clark
Johannesburgse Civic Teater, Braamfontein, Johannesburg

In die vroeŽ negentigs, toe die wÍreld bespiegel het wanneer Nelson Mandela vrygelaat gaan word en wanneer Freddie Mercury gaan sterf, was daar 'n oneindige stroom van Queen shows en Freddie Mercury look-alikes - die meeste van hulle onsuksesvol. Selfs George Michael kon dit nie regkry om daardie rol bevredigend te vertolk nie.

By 'n jazz-konsert het 'n persoon wat haar musiek elektronies verkies, die stelling gemaak dat die musiek nie sleg was nie, maar dat die groep te veel "covers" gedoen het. Ek het die versoeking weerstaan om haar daarop te wys dat daar met jazz van "standards" gepraat word en begin wonder wat die verskil is. Ek dink 'n standard kry mens wanneer die kunstenaar 'n ander kunstenaar se liedjie doen en dit interpreteer, soos wat Norah Jones byvoorbeeld doen met Hank Williams se "Cold, Cold Heart", en dit is fine - in hierdie spesifieke geval, meer as fine. 'n "Cover" is die soort ding wat Westlife doen - wanneer hulle geen poging aanwend om die liedjie te interpreteer nie, maar suiwer net sover as moontlik soos die vorige weergawe van die liedjie probeer klink - of dan wel die liedjie te "cover" - en dit is beslis nie fine nie.

Met herinnerings van 'n menigte kunstenaars wat daardie tyd Queen covers gedoen het, was ek dus redelik skepties toe ek na Joseph Clark se The Music of Queen gaan kyk - maar ek was verniet bekommerd. Die grootste rede hoekom hierdie vertoning werk, is dat, soos Clark sÍ, "dit is 'n show oor die musiek van Queen", en die vrees dat hy as 'n vermomde Freddie Mercury gaan optree, is gou vergete: terwyl die nagedagtenis van Mercury met eerbied behandel word, bly dit Joe Clark self wat die vertoning lewer en wat - soos Freddie Mercury self - die verhoog domineer, al probeer hy hoe hard om dit nie te doen nie. Met sy menige talente (hy het in 1983 Suid-Afrika toe gekom as hoofdanser van TRUK Ballet, hy was al hoofsolis saam met simfonie-orkeste, en hy kan ook met verskeie akteursprestasies spog) is dit amper uitsluitlik sy vertoning, met die besondere talentvolle Nathan Smith wat hom met asemrowende kitaarspel ondersteun.

Die ander musikante is van die beste, mees ervare musikante in die land en alhoewel hulle baie min geleentheid gebied word om die kalklig te deel, is hulle nietemin 'n integrale deel van die vertoning. Neill Ettridge, linkerhandige tromspeler, met 'n agtergrond in jazz, is akkuraat, en dit is met bekende Queen-tromriffs (soos met "Get Down, Make Love") waar sy werk besonder opvallend was. Trevor Don-Jeany (bas) en Myles Shannon (elektriese kitaar), albei manne wat al vir 'n dekade of meer Queen se musiek speel, se werk is nie opvallend nie, maar presies en aanvullend, met Shannon wat baie kere die hoofkitaarspeler presies volg om die klank voller te maak. Miskien verdien hy om bietjie meer op die voorgrond te wees, en so ook Johan Kebler op klawers, wat 'n presiese ondersteunende vertoning lewer.

Nathan Smith se solonommer (met Hendrix se invloed duidelik bespeurbaar) is 'n vertoonvenster vir sy kitaarwerk, maar uiteindelik is dit Clark (en nie die groep nie) wat die middelpunt van die vertoning is.

As daar 'n leemte in die vertoning is, is dit dat, alhoewel Nathan Smith as kitaarspeler goed teenoor Clark se stem vertoon, hy as sanger nie op dieselfde vlak is nie. Miskien sou 'n vroue-musikant met 'n sterk, blues-rock-stem die produksie verbeter.

Die regte woorde om die vertoning in sy geheel te beskryf is "slick and smooth". Terwyl daar lighartige oomblikke op die verhoog gebeur (dit is moeilik is om te besluit of dit spontaan of beplan is), kry mens deurgaans die gevoel dat daar nie baie ruimte gelaat word vir improvisasie nie. Elke gebaar is noukeurig gekoreografeer, die liedjies versigtig uitgewerk en beplan. Die beligting is uitstekend, met die kenmerkende trubeligting waarvoor Queen bekend was.

Die kostuumveranderings is, soos dit gepas is in hierdie soort show, minimaal, maar dit word deurdag aangewend om die vertoning aan te vul en nie net om die prentjie te verander nie. Clark se wit kostuum aan die begin is treffend - sy latere verskyning in 'n swart aandpak vir slegs een liedjie ("Who wants to Live Forever") is aandoenlik en effektief, en die gehoor se hoogtepunt is beslis sy kostuum aan die begin van die tweede helfte (en dit sal nie reg wees om dit hier te beskryf nie - dit moet gesien word).

Die eerste helfte is amper 'n rits van vereiste liedjies, wat eindig met Clark wat "We Are the Champions" van bo van die klavier af sing. Die tweede helfte is meer gestruktureerd, en die laaste vier nommers bou op na 'n crescendo vanaf 'n keurspel uit die Made in Heaven-album met (nie onverwags nie) "We will Rock You" en "Bohemian Rhapsody" aan die einde, maar dit is die uitvoering daarvan wat die gehoor uit hul stoele gehad het.

Werklik multitalentvolle kunstenaars loop (paradoksaal) 'n groot risiko omdat hulle soveel rigtings het waarin hulle kan beweeg, maar dit lyk of Joseph Clark tog in die kol is met hierdie vertoning. Of hy egter ooit weer enige iets anders as die rol van Freddie Mercury sal kan vertolk, sal ons moet wag en sien.



LitNet: 21 April 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.