Archive
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Drie susters in Sint Petersburg is ’n kleinood

Alice Garnaeva-Smith

Tri sestry, deur Anton Tsjechof

Regisseur: Rostislaw Gorjajew

Sigeunerliedere van Natalja Panina (die aktrise wat die rol van Masja in diť produksie vertolk) is geskoei op die woorde van Boris Pasternak en Marina Tswetajewa.

Vioolsolo: Michail Dwas.

Duur van die opvoering: 3 ure en 45 minute, met een pouse van 15 minute tussen die tweede en derde bedryf.

Aleksandrinskii-teater, Sint Petersburg.

Rolverdeling

Andrej Sergeewitsj Prozorof: Sergej Parsjin (Russiese nasionale kunstenaar)

Natalja Iwanowna: Jelena Zimina

Olga: Tatjana Koelisj (Vereerde Russiese kunstenaar)

Masja: Natalja Panina (Russiese pryswenner)

Irina: Julija Sokolowa

Fjodor Ilitsj Koelygin: Wladimir Lisetskii (Vereerde Russiese kunstenaar)

Aleksandr Ignatjewitsj Wersjinin: Igor Wolkof (Vereerde Russiese kunstenaar)

Nikolaj Lwowitsj Toezenbach: Aleksander Bargman

Wasili Wasiljewitsj Soljonyi: Michail Dolginin (Vereerde Russiese kunstenaar)

Iwan Romanowitsj Tsjeboetykin: Wiktor Smirnof (Nasionale Russiese kunstenaar en K.K. Simonow-pryswenner)

Aleksej Petrowitsj Fedotik: Dmitrii Lepichin

Wladimir Karlowitsj Rodin: Jurii Rawitskii (Sowjetunie-pryswenner en Vereerde Russiese kunstenaar)

Ferapont: Michail Chrabrof (Russiese pryswenner en Vereerde Russiese kunstenaar)

Anfisa: Irina Lepesjenkowa

Protopopof: Walerii Koeksin

Densjik: Wiktor Semenowskii

Bediende: Swetlana Sjeitsjenko (Vereerde Russiese kunstenaar)

1ste Offisier: Konstantin Filtsjenkof

2de Offisier: Wladimir Koerasjkin

3de Offisier: Wjatsjeslaf Lawrof

Wandelende musikant: Mikhail Dwas

Op 29 Januarie 2004 het ek die buitengewone voorreg gehad om ’n klassieke weergawe van Anton Tsjechof se toneelstuk Tri sestry (Drie susters) saam met my Russiese man te gaan kyk. Diť week het dit nogal baie gesneeu en die middestad van Sint Petersburg was voorwaar sprokiesagtig. Die pragtige Aleksandrinskii-teater is reg op die hoofstraat Nevski prospekt geleŽ.

Sommige mense sal weet dat Sint Petersburg verlede jaar sy driehonderdste verjaarsdag gevier het. As deel van die opgradering en verfraaiing van die stad is begin met ’n volskaalse projek om al die historiese argitektoniese konstruksies in ten minste die middestad op artistieke wyse te belig. Restourasiewerk aan die fasade van die Aleksandrinskii-teater is ook verlede jaar voltooi en die resultaat is asemrowend.

Laat ek dus vinnig, soos my gebruik maar is, afdwaal van die tema en net gou vertel van die verskillende naamveranderinge wat die gebou al ondergaan het en ook bietjie van die geskiedenis van die teater self.

Op bevel van keiserin Elizaweta (die dogter van Pieter die Grote) word ’n Russiese teater vir die opvoer van komedies en tragedies op 30 Augustus 1756 in die lewe geroep. Aanvanklik staan die teater bloot bekend as die Russiese Teater, maar op 20 Desember 1766 kry dit die bykomende titel Russiese “Hof”-teater.

Sedertdien is die teater se naam telkemale verander of gewysig. Die heel laaste amptelike naamverandering het op 23 Desember 1991 plaasgevind en sedertdien staan dit bekend as Die Aleksandr Poesjkin Russiese Akademiese Dramateater (Írens in die titel moet ook nog “Staats-” ingevoeg word, maar — meet en pas soos ek wil — ek kry dit nie ingedruk nie).

Die mees populÍre naam vir die teater is egter die Aleksandrinskii-teater en dis interessant om te weet dat Nikolaj I op 13 Augustus 1832 bevel gegee het dat die nuwe gebou (ontwerp deur die Italiaanse argitek Rossi) na sy vrou Aleksandra Fjodorowna vernoem word.

Agter die teatergebou met sy Romeinse suile en triomfantelike koets met vier perde is die Ryksballetskool, waar die beroemde balletdanser Vaslav Nijinsky sy opleiding ontvang het. Die skool bestaan eintlik uit twee simmetriese en identiese geboue aan weerskante van die straat: ’n statige, klassieke argitektoniese ensemble.

In die linkerflank van die balletskool vind mens die Russiese teatermuseum, wat hoofsaaklik die geskiedenis van teater in Sint Petersburg uitbeeld, kompleet met kostuums, rekwisiete en ander rariteite, van die manuskrip van die heel eerste volwaardige Russiese komedie, Fonvizin se Nedorosl (Die minderjarige) tot ’n model van Majakowski se futuristiese dekor vir een van sy propagandistiese stukke.

Die binnekant van die Aleksandriinski-teater herinner aan die ou Europese teaters en lyk en voel soos die Bolsjoi- of Mariinski- (Kirov-) teater, net kleiner, omdat dit nie ’n opera- en balletteater is nie, maar ’n teater vir toneel.

Wat toneelstukke betref wat hier opgevoer is, staan veral Nikolaj Gogol se naam uit. Sy briljante komedie Revizor (Die Inspekteur-Generaal) het hier geopen. Gogol het die opgevoede en stywenek-adel behoorlik met diť skreeusnaakse en vlymskerp satire geskok.

Sint Petersburg was vanaf die begin van die 18de eeu tot en met die Oktoberrewolusie in 1917 die amptelike hoofstad van die magtige Russiese Ryk. Dus, op Anton Tsjechof se dag ook — die draai van die 19de eeu — en dit was natuurlik sy droom, net soos alle skrywers en dramaturge van sy tyd s’n, om juis hier in die kulturele en ekonomiese sentrum van Rusland sukses te behaal.

Sy eerste amptelike drama Iwanof is dan ook in die Aleksandrinskii opgevoer, waar dit maar bra koel deur die snobistiese grootstedelike gehoor ontvang is. Ek kan nou nie meer mooi onthou nie, maar ek dink dis hierna, of nŠ die mislukking van Lesji (Die bosduiwel), dat Tsjechof ’n krisis beleef en besluit het om nooit weer vir die verhoog te skryf nie. Hy’t sy tassies gepak en is weg na die strafkamp-eiland Sachalin om daar ’n sensusopname te doen.

Dis ook hier waar sy gestel so ’n knou gekry het dat sy tuberkulose genadeloos vererger het, net om sy lewe ’n paar jaar later op die kruin af te sny.

Dis nadat hy deur diť smeltkroes is dat hy kon terugkeer en die toneelwÍreld vir ewig verander het met sy meesterwerke Tsjaika (Die seemeeu), Djadja Wanja (Oom Wanja), Tri sestry en Wisjnjowi sad (Die kersieboord).

Om terug te keer na die rede vir ons besoek: die opvoering van Tri sestry.

Watter moderne mens het nog tyd om in diť gejaagde lewe van gevorderde tegnologie vier ure in ’n teater deur te bring en Tsjechof se Drie susters van begin tot einde te kyk? In Suid-Afrika is die kans dat so iets sal gebeur, baie klein. Miskien op ’n kunstefees as deel van die hooffees, maar dan moet dit iets soos Reza de Wet se Drie susters twee wees, wat in gesprek met Tsjechof se Drie susters tree.

Maar waar sal Suid-Afrika genoeg geld kry vir ’n geselskap van 20 briljante akteurs en dan nog ’n klassieke verhoog met gevorderde verhooginkleding en kostuums?

In diť opsig is ek dus meer as dankbaar dat ek deurgedruk het met my studie van Russies en dat ek nou — na agt jaar in die land en tien jaar van intense studie — kan sÍ dat ek die taal redelik onder die knie het, alhoewel daar nog baie is wat ek moet leer en mens maar altyd nederig sal bly en nooit sal waag om te sÍ mens het die taal heeltemal baasgeraak nie.

Die grootste voordeel van diť jare van bloedsweet is dat die hele skatkis van Russiese teater nou vir my toeganklik is. Russiese toneelkaartjies is nie baie duur nie. Die Aleksandrinskii is die duurste en ons kaartjies het 300 roebel elk gekos, dus sowat R100 per persoon. Ons het sitplekke reg in die middel, nie ver van voor af nie, gehad.

Tri sestry handel oor drie susters, Olga (die oudste), Masja (die verleidelike een) en Irina (die jongste), en hulle broer, Andrej, wat in ’n afgesonderde plattelandse dorpie woon. Hulle hoort egter nie in diť kleindorpse opset nie; hulle is verfynd en hoogs opgevoed en kom oorspronklik uit die groot stad Moskou.

Dis dan ook na diť stad dat hulle deur die hele stuk verlang en aanhoudend sug: “Ag, as ons tog net kan teruggaan Moskou toe, sal alles regkom!”

Dalk is dit nuttig om hier stil te staan en te bespiegel oor wat Moskou simboliseer. Die metafoor is ryk en verweef. Daar bestaan verskillende dimensies: Die eerste is seker dat dit is waar die drie susters gebore is en grootgeword het, waar hulle gevorm is. Die Russe het ’n term daarvoor: malaja rodina, wat “klein geboorteland” of “moederland” beteken. Dis ’n spesifieke mens se fisiese plek van oorsprong. Die mens gryp tog sy hele lewe lank terug na herinneringe uit sy kinderjare.

Tweedens is dit Rusland se moederstad. Die naam Moskwa (Moskou) het ’n vroulike uitgang, wat dit dus ’n “vroulike” stad maak. Sankt Piterburg (Sint Petersburg) het weer ’n manlike uitgang. Moskou was ook die hoofstad van Rusland nadat die volk opgestaan het uit die as na drie honderd jaar onder die Mongoolse juk. Dis die hoofstad van Iwan die Verskriklike, maar ook die geestelike en religieuse hoofstad van Rusland, die setel van die Russiese Ortodokse Kerk.

Waar Sint Petersburg volgens die Russe ’n moderne, Europese en wÍreldse stad is, is Moskou ’n ou, Russiese en heilige stad. Mens kan dus sÍ dat die susters se versugting na Moskou ook hulle geestelike soeke en dors suggereer.

In die verloop van vier bedrywe word die speelse, kinderlike Irina ’n vrou, vind en verloor Masja die liefde van haar lewe (natuurlik nie haar eie man nie, maar ’n ander vrou se man), en word Olga bevorder van skooljuffrou tot skoolhoof.

As teenpool vir diť amper adellike familie is daar Natalja (Andrej se verloofde en later sy vrou). Sy is platvloers, plattelands — uit die onderdorp kan mens seker maar sÍ. Stelselmatig boer sy die drie susters uit hulle eie huis uit en nooi sy haar minnaar, Protopopof, die voorsitter van die dorpsraad, in “haar” koninkryk in.

Tri sestry is terloops die enigste van sy dramas wat Tsjechof ’n “drama” noem. Hy’t altyd weggeskram van die woord tragedie, dus kan mens seker die benaming drama hier as Tsjechof se eufemisme vir die term tragedie beskou. Sy Tsjaika, wat in ’n selfmoord eindig, noem hy ’n komedie, en sy meesterwerk Wisjnjowi sad, waar die familie-eiendom op ’n veiling verkoop word, noem hy ook ’n komedie.

Waar laasgenoemde twee stukke dus volgens Tsjechof lig moet wees, is Tri sestry sy swaarste stuk. In diť moeilike tye wat Rusland op die oomblik beleef (nie dat ek nou kan onthou dat die Russe dit ooit maklik gehad het nie), is niemand werklik lus om na ’n swaar stuk te gaan kyk nie. Die enigste rede waarom my man ingestem het, is dat dit deel is van my voorbereiding vir my meestersgraad.

Nog iets wat ek hier moet noem, is dat die sogenaamde “gemiddelde” Rus nogal vaste idees het oor hoe Tsjechof opgevoer moet word. Die dramaturg is in die kanon opgeneem en dus vasgegiet in ’n klassieke vorm. Met klassiek word bedoel die eerste suksesvolle opvoerings van Tsjechof se stukke deur die Moskou Kunsteater (MKhaT) en nie die Ou Teaterskool soos ons dit ken nie. Vir my is dit nogal ironies, want Tsjechof se stukke was juis nuut en modern toe hy hulle geskryf het; het juis die teaterwÍreld omgekeer, en mens sou dink dat hy dit sou verkies dat sy stukke vandag nog modern moet wees, soos wat Shakespeare se stukke byvoorbeeld vandag nog vars en modern opgevoer kan word. Maar later meer hieroor.

Wat diť opvoering van Tri sestry self betref sal ek chronologies deur die bedrywe gaan en my indrukke weergee. Sodra die gordyn lig, maak die gehoor stelselmatig kennis met die ingewikkelde verhooginkleding. Die stel bestaan uit verskillende speelvlakke, trappe, groot klassieke Romeinse kolomme, deure en verskillende kamers. Die gehoor se aandag word gefokus deurdat die stel effens gedraai word en ’n ander dimensie van die speelruimte na vore kom.

Amper soos op die TV is dit asof die gehoor saam met die karakters van die een ruimte na die ander beweeg. Dis oggend, Irina se verjaarsdag en ontbyt gaan binnekort genuttig word. Ontbyt is hier twaalfuur die middag. Dis net as mens lank in Rusland bly dat so ’n laat ontbyt heel normaal voorkom. Maar natuurlik is dit ook ’n aanduiding van hoe verveeld en eentonig die gesin se lewe is, dat hulle dag eers so laat aan die gang kom.

Hier maak ons met die karakters kennis. Dis tog eerste indrukke wat blywend is. Irina kom speels, vol lewenslus en kinderlik voor. Masja is geÔrriteerd, sy sit met haar rug na die gehoor en wieg terwyl sy hardop fluit. (In die tweede bedryf benadruk Andrej dat dit “Masja se stoel” is wanneer sy vrou dit probeer verskuif.)

Vir ’n vrou om te fluit is heeltemal onaanvaarbaar in die Russiese kultuur. Die Russe is baie bygelowig en hulle glo dat jy ongeluk oor jouself gaan bring as jy fluit. Ek is nou al lank genoeg in die land om ook die hoendervleis oor my rug te voel kruip en geskok te wees deur Masja se gefluit.

Sy is by ’n kruispad in haar lewe. Dus is dit seker nie per ongeluk dat Wersjinin juis nou in haar lewe instap nie. Toezenbach is ’n aangename jong man. Dis duidelik dat hy tuis voel tussen sy kamerade, dat hy die soldatelewe geniet. Maar hy’s verlief op Irina en is bereid om alles prys te gee om deur haar raakgesien en aanvaar te word. Hy’s verfynd en musikaal, maar tog ook manlik; terselfdertyd is hy ook nog maar net ’n kind, nes Irina.

Soljonyi se hare is soos Hitler s’n gekam. Deur die hele stuk bly hy ongemaklik en lomp, iemand wat nie in normale geselskap kan inpas nie.

Wersjinin is maar ’n vaal ou kÍrel. Daar’s niks buitengewoons aan hom nie. Waarom Masja nou juis op hom verlief raak, is ’n geheimenis. Haar man Koelygin is baie ouer as sy. Nie ’n onaangename persoon nie, miskien bietjie verspot, maar beslis nie waardig om so koud deur Masja afgejak te word nie.

Die blywendste indruk van die eerste bedryf is die gelui van kerkklokke. Natuurlik is die verwysing hier na Moskou se kerkklokke, want in Tsjechof se tyd was dit die stad met 450 kerke en kapelle. Wanneer al die klokke begin lui het, het die lug van die oorvloed klank gebewe. Oorweldigend, om die minste te se. Dis slegs in die eerste bedryf wat die kerkklokke so pertinent gehoor word; in die tweede bedryf gebruik die regisseur ’n ander tegniek om die Moskou-tema na vore te bring.

Dit is dan ook die tweede bedryf wat in diť produksie die kleurrykste en interessantste is. Dis nou ’n paar maande later en Irina is ontnugter omdat haar werk by die telegraafkantoor nie so romanties is as wat sy haar voorgestel het nie. Olga werk tot laat in die nag.

Wersjinin het ernstige probleme by die huis en hardloop in Masja se arms in. Hy’s honger en dors en wil graag net ’n koppie tee geniet, maar net voordat hy sy lippe aan die lafenis kan sit, ontvang hy ’n brief van sy dogter dat sy vrou al weer probeer selfmoord pleeg het.

Andrej is ontnugter deur die getroude lewe; sy bar en ligsinnige vroutjie irriteer hom grensloos.

Dis diť bedryf waarin al die manlike karakters hul harte oopmaak. Toezenbach vra vir Irina om te trou, Soljonyi stort sy hart teenoor Irina uit, Wersjinin verklaar sy liefde aan Masja en Andrej bely aan die dowe Ferapont dat hy sy vrou nie meer liefhet nie.

Alhoewel dit nag is en die toneel so te sÍ in die donker afspeel, met net ’n paar kerse hier en daar, word die swaar atmosfeer opgehelder deur die soldate wat ’n sigeunerdans uitvoer en Masja wat ’n pragtige sigeunerlied sing. Dis hiťr waar Moskou weer op subtiele wyse ingebring word, want die liedjies is op die gedigte van Boris Pasternak en Marina Tswetajewa gebaseer. Albei digters kom uit Moskou en alhoewel diť liedere ’n anachronisme is (hulle is eers in die jare twintig geskryf en die musiek in die jare negentig), is dit hier nie onvanpas nie. Die liedere help inderdaad om ’n melankoliese en broeiende atmosfeer te skep en Masja se gemoedstoestand perfek weer te gee. Die viool- en kitaarspel deur die soldate is ook uit die boonste rakke.

Dis net wanneer die gesin wil begin om die lewe te geniet dat Natalja die remskoen is en aandring dat almal huis toe gaan, want haar baba kan nie te midde van al die geraas slaap nie. Almal storm behoorlik die nag in: Andrej en dokter Tsjeboetykin om te gaan dobbel; Masja om Wersjinin te gaan soek; Koelygin om Masja op te spoor; Wersjinin om Masja te gaan soek, en Natalja om saam met haar minnaar, Protopopof, te baljaar.

Nog ’n betowerende effek is dat dit halfpad deur die bedryf op die verhoog begin sneeu; dit hou tot aan die einde van die bedryf aan sneeu. Winter kom letterlik die huis binne en vul die hele ruimte met ’n sprokiesagtige atmosfeer. Dis nogal ’n eienaardige ervaring, want die gehoor weet ook dat dit juis nůķ buite die teater ook sneeu. Op diť manier word mens in die lewe van die Prozorofs ingetrek en meegesleur.

Van die derde bedryf het ek meer verwag. Volgens Tsjechof moet dit die hoogtepunt van die drama wees, die katarsis waar die spanning breekpunt bereik en die karakters knak. In diť opvoering is die atmosfeer egter lig en die handeling speel nie in die susters se slaapkamer af (soos in die teks aangedui) nie, maar in die sitkamer. Diť ruimte is te groot en oop vir die vasgedrukte gevoel wat die drie susters juis op diť oomblik beleef. Verder kry mens nie werklik die idee dat daar ’n brand in die dorp was nie: die gelui van die ghong en die brandweerwa is te sag in die agtergrond; die karakters wat die brand geblus het, is te skoon. Die hoogtepunt hier is Tsjeboetykin se dronktoneel. Uitmuntende spel! Maar dan was die Russe nog altyd goed in dronktonele.

Iets wat mens sommer dadelik opmerk, is dat Natalja ’n persrooi strik op die skouer vasgesteek het. Dit vang dadelik die oog, want dit skreeu teen die stemmige kleure van al die ander karakters se klere. Dalk is dit ’n bietjie tť opvallende voorbode van die algehele wending wat in die laaste bedryf gaan plaasvind.

Die bedryf eindig waar dit oggend word en die voŽltjies begin sing. Masja het aan haar susters bely dat sy vir Wersjinin lief is, en sy gaan nou openlik saam met hom weg terwyl haar man weer eens vir haar moet gaan soek. Andrej het pas sy hart teenoor sy susters uitgestort, maar hulle verkies om hulle ore toe te druk en nie na hom te luister nie. Die algemene indruk is dat die regisseur in diť bedryf nie behoorlik kon fokus nie.

Die vierde bedryf maak waarskynlik die mees eksplisiete gebruik van visuele en ouditiewe simboliek. Al die akteurs is in skakerings van bruin geklee, en die verhoog self is gestroop van alle kleur. Selfs die potplant wat op die stoep staan, is uitgedroog. Teen diť eentonige en doodse agtergrond is Natalja se persrooi uitrusting en Protopopof se Skotse broek van dieselfde skakering vulgÍr en smaakloos. Dis asof sy in bloed gedompel is — maar wie s’n?

Die drie susters, en selfs Andrej, is nou behoorlik uit die huis uit geboer. Natalja en haar minnaar lag en gesels in die huis terwyl al die ander karakters uitgeskuif op die stoep staan.

’n Minder suksesvolle simbool is die klank van trekvoŽls wat oor die huis vlieg. Eerstens kry mens nie die idee dat die klank van een kant van die teater tot die ander beweeg nie — dalk is ons te bederf deur die bioskoop se omgeefklank (“surround sound”). Verder klink dit ook nie juis na ’n spesifieke voŽl nie (ten minste nie ’n voŽl wat ek ken nie). Die skuld hiervoor is natuurlik die klankontwerper s’n.

Toezenbach se uitgil van Irina se naam net voor hy gaan om in die tweegeveg met Soljonyi te sterf, is hartsverskeurend. Dis duidelik hy gaan om selfmoord te pleeg nadat Irina vir hom sÍ dat haar hart gesluit is en dat sy niemand kan liefhÍ nie. Irina is nou nie meer ’n kind nie, maar ’n uitgewasse en ontnugterde vrou.

Die slot is indrukwekkend en slaag daarin om die meeste drade bymekaar te trek en om die uitmuntende stuk op ’n hoogtepunt te laat eindig. In Stanislawski se eerste weergawe eindig die stuk waar die weermagorkes oor die verhoog marsjeer en ’n vrolike deuntjie speel terwyl Toezenbach se dood heeltemal onderspeel word. Hierdie opvoering eindig egter soos wat Tsjechof dit aanvanklik wou gehad het: Toezenbach se lyk word op die verhoog na die binnevertrek gedra, waar dit volgens die Russiese gebruik op die tafel in die kombuis of eetkamer gelÍ word en ’n brandende kers in die lyk se saamgevoude hande gesit word. Diť ritueel vind in die agtergrond plaas terwyl die stel draai en die drie susters se laaste monoloŽ, waarin die betekenis van die lewe bepeins word, afspeel teen die agtergrond van glasdeure met reŽndruppels wat teen die ruite afloop.

Al die ander karakters is agter die glasdeure vasgevang terwyl die drie susters voor die deure of buite die deure staan — verlos, bevry, of nie meer deel van die aardse wÍreld nie.

As die gordyn sak, is mens in ’n dwaal. Die magiese krag van die teater en die genialiteit van die dramaturg het al weer in hul doel geslaag om ons vas te gryp en te betower.

Ongelukkig kon ek nie dadelik my indrukke neerskryf nie, maar noudat ek dit weer probeer herleef, besef ek dat die stuk nog lank by my gaan spook. Ek is bly dat dit ’n klassieke weergawe was, want dit het my as nie-Rus die geleentheid gegee om bietjie meer te verstaan van diť vreeslik ingewikkelde en gekompliseerde skrywer.

Ter voorbereiding vir diť artikel het ek op die internet vir Russiese kritiek gaan kyk om my ’n idee te gee hoe ’n Rus die produksie ervaar. (My man se mond was bottoe. Al wat hy gesÍ het, is: “Dis ’n baie goeie produksie.”) Wat die Russiese kritici betref dink ek hulle is te bederf en kieskeurig.

Marina Dmitriewna skryf op 27 November 1997 ’n baie negatiewe resensie in die Peterburgski teatralnyi zjoernal nadat sy die opening van diť weergawe van Tri sestry bygewoon het. Volgens haar is die regisseur Rostislaw Gorjajef se weergawe nie in voeling met die hede nie. Blykbaar het hy 25 jaar gelede ’n baie suksesvolle produksie van Wisjnjowi sad by die Aleksandrinskii op die planke gebring en volgens Dmitriewna is diť produksie van Tri sestry nou slegs die regisseur se nostalgiese herinnering en teruggryp na Wesjnjowi sad.

Wel, ek sal nou nie weet nie. Ek het nie daardie produksie gesien nie, was ook nie 25 jaar terug in Rusland nie, en sal nooit weet of diť produksie ’n nabootsing van ’n vervloŽ tipe styl in Rusland is nie. Eintlik is ek bly om te hoor dat ek met diť produksie ook sommer ’n voorsmakie kon kry van Wisjnjowi sad — twee stukke vir die prys van een!

Wat Marina Dmitriewna eintlik probeer sÍ, is dat die tekortkoming van die produksie juis is dat dit op klassieke wyse opgevoer word en nie op ’n moderne, eksperimentele wyse nie. Hier verskil ek loodreg van haar. Die Aleksandrinskii is ’n klassieke teater. Daar is dosyne teaters in Sint Petersburg en elk het sy aanslag. Gehoorlede kies die teater en aanslag van hul smaak; dŪs hul reg as gehoorlede, aangesien hulle vir hul kaartjies betaal.

Dit beteken nie dat ek nie ’n moderne interpretasie van Tri sestry wil sien nie. Inteendeel. Dit is egter nie ’n slegte idee om eers ’n houvas op die teks te wil kry voordat mens ’n eksperiment aanpak nie. Ek wil eers die oorspronklike meesterwerk sien voordat ek ’n abstrakte, kubistiese geskilderde doek wil besigtig. Eersgenoemde sal my help om meer uit laasgenoemde te haal.


LitNet: 19 April 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SÍNet, ons interaktiewe meningsruimte.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.