Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jan Rabie en sy maat skitter

Jan en Jorie
deur Malan Steyn

Met: Francois Toerien en Nicole Holm
Regie: Juanita Swanepoel
Klein Libertas-teater, Stellenbosch.

Jan en Jorie word binnekort weer opgevoer by die Suidoosterfees wat op 4 en 5 Oktober 2003 by die Skiereilandse Technikon plaasvind.

Marina Griebenow

Gelukkig hoef ’n mens nie ’n kenner van die Afrikaanse letterkunde te wees om diť besondere produksie van Malan Steyn se pennevrug oor die verhouding van die skrywer Jan Rabie en sy “Skotse skilderessie”, Marjorie Wallace, te kan waardeer nie. Sodanige kennis sou waarskynlik ’n bykomende dimensie daaraan kon verleen het, maar selfs daarsonder is Jan en Jorie veelvlakkig, prikkelend en deurgaans boeiend.

Die ster van die produksie is ongetwyfeld Steyn se teks. Soos met sy trefferstuk Roadkill/Padkos, slaag hy daarin om sy eie woorde so naatloos te verweef met aanhalings uit die letterkunde — onder meer van Rabie — dat ’n mens voel jy wil elke woord gryp om later weer daaraan te proe. Steyn maak daarvan geloofwaardige dialoog met ’n onmiddellike impak en relevansie, soos ’n gesprek. Wat ’n mens uiteindelik oorhou, is nie los sinne of aanhalings nie, maar woorde wat as boustene dien om ’n geheelbeeld te skep van die lewens van twee besondere mense.

Steyn se nieliniÍre en fragmentariese samestelling van die teks weerspieŽl boonop knap die mengelmoes van invloede wat Rabie en Wallace se lewens gekenmerk het, asook hul uiteenlopende agtergronde.

Wallace tree op as verteller wat terugskouend vertel van, en kommentaar lewer op, episodes in hul lewe. Sy vertel egter nie dinge net vanuit haar eie oogpunt nie, maar gee ook aan die gehoor ’n blik op Rabie se gekompliseerde en geteisterde siel. Opmerklik is hoe dikwels sy hom verdedig en beskerm. Hierin lÍ een van die spilpunte van hul huwelik, naamlik dat hy nie “besit” wou word nie en dat sy Rabie se liefde vir haar gemeet het aan hoe nodig hy haar gehad het. Die intensiteit en wispelturigheid van hul verhouding blyk duidelik, sowel deur wat gesÍ word as deur wat ongesÍ bly.

Dat Nicole Holm en Francois Toerien, wat die rolle van Wallace en Rabie vertolk, self ’n egpaar is, dra gewis by tot die genot van jou kennismaking met die karakters. Benewens hul individuele vaardigheid speel hulle teenoor en met mekaar met die intimiteit van mense wat mekaar behoorlik ken.

Wallace is waarskynlik die maklikste karakter van die twee om te skep, aangesien die akteur kan steun op fisieke eienskappe soos haar manier van stap (sy is met ’n gebrek gebore) en haar unieke vermenging van Engels en Afrikaans. Holm neem egter nie die maklike uitweg nie, maar gee met fyn nuansering aan haar karakter diepte. En hoe heerlik is dit nie om Holm so ’n ongebreideld ekstroverte karakter te sien speel nie!

Toerien se taak is heelwat moeiliker, aangesien hy ’n baie breŽr omvang van emosies en terselfdertyd Rabie se fisieke aftakeling moet weergee. ’n Mens het Toerien in Elke Boemelaar se Droom en Roadkill/Padkos leer ken as ’n “besige” akteur met matelose fisieke energie. Jan en Jorie verg van hom ’n meer intense innerlike energie. Toerien slaag skitterend daarin om Rabie as ’n introspektiewe skrywerswese uit te beeld — iemand wat sy eie geselskap en obsessies verkies het, maar terselfdertyd tog ook na sosiale omgang gesmag het.

Wat ook opval omtrent diť produksie, is die treffende stel vol simboliek en die uitstekende benutting van die Klein Libertas-teater se knap verhoog. ’n Vlotagtige struktuur, omring van visbakke vol water, stel op verskillende momente die ruimtes in hul lewe voor, byvoorbeeld hul huis op Onrus en dan weer Parys, waar Rabie sewe jaar van sy lewe deurgebring het.

Die teenwoordigheid van die water herinner daaraan dat die see die een konstante was in die lewens van diť egpaar en hul groep vriende, wat onder meer Uys Krige en Ingrid Jonker ingesluit het. Wallace roep in ’n stadium uit: “Ek wil bly waar ek kan swem vir brekfis!” Dat hulle nooit van diť ruimte afbeweeg nie, dui egter ook op ’n mate van eksentrieke kluisenaarskap en ’n verknogtheid aan en afhanklikheid van mekaar.

Ander objekte op die verhoog verklaar ander aspekte van hul lewe: ’n lessenaar met pote van ou boeke, wat dui op albei se leesgierigheid, terwyl ’n eenvoudige staanlamp gekombineer met die teks ryk beelde van Parys oproep. ’n Esel met ’n skildersdoek staan eenkant en sommige van Wallace se skilderye word daarop geprojekteer om subtiel die aksie op die verhoog te belig.

Die finale pluimveer gaan aan Juanita Swanepoel vir haar vindingryke regie. Met behulp van haar twee talentvolle akteurs slaag sy kenmerkenderwys daarin om nie net lig te werp op die karakters van Rabie en Wallace nie, maar om ook empatie te wek vir hul lewe, werk en unieke verhouding.

Jan en Jorie is ’n skitterproduksie. Dit verdien om gesien te word nie net deur diegene met ’n belangstelling in die Afrikaanse letterkunde nie, maar deur almal wat hul menswees en verhoudings met ander belangrik ag.


19 September 2003

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.