Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die mooiste woorde l soms aan jou voete*

Ronel Nel

Een van die mooiste goed wat ek al ooit gesien het, het by die afgelope Woordfees gebeur. Na al die kontroversies oor sprekers, ongelukkige kunstenaars oor klankgehalte en daardie vreemde filosofiekafee waar die skrywers soos die ou Christene vir die filosofiese leeus gegooi is, was ons maar bietjie bedremmeld en bek-af. Ons het een of ander wonderwerk nodig gehad om ons weer te laat glo dat daar siel en gees in die woord is. En liefde.

So stap ek die Saterdagmiddag saam met Anton Goosen en vriende by Oom Samie uit. Bietjie gewyn en baie gelag, en tog nog verlangend na iets. Skaars by die deur uit en ons hoor 'n tannie gil: "Meneer Anton Goooosen! Herrre ek kan dit nie glo nie, Antoooon!" Met di dat sy opvlieg, val sy oor haar voete en sloeg tot reg voor hom neer. Vat aan sy voete en soen sy groen-en-geel skoene, die symste skoene wat al soveel debat uitgelok het.

Die ander bergies staan ook nader. Een beginne sing: "Stellenbosch se nonnatjie roep myyy ", 'n ander: "Boy vannie suburbs ..." Terwyl die tannie met trane wat stroom vir Anton dankie s omdat hy "hulle van ons vertel".

Anton help haar op, gesels met hulle, en gee hulle 'n geldjie. Waarop sy s: "Dankie, Meneer. Ons slaap mos buite ..."

Onnodig om te herhaal dat ons hele groepie toe self in trane is, en vol skaamte en weemoed. Maar ook bekragtig deur die woorde van die werklikheid. En die liefde wat daarmee gepaard gegaan het.

Terwyl die res van die land stoei oor wie nou waar watse soort Afrikaans moet praat, leef dit in die lirieke van ons musiekmense. En daardie musiek leef in die harte van onse ander mense.

Terwyl die filosowe en die akademici en die politici en verskeie ander -ici's baklei oor waarheen ons nou op pad is en hoe terrible die land is (hulle, wat in groot karre ry en in die ooste van Pretoria en elders in reusehuise bly), leef die woord, in Afrikaans, op straat.

Slaap dit buite.

Word dit daar gesing en geet en gedans. Word dit oorvertel en gelf.

Toe's ek sommer weer die donner in omdat daar geredekawel word oor koppeltekens en punte, terwyl die sin en die sinne tussenin genegeer word. Vies omdat die -ici's wil afbreek wat opgebou is; of wil skanse oprig waar daar soveel skadelike mure alreeds afgebreek is.

By verlede week se GMT's (waaroor almal k baklei, die hemel hoor my) het die taal weer eens gesevier. Het 'n bewo en geraakte David Kramer ges: "Ek is 'n Joodse Engelsman wat in Afrikaans mt skryf, want dis die taal van my hart."

En die jong blom van 'n Jan Blohm, wat la Norah Jones met die meeste en die grootste toekennings weggestap het, het op sy digterlike manier die Breyten Breytenbachs, die straatdigters, die laatnag minnesangers en God bedank. Vir die Afrikaans waarin ons kan doen wat ons wil. Die enigste taal waarin ons kn.

En die kragtige Riku Ltti (wat om een of ander rede nog nie deur die grootste gros Afrikaners raakgesien is as een van ons sterkste musiek-pote nie) wat stamelend, stotterend en oorweldigd sy Litause oupa bedank wat hom Afrikaans geleer het.

Ek salueer die digters, liriekskrywers, musiekmakers, joernaliste en bergies wat net voortgaan en dn in die taal. En ek frons vir die slimmes, die onheilvoorspellers, die ongelowige Thomasse, wat alles verskeur en beledig en wat diegene wat dit wel doen, aftakel.

Ek s dankie vir die Toast Coetzers en die Anton Goosens en die Gert Vlok Nels en die Laurinda Hofmeyrs wat met musiek n met bevange posie net aangaan.

Aangaan en kos gee, in Afrikaans, vir die ouens op straat en voor die CD-speler en by Bekgevegte en oor RSG.

Want soms l die mooiste woorde reg voor jou, aan jou voete ...


* 'n Effens verkorte weergawe van hierdie artikel het vroer die week in die dagblad Beeld verskyn.



LitNet: 31 Maart 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.